KUIERBUURT

LAAI NOU JOU KUIERBUURT-KAART AF

Die Kuierbuurt is die daaglikse bymekaarkomplek vir kultuurdiere, jonk en oud, en bied feesdae propvol vermaak vir die hele familie.

WAAR IS DIE KUIERBUURT?
Die Kuierbuurt is op die Oudtshoorn-sportgronde (REC) in Voortrekkerweg en op die Vredestraat-sportterrein geleë. Daar is drie ingange: een uit Voortrekkerweg (langs die paviljoen op die REC) en een aan elke kant van Vredestraat.

HOE LAAT MAAK DIE HEKKE OOP EN TOE?
Hekke maak 10:00 oop en sluit vir kaartjieverkope om 22:00. Die Kuierbuurt sluit om 24:00.

WAT KOS KAARTJIES?
Kaartjies kan gekoop word by Computicket of by die hekke.
Kuierbuurt-weekkaartjie: R300
Kuierbuurt- goue weekkaartjie (vir almal bo 70): R225
Kuierbuurt-kinderkaartjie (vir almal tussen 3 en 10): R30 per week
Kuierbuurt-dagkaartjie: R80 (21 tot 26 Maart); R40 (27 Maart)

Wat bied die kuierbuurt?

Huisgenoot-verhoog
Die aandprogram op die Huisgenoot-verhoog word in die formaat van piekniekervarings aangebied. Bring jou eie stoel en kombers en geniet die musiek onder die Klein Karoo-sterreprag. Kuier lekker terwyl van ons land se topkunstenaars en nuwe stemme jou vermaak. Toegang tot die aandkonserte is by jou Kuierbuurt-kaartjie ingesluit. Die aandkonserte sluit die volgende konserte in:21 Maart: Kuier met KykNET-konsert
22 Maart: Die groot Huisgenoot-konsert
23 Maart: Aandklanke
24 Maart: Sing saam
25 Maart: Theuns Jordaan & Touch of Class
26 Maart: Mengelmoes

Castle lager-verhoog
Die musiekprogram hier begin om 12:00 en eindig om 18:00 (vir die groot aandkonserte). Ná afloop van die aandkonserte hervat die program hier en sluit elke feesaand af. Die dagprogram sal daagliks by die kuierbuurt beskikbaar wees.


KOOP JOU WEEKKAARTJIE
12:00 Michael Lindt
12:30 Faraway George
13:15 Brian Nieuwoudt & Hendrik Mostert
14:00 Janine Fourie
14:45 Ôl-Star
15:15 Amy Jones
15:45 Southern Lights Band
16:30 Ivan Roux
17:15 Refentse
22:00 Rhino and the Rasta
12:00 Faraway George
12:30 Lucinda
13:00 Eon le Roux 
13:30 Ivan Roux
14:15 Joe Foster
15:00 Southern Lights Band
15:45 Brendan Peyper
16:30 Amy Jones
17:15 Majozi
22:00 Die Campbells
12:00 Michael Lindt
12:45 Leagan Phillips
13:30 Elandre
14:15 Faraway George
15:00 Ivan Roux
15:45 Brendan Peyper
16:30 Karin Kortje
17:15 Demi-Lee
22:30 TBC

12:00

Brian Nieuwoudt & Hendrik Mostert

12:45

Franja & Ruan

13:30

Bottomless Coffee Band

14:15

Leagan Phillips

15:00

Serenade

15:45

Elandre

16:30

Demi-Lee

17:15

Simple Stories

22:00

The Rockets

12:00

Bottomless Coffee Band

12:45

Eon le Roux 

13:30

Luna Paige

14:15

Serenade

15:00

Lucinda

15:45

Jakkie Louw

16:30

Refentse

17:15

Elandre

22:00

Rhino and the Rasta

12:00

Janine Fourie

12:45

Serenade

13:30

Luna Paige

14:15

Michael Lindt

15:00

House of Entertainment

15:45

Riansha Kotze

16:30

Eon le Roux 

17:00

Jakkie Louw

22:00

Rhino and the Rasta

12:00

Sernade

12:45

Elwira Standili

13:30

Robin Pieters

14:15

Michael Lindt

15:00

Janine Fourie

15:45

Ôl-Star

Absa Rooiplein
Die Absa Rooiplein is terug en gaan vanjaar nog meer vir sy kliënte bied wat in die Kuierbuurt rondwandel, met gratis toegang vir Absa-kaarthouers en ’n skamele R50 vir ander feesgangers wat ook wil kom inloer.

Die vervaardiger, akteur en aanbieder Hannes van Wyk gaan oudergewoonte met bekende kunstenaars gesels. Die Kwêla-gesprekke is daagliks van 11:00-12:00.

’n Nuutjie is skemervermaak tussen 18:15 en 19:15. Dit sluit in komedie en musiek tot ’n heerlike proegeleentheid vir diegene ouer as 18.

Skemervermaak-program
21 Maart: Loyiso Gijana (Idols-finalis)
22 Maart: Schalk Bezuidenhout (komedie)
23 Maart: Simple Stories (musiek)
24 Maart: Proegeleentheid met Absa se top10-keuses van olyfolie en pinotage
25 Maart: Demi Lee (Die kontrak-wenner)
26 Maart: Acoustic Element (instrumentale musiek)

Kuns- en kosstalletjies
Die stalletjies is volop en bied ure se inkopie-genot. Wees op die uitkyk vir die beste kuns- en kosstalletjies wat tydens die fees aangewys word.

Kindervermaak
Aktiwiteite vir die jongspan is volop by speelbos met hope pret vir die hele gesin. Kyk uit vir jou gunstelingproduksies en karakters soos Lollos, Tjiff en Tjaff en vele meer. Maak ook ’n draai by die mallemeule, langs die kunsmark.

Liplekker
Ontspan by liplekker en smul aan die heerlike deli-produkte en wyn wat hier geproe kan word.

Kroeë en rusareas
’n Welkome blaaskans (en ’n bietjie koelte) word hier aangebied.

Jeug- en kindervermaak
Die jonger kultuurdiere kan uitsien na ’n verskeidenheid van aktiwiteite en vermaak.

Uitkampteater
Uitkampteater sal ook kindervriendelike vermaak insluit en die ruimte voor die Absa Burgersentrum sal daagliks vanaf 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 19:00 jonk en oud vermaak. Kaartjies is slegs te koop by Uitkampteater.

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google