Kliek
Klap
Verblyf
Markte
Kl!ek
Aansoekvorm: Sluit Aan
2010-lidmaatskap |
| Ledegeld beloop R300 vir 2010. Betaal jou ledegeld voor 25 Januarie 2010. |
Spesiale aanbod vir 2010 |
| Skryf 'n vriend in vir Kliek en julle albei betaal slegs R250 ledegeld. Dis 'n besparing van R50 per lid! |
Bankbesonderhede |
| ABSA; KL!EK; Spaarrekening; Takkode: 632005; Rek. no. 9163807605 |
Verblyf |
| Kry 10% afslag op jou verblyf as jy deur die Absa KKNK se amptelike Verblyfkantoor bespreek. Verblyfbesprekings open op 5 Oktober 2009 vir Kliekers. Bel ons Verblyfkantoor by 044 2038600. |
Voorwaardes vir afslag op verblyf |
| Afslag kan slegs op een bespreking verdien word, vir 'n groep wat nie groter is as 6 persone nie. Jy, as die Klieker, moet deel van die groep wat geakkommodeer wees. Groepe mag nie wissel gedurende die bespreking nie. |
Kaartjiebesprekings |
| Kaartjiebesprekings vir Kliekers open op 2 Feb by Computicket en by alle takke van Shoprite/Checkers. Jy kan ook aanlyn by www.computicket.com bespreek. Gebruik jou id nr om te kwalifiseer vir jou spesiale afslag van 5%. Onthou, hierdie afslag kan net benut word van 2 tot 9 Feb, wanneer besprekings vir die algemene publiek open. |
Gratis kaartjies |
| As Klieker is jy geregtig op 2 gratis kaartjies na 'n bonus produksie. Ons maak besonderhede oor die bonus produksies 'n maand voor die fees bekend en jy sal 'n keuse van produksies hê, sodat jy nie nou bekommerd hoef te wees of dit in jou program gaan inpas, al dan nie. |
Feesprogram |
| Jy sal jou feesprogram per e-pos/faks/pos ontvang voordat dit aan die publiek vrygestel word. |
Gratis feesgids |
| 'n Gratis feesgids sal aan jou gepos word. |
Parkering |
| Jy sal toegang hê tot goedkoop parkering in die sentrale feeskern. |
Rig navrae aan:
J.C. Aucamp
Tel: 044 203 8600
Faks: 044 272 7773
E-pos: kliek@kknk.co.za









