Absa KKNK

Kunskwartier-uitstallings by die Absa KKNK 2013

’n Kunsroete soos die Absa KKNK se Kunskwartier kry jy nie sommer om elke draai nie. Dis ’n kaleidoskoop van uiteenlopende visuele kunsuitstallings wat in Oudtshoorn, De Rust en Calitzdorp aangebied word en feesgangers kan direk by die kunstenaars en galerye werke aankoop. Kyk uit vir ’n spesiale Kunskwartier-kaart by die fees. Vir meer inligting, kontak Erica Kennedy by 044 203 8600 of ekennedy@kknk.co.za.

ART KAROO GALERY

ART KAROO GALERY

Hart en Siel

’n Keur van die kunstenaars uit die Karoo se skatkis. ’n Uitbeelding van hulle gedagteprosesse, hartsonderwerpe en sielsworstelinge. So uiteenlopend soos elkeen van hierdie skilders is, so groot is die verskil in die tentoonstellings.

Art Karoo Galery
Baron van Reede Straat 107
Daagliks 09:00 - 21:00

BOTTEGA KUNSGALERY

Ons twee gaskunstenaars is keramiekkunstenaar Hennie Meyer en die skilder, Esté Mostert. Die galery bied ook ’n keurversameling aan van ou meesterwerke en kontemporêre kuns.

Queen’s Hotel Gebou
Daagliks 09:00 - 19:00

BOTTEGA KUNSGALERY
CHRIS D’ WET

CHRIS D’ WET

Chris d’ Wet is a self-tought artist who had an interest in art since he can remember. His paintings are inspired by God’s creations and the beauty he observes all around him.

137 (A) St John Street
Daily 09:00 - 20:00

CHARMAINE HAINES - CONTEMPORARY CERAMIC

Working within the realm of figurative clay, Haines uses both abstract and stylized symbols and motives to embellish her sculptures and utility forms. Fish and birds have always been part of my iconography and have become autobiographical design elements that repeat themselves throughout the work.

Rosenhoff Kunsgallery
09:00 - 18:00

CHARMAINE HAINES - CONTEMPORARY CERAMIC
CROUSE KUNSGALERY

CROUSE KUNSGALERY

Kom besigtig werke deur bekende Suid-Afrikaanse Kunstenaars soos Esté Mostert, Adriaan Boshoff, Anton Benzon, Diane Erasmus, Christiaan Nice, Makiwa en Hennie Nieman. Herverkope en Ou Meesters.

Queen’s Hotel
09:00 - 21:00

ESRA BOSCH - KERAMIEK

Esra Bosch van die bekende Bosch-Keramiek ateljee naby Witrivier in Mpumalanga, stal vir die heel eerste keer by die Absa KKNK uit. Feesgangers word genooi om Esra persoonlik te kom ontmoet en haar gesogte keramiekreeks te besigtig.

Mileham Hall - Presbeteriaanse Kerk
09:00 - 17:00

ESRA BOSCH - KERAMIEK
FRANCOIS EN JEAN PIERRE TIRAN

FRANÇOIS EN JEAN PIERRE TIRAN

Te ArtKaroo @ Cyberwisp, permanente satelliet venue van Oudtshoorn se ArtKaroo galery, geleë in ’n historiese winkel gebou.

ArtKaroo @ Cyberwisp Kerkstraat 66
08:00 - 17:00

GRACE KOTZE

Egte Klein Karoo fynere kunste, uitgestal in die rustige atmosfeer van Oudtshoorn se sandsteen galery.

Art Karoo Galery Baron van Reedestraat 107
09:00 - 21:00

GRACE KOTZE
GRONDHERVORMING

GRONDHERVORMING

Niel Jonker

Modder bly die mens se eerste kunsmedium as kind en met hierdie kunsuitstalling van beeldhouwerk speel die multi-dimensionele kunstenaar daarmee om te wonder oor die aard van die mens se verhouding met die landskap.

Baron van Reedestraat 85
08:00 - 17:00

KAROO ENCHANTMENT

Susqya Williams

In the cradle of the Karoo mountains lies an environment of rich colour - of plants, landscapes and other fascinating curiosities. This enchantment with the Klein Karoo is explored through the medium of oil paint and mixed medium.

12 A Bruwer Street
09:00 - 18:00

KAROO ENCHANTMENT
KAROO LIGHT

KAROO LIGHT

Diane Johnson Ackerman

The paintings depict the mood of the Karoo that darkness and light evoke. The mystery of the shadows within Karoo houses contrasting with the light outside.

Boshoff en Vermaak Hardeware
127 St John Street
09:00 - 18:00

KAROO STILLE NAG

Annemarie J.v. Rensburg

Sy skilder al die afgelope vyf jaar en gebruik Karoohuise en Kerke as inspirasie. Elke skildery vertel ’n storie. Laslappielandskappe wat baie kleurvol is.

Kerkstraat 117
09:00 - 19:00

KAROO STILLE NAG
KIRSTEN KUNSGALERY

KIRSTEN KUNSGALERY

Die galery bied ’n uitgebreide versameling van top-gehalte skilderye deur bekende, sowel as opkomende kunstenaars en spesialiseer in die verhandel van ou Suid-Afrikaanse meesterwerke, asook geselekteerde kunstenaars met beleggingswaarde.

Deo Volente-gebou
8:30 - 20:00

KOTZÉ KUNSGALERY

Die galery is sedert 1967 ’n dinamiese en gerespekteerde naam in die kunswêreld. Die galery bemark ongeveer 40 beroepskunstenaars se werk met sukses landwyd en spesialiseer ook in die verhandeling van Ou Meesters.

Queen’s Hotel
09:00 - 21:00

KOTZÉ KUNSGALERY
LETTIE SE LAPPIESKOMBERSE

LETTIE SE LAPPIESKOMBERSE

Die breinkind van Dana Snyman word realiteit deur “Lettie”, sy regterhand en “ma van kleintyd”. Die projek het aan Lettie en haar gesin ’n bron van inkomste geskep en Suid-Afrikaners se harte reg oor die land aangeraak.

Queen’s Hotel-konferensie lokaal
09:00 - 20:00

LIANI ART

Liani Swanepoel

Deep emotional and bright paintings that tell a story and touch each viewer in a different way. “I want to remind people of the little things in life so easily forgotten.” Other artists joining Liani are Irma Welman and Jaco le Grange.

137 (B) St John Street
09:00 - 18:00

LIANI ART
LÖTTER DE JAGER

LÖTTER DE JAGER

Kunswerke deur Lötter de Jager. Spesiale uitstalling vir die Absa KKNK 2013.

Deo Volente-gebou
09:00 - 21:00

MARGUERITE BENEKE - BRANDSKILDERGLAS

Sy maak gebruik van oondgevuurde glas as haar medium. Haar unieke glasborde en muurpanele word geïnspireer deur die Karoo se natuur, mense en argitektuur.

Seaman Sentrum - Presbeteriaanse Kerk
09:00 - 17:00

MARGUERITE BENEKE - BRANDSKILDERGLAS
MARIA ART

MARIA ART

Maria Oosthuizen

“I am inspired by God for He is the creator of all beautiful things. He called me for His purpose and in obedience and love of art, I paint with all I am to worship Him.” - Maria Magdalena Oosthuizen

Queen’s Hotel-stoep
Baron van Reedestraat
09:00 - 18:00

MARINDA COMBRINCK STUDIO & GALLERY

A fine art Miscellanium. Meet fine Artist Marinda Combrinck at her studio and Gallery at the “Oude Huis” in Calitzdorp. Toffee Apple - Glamour Girls and Landscapes.

33 Andries Pretorius Street
Calitzdorp
Ma. - Sat. 8:00 - 17:30
Sun. 8:00 - 15:00

MARINDA COMBRINCK STUDIO & GALLERY
MORNÉ KRETSCHMANN KUNSGALERY

MORNÉ KRETSCHMANN KUNSGALERY

Morné Kretschmann handel reeds vir 23 jaar in top SA kuns en Ou Meesters.

Turnberry Boutique Hotel
St Johnstraat
10:00 - 20:00

MY STRYD TEEN DIE TROL - KERAMIEK BEELDHOUWERKE EN POTTE

Lidi van Schalkwyk

My stryd teen die Trol … Begin … Verbete gestry … Maar nog nie volbring.

Queen’s Hotel-konferensielokaal
09:00 - 20:00

MY STRYD TEEN DIE TROL - KERAMIEK BEELDHOUWERKE EN POTTE
MAG DIT REËN OP JOU SINKDAKHUIS

MAG DIT REËN OP JOU SINKDAKHUIS

Annemarie Janse van Rensburg, Dana Snyman met Lettie

Ek sien myself as ’n Karookind met verf in my are. Ek verf al die afgelope 20 jaar huise en het 5 jaar gelede besluit om skilder as ’n beroep te beoefen. Ek gebruik Karoo huise, kerke en windpompe as inspirasie.

Queen’s Hotel-konferensielokaal
09:00 - 20:00

NADIA KLEYN ORIGINALS

Come and join us at Nadia Kleyn Investment and contemporary art. To name a few; Henny Niemann, David Botha, Conrad Thys and the up and coming artist Nadia Kleyn.

Bernard se Taphuis
08:00 - 21:00

NADIA KLEYN ORIGINALS
ONTBLOOT / UNCOVER

ONTBLOOT / UNCOVER

Adrie van Eeden

Kunstenaars ontbloot nie net hulle denke en psige in kunswerke nie, maar lê ook dikwels tendense of onderliggende vrese in die samelewing bloot. In hierdie uitstalling van beelde en foto’s, fokus Adrie van Eeden op die verhouding tussen mense en die natuur, spesifiek die see, en hoop om mense bewus te maak van die fyn balans en verantwoordelikheid wat ons het.

St Johnstraat 137 (B)
10:00 - 14:00 en
16:00 - 18:00

NA-TANYA KUNS/ART

Na-Tanya Kuns het homself oor die afgelope 35 jaar gevestig as een van die voorlopers in die kunswêreld. Kom besigtig kunswerke van o.a. Adriaan Boshoff, Christiaan Nice, Elbe van Rooyen, Kobus Louw, Jacques du Plessis en nog vele meer. Kom bederf jouself met ’n goeie belegging.

Baron van Reedestraat 15
08:00 - 21:00

NA-TANYA KUNS/ART
SPEKTRUM

SPEKTRUM

Nuwe skilderye deur ’n groep internasionaal-erkende kunstenaars wie se gemeenskaplike opleiding op Grahamstad ’n gemene platform skep vir hul huidige verskeidenheid van style en tegnieke. Die uitgestalde werk wissel van die totaal abstrakte, via die simboliese, tot die hoogs realistiese.

Carl Becker
Anton Chapman
Estelle Marais
Sharle Matthews
Diane McLean
Hermann Niebuhr

Portal Gallery
Schoemanstraat 41
De Rust
09:00 - 18:00

PETER’S ART GALLERY

We are featuring paintings done by top South African artists. Gallery offers an exellentaristic framing. Relaibale arrangements can be made for freight purchases to local and foreign destinations.

Montague House
Baron van Reedestraat 12
08:00 - 20:00

PETER’S ART GALLERY
SALZMANN ART

SALZMANN ART

Ons is handelaars in SA Ou Meesters. Ons verteenwoordig ook Johann Koch, André Salzmann en Lute Vink. Ons voorraad sluit in Pierneef, Maggie Laubser, Walter Battis, Stern, Erich Mayer, W.H.Coetzer en Dawid Botha.

Queen’s Hotel-anneks
08:00 - 20:00

WENDY MALAN - SKILDERYE

Wendy Malan en Esra Bosch.Skilderye en Keramiek

Wendy Malan stal gereeld by die Absa KKNK uit (sy was feeskunstenaar in 2000). Hierdie is ’n uitstalling van Wendy se nuwe skilderye.

Mileham Hall - Presbeteriaanse Kerk
09:00 - 17:00

WENDY MALAN - SKILDERYE
THE SHOWROOM ART GALLERY

THE SHOWROOM ART GALLERY

We bring good fine art to the Absa KKNK. If you are looking for the best quality art, or an investment, you need to look no further … Showroom will be able to help.

Deo Volente-gebou, St Johnstraat ingang
09:00 - 19:00

Feesborge
Subscribe to our Newsletter
Absa KKNK on Facebook  Twitter
Copyright © 2013  ::  ABSA KKNK  •  Site by:  WebWorX in Oudtshoorn