MARKTE
Aansoekvorms beskikbaar vroeg in September
Beste Kunsstal: Die Blik Plek
Sandra Netherlands en Ansie Fourie van Ficksburg het geroeste items van blik, draad en plaat verkoop. Vanjaar
was die eerste keer dat hulle die Absa KKNK bygewoon het.
Op die foto is V.L.N.R.:
Karen Rademan (Absa KKNK), Sandra Netherlands (Die Blik Plek) en Vicki Rothman (Huisgenoot)
Beste Kosstalletjie: Zela's Espresso Pizzazz
Zelda Zeelie en haar gesin kom van Klein-Brakrivier en het Filter koffie, Cappuccino's, tee, melkskommels, muffins,
koekies, beskuit, en cupcakes verkoop. Vanjaar was die eerste keer dat hulle die Absa KKNK bygewoon het.
Op die foto is V.L.N.R.:
Vicki Rothman (Huisgenoot), Stephan en Zelda Zeelie (Zela's) en Karen Rademan (Absa KKNK)