Absa sal weereens tydens die 2018 KKNK kuns na die hart van Oudtshoorn bring, met ʼn veldtog waarin ʼn aantal “funksionele” kunswerke oor die dorp heen geïnstalleer sal word om sodoende die dorp se status as Suid-Afrika se “kunstuiste” te vier. Absa L’Atelier-kunstenaars sal onder leiding van dr Paul Bayliss, Absa se kuns- en museumkurator, saamwerk om die kragtige, funksionele kunswerke lewe te gee – gebaseer op die 2018 L’Atelier-veldtog se tema: ‘Gee kuns lewe’.
Read More