Absa KKNK

ALLE VOORSTELLE WELKOM

Die Absa KKNK verwelkom graag alle produksie-voorstelle met die oog op die negentiende fees op Oudtshoorn. In die samestelling van ons 2013-program, soek ons na ’n verskeidenheid van sowel bestaande as nuwe topgehalte werke, wat die wye spektrum van kunssoorte sal dek. Ons wil graag produksies help moontlik maak wat nie net by die fees tot gehore sal spreek nie, maar wat daarna ’n lang raklewe sal hê en wat na ander feeste en teaters kan toer. Sodoende wil die Absa KKNK verder bydra tot die nasionale kunstebedryf.

Laai die riglyne oor die tipe produksies waarna ons soek, asook die stand van die verskeie kunssoorte by die fees, hier af.

Word Word Dokumente PDF PDF Dokumente
Absa KKNK 2013: Programriglyne Absa KKNK 2013: Programriglyne

AANSOEKVORMS

Laai die aansoekvorms vir produksies hier af. Die sluitingsdatum vir alle aansoeke is op 31 Julie 2012.

Word Word Dokumente PDF PDF Dokumente
Absa KKNK 2013: Loketproduksie-aansoekvorm Absa KKNK 2013: Loketproduksie-aansoekvorm
Absa KKNK 2013: Fooiproduksie-aansoekvorm Absa KKNK 2013: Fooiproduksie-aansoekvorm
Absa KKNK 2013: Leefstyl-aansoekvorm Absa KKNK 2013: Leefstyl-aansoekvorm

NAVRAE

As jy graag met ons Programbestuurder, Theo Kemp, oor hierdie riglyne of spesifieke programvoorstelle en -idees wil gesels, is jy welkom om aan hom te skryf by tkemp@kknk.co.za of hom te bel by 083 462 9613. Skakel gerus ook met die Program-assistent, Karlien Winterbach, vir alle administratiewe vrae rondom die aansoekproses, by 044 203 8600 of program@kknk.co.za.

Feesborge
Teken In vir ons Nuusbrief
Absa KKNK on Facebook  Twitter
Copyright © 2013  ::  ABSA KKNK  •  Site by:  WebWorX in Oudtshoorn