Struktuur
Direksie
'n Direksie bepaal die Absa KKNK se beleid en hou Bestuur verantwoordbaar ten opsigte van korporatiewe bestuur.
Die huidige direkteure is:
Laetitia van Dyk
Voorsitter van die Departement van Ondernemingsbestuur: Universiteit van Stellenbosch
Voorsitter
|
Schalk Burger
Sakeman en boer van Wellington
Visevoorsitter
|
Lluwellyn Coetzee
Waarnemende Direkteur: Korporatiewe Dienste, Groter Oudtshoorn Munisipaliteit
Ex officio verteenwoordiger van plaaslike owerheid
|
Lorika Elliott
Stafhoof in die Kantoor van die Premier
Ex officio-verteenwoordiger van die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap
|
Louis Heyneman
HUB van die Kaapse Filharmoniese Orkes van Kaapstad
|
André le Roux
Hoofbestuurder van die SAMRO Skenkingsfonds vir Nasionale Kunste en Voormalige Voorsitter van Moshito, Johannesburg
|
John October
Uitvoerende Hoof: Menslike Hulpbronne & Kwaliteit by Telesure Holdings in Johannesburg
|
Wicus Pretorius
Redakteur van Huisgenoot Tempo
Ex officio-verteenwoordiger vir Media24, stigterborg van die KKNK
|
Christo van der Rheede
Uitvoerende Hoof, Afrikaanse Handelsinstituut, Pretoria
|
Bestuur
Die maatskappy word bestuur deur Brett Pyper as Uitvoerende Hoof, Rhodé Snyman as Bedryfsbestuurder, Brenden Ruiter as Bestuurder: Bemarking en Kommunikasie, Linda Wilson as Bestuurder: Kunste-ontwikkeling en Theo Kemp as Programbestuurder. Die span het wye ervaring in die kunstebedryf en Suid-Afrikaanse kunstefeeste.
Personeel
Die KKNK het 'n permanente personeelkorps van tien persone. Die statistiek van tydelike personeel, (personeel wat direk deur die KKNK in diens geneem word) lyk soos volg:
| |
2010 |
2009 |
2008 |
2007 |
| Tydelike plasings gedoen |
409 |
332 |
363 |
305 |
| Mans |
52% |
51% |
57% |
49% |
| Vroue |
48% |
49% |
43% |
51% |
| Wit |
26% |
28% |
27% |
12% |
| Bruin |
67% |
63% |
60% |
78% |
| Swart en ander |
7% |
8% |
13% |
10% |
Finansies
Die Absa KKNK het 'n oorskot van nagenoeg R1,6 miljoen in sy finansiële jaar van 2009/2010 aangeteken. Die omset was net meer as R21 miljoen.
Borgskappe is die maatskappy se vernaamste inkomstebron (48.8%), gevolg deur kaartjieverkope (21.1%) en bedryfsprojekte (22.3%), waaronder die bedryf van tydelike restaurante, stalletjies en die verhuring van verblyf.
Impak
Die ekonomiese impak van die Absa KKNK in 2010 is op R109,7 miljoen beraam. Dit is 'n fees met projekte wat verskeie gemeenskappe en belangegroepe tot groot voordeel strek.