Absa KKNK nooi jong skrywers uit om deel te neem aan teksontwikkeling
17 May 2013
As die skrywersgogga behoorlik gebyt het en jy voel jou pennevrug het die vermoë om gehore te bekoor en te vermaak, is die Absa KKNK en die Dagbreek Trust se teksontwikkelingsprojek vir jou bedoel.
Die doel van die inisiatief is om nuwe dramaturge te ontwikkel en ’n stem te gee, sê Theo Kemp, programbestuurder van die Absa KKNK. “Skrywers wie se dramatekste nog nooit opgevoer, uitgesaai of gepubliseer is nie kan aan die inisiatief deelneem. Om die projek ook so toeganklik moontlik te maak word geen inskryfgeld gevra nie en word daar ook geen beperking op die aantal inskrywings per skrywer geplaas nie,” sê Kemp.
Read More …
KANNA-TOEKENNINGS MET SWIER GEVIER
5 May 2013
Die hele ensemble van die grensverskuiwende teaterproduksie, Balbesit, is gistermiddag by die Mount Nelson Hotel in Kaapstad tydens die Absa KKNK se gesogte Kannas met die Brandhouse Kanna vir Beste Akteur-toekenning bekroon. Dit is die eerste keer dat ’n groep akteurs, en nie ’n individu nie, met hierdie toekenning wegstap. Teaterguru Saartjie Botha se stuk bestaan uit ’n rolverdeling van 24 en handel oor mans se versugting om gehoor te word in die hedendaagse Suid-Afrika. Hierdie drama, waarin musiek en fisieke teater vervleg word, val saam met Botha se Afrikaans Onbeperk vir haar Vernuwende Denke-verering by vanjaar se Kanna-toekennings.
Sandra Prinsloo is verder bekroon as beste aktrise vir haar uitnemende spel in die eenvrou-vertoning, Oskar en die Pienk Tannie, Hennie van Greunen se blitsverkoper-komedie Die Leo’s, waarin sy die verhoog deel met onder meer Tobie Cronje, en Liefde, Anna, wat handel oor die lewe van die veteraan-aktrise, Anna Neethling-Pohl. (Volledige lys wenners onderaan).
Read More …
Boekeprojek in sy 15de jaar
18 April 2013
Skole en biblioteke oor die land heen ondervind deurlopend 'n ernstige tekort aan boeke as gevolg van onvoldoende fondse. Hierdie opvoedkundige instansies sukkel gevolglik om hul gemeenskappe te voorsien van gepaste leesstof wat nodig is om geletterdheid van jonk en oud te verbeter. Die RSG/Absa KKNK Boekeprojek spreek hierdie kwessie aan deur boeke in te samel vir minderbevoorregte gemeenskappe.
Dié projek, nou in sy 15de jaar, het deur die jare al meer as 'n miljoen boeke ingesamel, en in 2012 het die publiek se ruimhartige skenkings 56 404 boeke vir die projek bymekaargemaak.
Read More …
Absa KKNK 2013: KANNA-NOMINASIES
8 April 2013
Met die grootste feesprogram in jare, het die Kannapaneel ’n reusetaak gehad om by die meer as 120 produksies, waarvan 52 gedebuteer het, in een week uit te kom. “Ondanks die uitdagings van skedulering en die noodsaak van energiedrankies by tye, was daar oorgenoeg produksies wat die Kannapaneel vir ure teen mekaar opgeweeg het,” sê Erns Grundling, sameroeper van dié paneel. Die Baanbreek-venue is veral uitgesonder as broeikas van kopverskuiwende teater.
Read More …
Kaktus op die Vlaktes line-up change due to illness
5 April 2013

Changes to the line-up for the Kaktus op die Vlaktes show on Saturday 6 April at Absa KKNK show have been neccesitated due to illness in two of the band camps. As a result Southern Gypsey Queen and Shadowclub will no longer be performing. But the news is not all bad - Hilltop Live has managed to secure Van Coke Kartel and Ryno Velvet who will ensure that all patrons still have a rocking show with Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties, Prime Circle and Goodnight Wembley. Hilltop Live and Absa KKNK wishes everyone a speedy recovery.
Read More …