AANSOEKE OOP VIR GROOT 20STE ABSA KKNK
5 Junie 2013
Die Absa KKNK nooi vervaardigers en kunstenaars uit om hul idees in te stuur vir die twintigste fees wat van 29 Maart tot 5 April 2014 op Oudtshoorn aangebied word. Die sluitingsdatum om produksie-voorstelle in te dien, is 31 Julie 2013.
Programbestuurder van die Absa KKNK, Theo Kemp, sê volgende jaar se fees gaan ’n terugblik wees op twee dekades van feeshou in die Klein Karoo, asook 20 jaar van demokrasie. “Ons wil graag teatermakers uitnooi om vorendag te kom met uit-die-boks idees vir die Groot 20-vieringe. Waar was ons? Waar is ons nou?” sê Kemp.
Lees Meer …
Absa KKNK nooi jong skrywers uit om deel te neem aan teksontwikkeling
17 Mei 2013
As die skrywersgogga behoorlik gebyt het en jy voel jou pennevrug het die vermoë om gehore te bekoor en te vermaak, is die Absa KKNK en die Dagbreek Trust se teksontwikkelingsprojek vir jou bedoel.
Die doel van die inisiatief is om nuwe dramaturge te ontwikkel en ’n stem te gee, sê Theo Kemp, programbestuurder van die Absa KKNK. “Skrywers wie se dramatekste nog nooit opgevoer, uitgesaai of gepubliseer is nie kan aan die inisiatief deelneem. Om die projek ook so toeganklik moontlik te maak word geen inskryfgeld gevra nie en word daar ook geen beperking op die aantal inskrywings per skrywer geplaas nie,” sê Kemp.
Lees Meer …
KANNA-TOEKENNINGS MET SWIER GEVIER
5 Mei 2013
Die hele ensemble van die grensverskuiwende teaterproduksie, Balbesit, is gistermiddag by die Mount Nelson Hotel in Kaapstad tydens die Absa KKNK se gesogte Kannas met die Brandhouse Kanna vir Beste Akteur-toekenning bekroon. Dit is die eerste keer dat ’n groep akteurs, en nie ’n individu nie, met hierdie toekenning wegstap. Teaterguru Saartjie Botha se stuk bestaan uit ’n rolverdeling van 24 en handel oor mans se versugting om gehoor te word in die hedendaagse Suid-Afrika. Hierdie drama, waarin musiek en fisieke teater vervleg word, val saam met Botha se Afrikaans Onbeperk vir haar Vernuwende Denke-verering by vanjaar se Kanna-toekennings.
Sandra Prinsloo is verder bekroon as beste aktrise vir haar uitnemende spel in die eenvrou-vertoning, Oskar en die Pienk Tannie, Hennie van Greunen se blitsverkoper-komedie Die Leo’s, waarin sy die verhoog deel met onder meer Tobie Cronje, en Liefde, Anna, wat handel oor die lewe van die veteraan-aktrise, Anna Neethling-Pohl. (Volledige lys wenners onderaan).
Lees Meer …
Boekeprojek in sy 15de jaar
18 April 2013
Skole en biblioteke oor die land heen ondervind deurlopend 'n ernstige tekort aan boeke as gevolg van onvoldoende fondse. Hierdie opvoedkundige instansies sukkel gevolglik om hul gemeenskappe te voorsien van gepaste leesstof wat nodig is om geletterdheid van jonk en oud te verbeter. Die RSG/Absa KKNK Boekeprojek spreek hierdie kwessie aan deur boeke in te samel vir minderbevoorregte gemeenskappe.
Dié projek, nou in sy 15de jaar, het deur die jare al meer as 'n miljoen boeke ingesamel, en in 2012 het die publiek se ruimhartige skenkings 56 404 boeke vir die projek bymekaargemaak.
Lees Meer …
Absa KKNK 2013: KANNA-NOMINASIES
8 April 2013
Met die grootste feesprogram in jare, het die Kannapaneel ’n reusetaak gehad om by die meer as 120 produksies, waarvan 52 gedebuteer het, in een week uit te kom. “Ondanks die uitdagings van skedulering en die noodsaak van energiedrankies by tye, was daar oorgenoeg produksies wat die Kannapaneel vir ure teen mekaar opgeweeg het,” sê Erns Grundling, sameroeper van dié paneel. Die Baanbreek-venue is veral uitgesonder as broeikas van kopverskuiwende teater.
Lees Meer …