Klap
klap! Die pakket vir 'n feesbesoek van 3 dae, is geskik vir leerders met Afrikaans as eerste, tweede of derde taal. Die pakket sal veral opwindend wees vir leerders met 'n belangstelling in taal of die uitvoerende of visuele kunste. Klap! streef dit na om 'n positiewe, opvoedkundige en sosiale ervaring aan alle deelnemende leerders te bied. Die Absa KKNK stel homself ten doel om, deur deelname aan die projek aan te moedig, 'n hoë standaard in kreatiewe denke, sowel as in die uitvoerende en visuele kunsteprogramme van skole, te stimuleer. Graad 10 en 11 leerders wat die program bywoon kan die volgende verwag: toonaangewende produksies, gesprekke met die regisseurs en/of kunstenaars van die produksies; 'n keuse van inspirerende werkswinkels aangebied deur vooraanstaande kunstenaars in die bedryf en gesprekke vir en deur die leerders. Die program sal ook die geleentheid skep vir sosiale interaksie en word saamgestel met die doel om kreatiewe denke te stimuleer.
Die Absa KKNK vind plaas van 1 tot 8 April 2010, en klap! van 6 tot 8 April. Registrasie is op 5 April en skole vertrek weer op 8 April.









