Absa KKNK

Dagbreek Trust-teksontwikkelingsprojek

Wie mag deelneem?

Die Absa KKNK en die Dagbreek Trust wil met hierdie inisiatief nuwe Afrikaanse dramaturge ontwikkel en help stem gee. Alle skrywers (hetsy gepubliseer of opkomend) word uitgenooi om deel te neem, solank 'n drama van die skrywer nog nooit voorheen gepubliseer, uitgesaai of op die planke gebring is nie.

Die wenner ontvang R50 000, onderhewig aan die ontwikkeling van die teksvoorstel. Die skrywer word hiermee 'n besonderse geleentheid gebied om sy/haar wenvoorstel saam met 'n gesoute dramaturg en regisseur vir die Absa KKNK te ontwikkel.

Laai meer inligting en die voorwaardes van die proses hier af, of kontak Theo Kemp, Programbestuurder, by 083 462 9613 of tkemp@kknk.co.za.

Feesborge
Teken In vir ons Nuusbrief
Absa KKNK on Facebook  Twitter
Copyright © 2013  ::  ABSA KKNK  •  Site by:  WebWorX in Oudtshoorn