klap! logo





Programskedule vir 2012

Die Absa KKNK vind plaas van 31 Maart tot 7 April 2012, en klap! van 31 Maart tot 3 April. Registrasie is op 31 Maart en die skole vertrek weer op 3 April.

klap!  klap!

Doel

Die Absa KKNK stel homself ten doel om deur deelname aan die projek aan te moedig, 'n hoë standaard in kreatiewe Afrikaanse denke, sowel as in die uitvoerende en visuele kunsteprogramme van skole, te stimuleer.

klap!

klap!  klap!

Filosofie

klap! streef dit na om 'n positiewe, opvoedkundige en sosiale ervaring aan alle deelnemende leerders te bied. Dit is 'n totale rook-, dwelm- en alkoholvrye geleentheid waar die veiligheid van alle deelnemers voorkeur geniet.

klap!

Program

Leerders wat die program bywoon kan die volgende verwag: toonaangewende produksies, gesprekke met die regisseurs en/of kunstenaars van die produksies; 'n keuse van inspirerende werkswinkels aangebied deur vooraanstaande kunstenaars in die bedryf en gesprekke vir en deur die leerders. Die program sal ook die geleentheid skep vir sosiale interaksie en word saamgestel met die doel om kreatiewe denke te stimuleer.

klap! klap! klap!

Werkswinkels

'n Wye keuse van stimulerende werkswinkels, aangebied deur professionele kundiges in 'n verskeidenheid van kunsrigtings, sal aangebied word.

klap!

Vir meer inligting kontak Juan Janse van Vuuren
E-pos: jjvvuuren@kknk.co.za
Tel: 044 203 8600

klap! mense

Feesborge
Teken In vir ons Nuusbrief
Absa KKNK on Facebook  Twitter
Copyright © 2012  ::  ABSA KKNK  •  Site by:  WebWorX in Oudtshoorn