Absa KKNK 2011: hanekom en span maak wéér skoonskip
17 Mei 2011
Nicola Hanekom en haar buitelugproduksie, Lot, is - soos verlede jaar die geval was met Betésda - met drie gesogte Absa KKNK Kanna Toekennings bekroon. Die drie pryse vir Lot sluit in die Kanna vir die beste aanbieding, 'n bekroning vir Hanekom se regie van Lot én een as beste vroulike kunstenaar. Laasgenoemde Kanna sluit ook haar spel in Hennie van Greunen se toneelproduksie, WEES, in.
Lot is die tweede in 'n trilogie en Hanekom en haar wenspan beplan reeds die laaste buitelugervaring in dié reeks genaamd Babel vir 2012. Stian Bam, Neels van Jaarsveld, Tinarie van Wyk Loots, Bronwyn van Graan, Jacques Theron, Lerato
Motshwarakgole en Brendon Daniels is die wenspan in die rolverdeling, met musiek deur Braam du Toit.
Vanjaar se klassieke musiekaanbod was van uiters hoë gehalte en daar is gevolglik besluit om 'n spesiale Kanna vir die beste prestasie in dié genre toe te ken.
Die wenners, asook ander genomineerdes, in die onderskeie kategorieë is:
-
Die Slurpie Kanna vir die Beste Opkomende Kunstenaar, geborg deur die Absa KKNK - Shimmy Isaacs in die toneelproduksie “Howzit my bra!”
Ook benoem in die kategorie was:
- Emmanuel Bach in die klassieke musiekproduksie van die UP Simfonie-orkes, Scotch on the Rocks
- Die Namjive-geselskap vir die dansproduksies Mense van mense en Padonbekend
-
Kanna vir die beste Absa KKNK Debuutwerk, geborg deur die Absa KKNK – Die kontemporêre musiekproduksie Malaika / My engel
Ander produksies wat meegeding het om dié prys was:
- Die toneelproduksie Lot
- Die klassieke musiekproduksie Vuurvoël
-
Spesiale Kanna vir 'n lewensbydrae in Vertolking, geborg deur die Absa KKNK
-
Kanna vir Beste Manlike Kunstenaar, geborg deur Toyota - Christo Davids in die toneelproduksie
My naam / name is Ellen Pakkies
Ander manlike kunstenaars benoem in die kategorie sluit in:
- Ben Schoeman in die klassieke musiekproduksie Ben Schoeman speel / plays Franz Liszt
- Stian Bam in die toneelproduksies Lot en Spyt
-
Kanna vir die Beste Vroulike Kunstenaar, geborg deur Sarie - Nicola Hanekom vir die teks en regie van die toneelproduksie Lot, asook haar spel in die toneelproduksie WEES
Die ander vroulike akteurs wat om dié toekenning meegeding het, was:
- Robyn Scott in die toneelproduksie London Road
- Zanta Hofmeyr in die klassieke musiekproduksie Beethoven op. 18 Strykkwartet en
- Mozart Divertimento in E-mol k. 563
-
Afrikaans Onbeperk Verering: Vernuwende denke, geborg deur Media24
-
Spesiale Kanna vir die beste bydrae in klassieke musiek, geborg deur kykNET se program Ouverture
-
Kanna vir die Beste Regie, geborg deur die Absa KKNK - Nicola Hanekom vir die toneelproduksie Lot
Ander regisseurs benoem in die kategorie was:
- David Geysen vir die toneelproduksie Messe in henne
- Lara Bye vir die toneelproduksie London Road
-
Die Herrie Kanna vir kopverskuiwende werk, geborg deur Absa - Diane Victor vir haar solo-kunsuitstalling.
Ook benoem in hierdie kategorie:
- David Kramer vir die kontemporêre musiekproduksie Kramer se Karoo
- Marlene van Niekerk vir haar teks vir die musiekteaterproduksie Die kortstondige raklewe van Anastasia W
-
Kanna vir die Beste Aanbieding, geborg deur Absa - Die toneelproduksie Lot
Die ander benoemings vir hierdie toekenning is
- Die toneelproduksie My naam / name is Ellen Pakkies en
- Die klassieke musiekproduksie Tygerberg Kinderkoor - Wêreldkampioene in konsert
'n Spesiale Kanna is ook aan Ronnie Samaai en Marietha Channell oorhandig vir diens aan die kunste gelewer.
Die Kanna Toekennings het vanjaar op 15 Mei by die Mount Nelson Hotel in Kaapstad plaasgevind, met Nina Swart as gasvrou. Die Kanna-beelde, ook in die volksmond bekend as Klein-Karoo Oscars, is weer vanjaar deur Marieke Prinsloo-Rowe gemaak en sluit op 'n kreatiewe manier aan by die feestema: Die Kunste kom bymekaar.
Die Kannapaneel wat vanjaar al die produksies oorweeg het vir die Kanna Toekennings sluit in: Alwyn Swart
(sameroeper), Adrienne Sichel, Amanda Botha, Chrisna du Preez, Christiaan de Swardt, Denise Bester,
Diane de Beer, Eduard Greyling, Erns Grundlingh, Hein Willemse, John Theodore, Martjie Roos,
Ronnie Samaai, Wim Vorster en Woutrine Theron.
Die Absa KKNK vind tussen Saterdag 31 Maart en Saterdag 7 April 2012 vir die 18de keer in Oudtshoorn plaas.