Absa KKNK
Nuus

ABSA KKNK 2012: KANNA-NOMINASIES

10 April 2012

Die Kannas, of Klein Karoo Oscars, gee erkenning aan produksies van uitstaande gehalte by die Absa KKNK. Werk wat verrassend en vernuwend is en die gehoor op die punte van hul stoele óf op hul voete het. Al die produksies op die amptelike feesprogram kom in aanmerking vir ’n Kanna en vanjaar is daar benoemings in tien kategorieë.

Elke kategorie het drie nominasies. Dit is dus reeds ’n fladderende veer in die onderskeie kunstenaars en produksies se hoed om genomineer te word. Die wenners word op Sondag 6 Mei aangekondig in die Mount Nelson-hotel in Kaapstad.

  1. Kanna vir Beste Teateraanbieding
    • Babbel
    • Rooiland
    • Vagina Dentata - ’n Kabarett
  2. Kanna vir Beste Akteur
    • Brendon Daniels in Babbel en Rooiland
    • Charlton George in Rooiland
    • Tobie Cronje in My vrou se man se vrou
  3. Kanna vir Beste Aktrise
    • Amanda Strydom in Voor ek vergeet
    • Kim Cloete in Dit voel leeg as die hart vol is (maar nou’s dit all right!)
    • Tinarie van Wyk Loots in Babbel
  4. Kanna vir Beste Regie
    • Basill Appolis vir My broetjie, my bra
    • Jaco Bouwer vir Rooiland
    • Nicola Hanekom vir Babbel
  5. Kanna vir Beste Musiekproduksie
    • My broetjie, my bra
    • My land my lied
    • Vagina Dentata - 'n Kabarett
  6. Kanna vir Beste Klassieke Musiekuitvoering
    • 14 Stasies van die Kruis
    • Amore
    • Shanghai Brunch
  7. Kanna vir Beste Visuele Kunsaanbieding
    • Fopspeen: Moving Pictures - Diek Grobler en span
    • Ik ben een Afrikander II - Teresa Lizamore (kurator)
    • Vrees en verlies - Katie Barnard du Toit
  8. Slurpie Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar
    • Christiaan Olwagen vir die regie van Vagina Dentata - 'n Kabarett
    • Marlo Minnaar vir sy spel in … Af
    • Winand Grundling vir sy uitvoering van 14 Stasies van die kruis
  9. Herrie Kanna vir Kopverskuiwende Werk
    • Babbel
    • Sandra Hanekom as kurator van Visuele Kunste
    • Vagina Dentata - 'n Kabarett
  10. Kanna vir Beste Debuutwerk

      Kanna vir Beste Debuutwerk, wat spesifiek kyk na produksies wat by vanjaar se Absa KKNK gedebuteer het. Hier is die kompetisie besonder straf, want 30 produksies oor verskillende genres kom hier in aanmerking. Die drie genomineerdes is:

    • 14 Stasies van die kruis
    • Babbel
    • Vagina Dentata - 'n Kabarett

Die Afrikaans Onbeperk-toekenning vir Lewensbydrae word vanjaar toegeken aan Abraham H. de Vries en die Afrikaans Onbeperk-toekenning vir 'n jong stem aan Ronelda S. Kamfer. Louis van Niekerk ontvang die Spesiale Kanna vir vertolking.

Eervolle vermelding vir Emo Adams:

Op versoek van die Kannapaneel is daar vanjaar ’n eervolle vermelding. Emo Adams word uitgesonder as een van die gevestigde kunstenaars wat in verskeie produksies uitgeblink het.

Die Kannapaneel moes bontstaan om by al die produksies uit te kom, die paneellede moes dikwels tot vyf verskillende produksies per dag inpas. As daar in ag geneem word dat die program 37 Toneelproduksies, 39 Musiekproduksies, twee Dansproduksies, vyf Kinderteaterproduksies, ses Woordkunsproduksies en 20 Visuele Kuns-uitstallings gebied het, raak die som nogal steierend, met ’n groottotaal van 109 verskillende items wat elk ’n moontlike Kanna kan wen. Die paneel moes dus ’n magdom ure in die teater en in kunssale spandeer, met ’n gemiddeld van een uur per produksie, kyk ons na oor die 100 uur - of vier volle dae - se kyk en besin.

Vanjaar se Kannapaneel is Erns Grundling (sameroeper), David April, Charl Bezuidenhout, Willemien Brümmer, Chrisna du Preez, Eduard Greyling, Hylton Nel, Robert Pearce, Laetitia Pople, Pieter Redelinghuys, Martjie Roos, John Theodore, Wim Vorster, Hein Willemse en Celeste Williams.


Feesborge
Teken In vir ons Nuusbrief
Absa KKNK on Facebook  Twitter
Copyright © 2013  ::  ABSA KKNK  •  Site by:  WebWorX in Oudtshoorn