Nuwe Drama-teks kompetisie
Die Absa KKNK en die Dagbreek Trust bied vanjaar 'n Drama-teks kompetisie aan. Skrywers wie se werk nog nooit vantevore op feeste en in teaters opgevoer is nie, kan vir dié kompetisie inskryf. Skrywers uit ander genres is ook welkom om in te skryf.
Skrywers moet voor 2 Julie vanjaar 'n voorlegging van twee bladsye aan Theo Kemp, Programbestuurder van die Absa KKNK stuur. Die skrywer van die wenvoorlegging ontvang R50 000 en die geleentheid om saam met 'n gevestigde dramaturg die teks te ontwikkel.
Voorleggings en navrae kan aan Theo Kemp gestuur word by tkemp@kknk.co.za.