Kliek Klap Verblyf Markte
 

Kanna Toekennings

Die Absa KKNK erken uitmuntende artistieke prestasie jaarliks met die Kanna Toekennings.
In 2009 is agt toekennings gemaak:

Spesiale Toekenning vir 'n Lewensbydrae tot Klassieke Musiek
Mimi Coertse, Toekenning geborg deur Bravo!
Beste Aanbieding
Blou Uur, Regie deur Marthinus Basson en teks deur Reza de Wet, Produksiehuis: Vleis, rys & aartappels, Toekenning geborg deur ABSA
Herrie Kanna Gewildheidsprys
Die Naaimasjien, Regie deur Hennie van Greunen en teks deur Rachelle Greeff, Produksiehuis: Joho! Produksies, Toekenning geborg deur ABSA
Beste Regie
Marthinus Basson vir Blou Uur, Toekenning geborg deur Vodacom
Beste vroulike kunstenaar
Sandra Prinsloo in Die Naaimasjien, Toekenning geborg deur Sarie
Beste manlike kunstenaar
Chris Chameleon in Driekuns
Beste KKNK Debuutwerk
Kevin Volans vir sy komposisie Piano Trio 2, Toekenning geborg deur Distell Stigting
Slurpie Kanna vir die beste opkomende kunstenaar
Megan-Geoffrey Prins, wat 'n klaviersolo uitgevoer het saam met die US Simfonieorkes, Toekenning geborg deur Sanlam

Borge