Welkom by Kl!ek, LOJALITEITSKLUB van die Absa KKNK
Het jy vroeër vanjaar se Absa KKNK topverkoper produksies misgeloop?
Moes jy na die tyd by jou vriende in die voorste ry hoor hoe goed die vertonings werklik was?
Het jy gewoonlik te min tyd om jou fees te beplan voordat kaartjieverkope open?
Bespreek jy altyd te laat vir daai King Size bed en eindig met 'n opblaasmatras op?
Indien jy “JA!” op enige van dié vrae geantwoord het, is Kl!ek die ideale oplossing vir jou.
Hoe sluit ek aan?
Voltooi hierdie vorm en faks dit aan ons by 044 272 7773, of e-pos dit aan kliek@kknk.co.za.
Betaal jou ledegeld per elektroniese oordrag in die Kl!ek bankrekening by:
ABSA; KL!EK; Spaarrekening;
Takkode: 632005;
Rek. nr. 9163807605.
Maak asb. jou naam, van en lidnommer die verwysing op die betaling.
Indien jy 'n nuwe lid is gebruik asb. jou naam, van en nuut as verwysing. Debietorders word ongelukkig nie aanvaar nie.
Wat is Kl!ek?
Kl!ek is 'n lojaliteitsklub vir gereelde besoekers aan die Absa KKNK. In ruil vir 'n jaarlikse fooi geniet Kl!ekers voordele wat hul besoek aan die Absa KKNK geriefliker en meer bekostigbaar maak.
Hoeveel kos dit?
Ledegeld beloop R350 per jaar vir 2013 en 2014.
Watter voordele kan ek verwag?
Vanjaar se Kl!ek-pakket sluit die volgende voordele in:
| Voordele |
Hoe werk dit? |
| Eerste keuse van verblyf |
Kl!ekers kan verblyf deur die Absa KKNK se Verblyfkantoor bespreek, alreeds twee weke voordat besprekings vir die publiek open.
|
| Kry die program eerste |
Kl!ekers ontvang die feesprogram en dagprogram reeds per e-pos of faks voordat die program amptelik bekendgestel word en ook voor besprekings vir die publiek open.
|
| Eerste keuse van kaartjies |
Kl!ekers kan kaartjies bespreek voor bespreking vir die publiek open.
|
| Afslag op kaartjies |
Bespreek jou kaartjies deur Computicket en ontvang 5% afslag. |
| Gratis Feesgids |
Ontvang 'n gratis kopie van die Absa KKNK se spogtydskrif. |
| Parkeer nader |
Kl!ekers ontvang gratis parkering op ’n spesiale Kl!ek-parkeerterrein.
|
| Weet eerste |
Ons sal jou op hoogte hou van die verwikkelinge in die aanloop tot die fees. |
| Bulletins |
Jy sal bulletins van programveranderings per SMS ontvang. |
| Spesiale aanbod |
Indien jy 'n nuwe lid werf wat nog nooit vantevore 'n Kl!eker was nie, betaal jy en die nuwe lid elkeen slegs R300 lidmaatskap.
|
| Gratis kaartjies |
Kies tussen twee gratis kaartjies vir die musiekpakket (twee dagkaartjies vir toegang tot die Rivierbuurt) of die teaterpakket (twee gratis kaartjies uit 'n keuse van bonus-teaterproduksies wat 'n maand voor die fees aangekondig sal word).
|
Maar hoe…?
Vir enige verdere inligting, kontak J.C. Aucamp, Bemarking en Kommunikasie Koördineerder van die Absa KKNK, by 044 203 8600 of kliek@kknk.co.za.