Absa KKNK

ABSA KKNK 2014: FEES VIER 20 JAAR

Die Absa KKNK vier vanaf 29 Maart tot 5 April 2014 sy twintigste bestaansjaar. Ons kyk terug na soveel hoogtepunte oor die afgelope twee dekades van feeshou in die Klein Karoo; 20 jaar in die nuwe Suid-Afrika. Waar was ons? Waar is ons nou? Ons wil graag vervaardigers en kunstenaars uitnooi om vorendag te kom met besonderse en uit-die-boks idees vir die Groot 20-vieringe.

Lees eerste die Programriglyne hier:

Laai die aansoekvorms hier af:


Dagbreek Trust-teksontwikkelingsprojek

Wie mag deelneem?

Die Absa KKNK en die Dagbreek Trust wil met hierdie inisiatief nuwe Afrikaanse dramaturge ontwikkel en help stem gee. Alle skrywers (hetsy gepubliseer of opkomend) word uitgenooi om deel te neem, solank 'n drama van die skrywer nog nooit voorheen gepubliseer, uitgesaai of op die planke gebring is nie.

Die wenner ontvang R50 000, onderhewig aan die ontwikkeling van die teksvoorstel. Die skrywer word hiermee 'n besonderse geleentheid gebied om sy/haar wenvoorstel saam met 'n gesoute dramaturg en regisseur vir die Absa KKNK te ontwikkel.

Laai meer inligting en die voorwaardes van die proses hier af, of kontak Theo Kemp, Programbestuurder, by 083 462 9613 of tkemp@kknk.co.za.

Feesborge
Teken In vir ons Nuusbrief
Absa KKNK on Facebook  Twitter
Copyright © 2013  ::  ABSA KKNK  •  Site by:  WebWorX in Oudtshoorn