Absa KKNK 2012: Bespreek nou jou verblyf
Verblyfbesprekings vir die 18de Absa KKNK (31 Maart – 7 April 2012) kan nou op een van vier maniere gedoen word.
Dit is (in volgorde van gerieflikheid vir ons en jou):
-
Aanlyn
Volg hierdie vyf maklike stappe:
| Stap 1 |
- |
Klik op dié skakel |
| Stap 2 |
- |
Vul al jou besonderhede in op die registreer-blad |
| Stap 3 |
- |
Teken in |
| Stap 4 |
- |
Kies jou verblyf |
| Stap 5 |
- |
Die verblyfkantoor sal jou kontak met meer besonderhede en om jou bespreking te bevestig (hou in gedagte dat die kantoor van die Absa KKNK gesluit sal wees tussen 16 Desember 2011 en 3 Januarie 2012).
|
-
Skakel ons
Bel 044 203 8600. Jy sal na die eerste beskikbare verblyfbeampte deurgeskakel word.
-
Stuur ’n e-pos
E-pos die verblyfkantoor by mcoetzee@kknk.co.za.
Verskaf die volgende inligting in jou e-pos:
- Aantal persone
- Die tipe verblyf
- Die tydperk (datum in en uit)
Een van die verblyfbeamptes sal jou kontak om jou bespreking te finaliseer.
-
Besoek ons
Jy kan jou verblyfbespreking in die kantoor kom doen.
Die adres is Derde vloer, Seppie Greeff Gebou, Voortrekkerweg, Oudtshoorn.
Verskillende verblyfopsies is beskikbaar vir elke behoefte. Alle verblyf is deur die verblyfbeamptes besoek, gekeur en voldoen aan die Absa KKNK se verblyfstandaarde. Beskrywings van die tipe verblyf is tydens die verblyfbespreking beskikbaar.
Hier is 'n kort oorsig van die tipes verblyf wat by die Verblyfkantoor gelys kan word:
Kampering: Meestal verskaf op rugbyvelde van skole. Deelbadkamers. Die grootte van die staanplek en beskikbaarheid van kragpunte word aangedui.
Koshuise: Kamers sonder beddegoed. Deelbadkamers beskikbaar.
Privaat kamers: 'n Kamer binne 'n huis. Badkamers word gedeel, en suite badkamers beskikbaar waar aangedui.
Volle huis: 'n Volle huis te huur, waar eienaar nie teenwoordig is nie, of op 'n woonstel op die perseel bly.
Woonstelle: Selfsorgeenhede, waar eienaar nie teenwoordig is nie.
Buitekamers: 'n Kamer met eie badkamer en privaat ingang, nie selfsorg nie, d.w.s. geen kombuisgeriewe beskikbaar.
Gastehuise: Daar is ook verblyf in verskeie gastehuise beskikbaar.
Faktuur en betaling
Jy sal ’n faktuur ontvang en dié rekening moet binne vyf dae vereffen word. Indien dit nie gedoen word nie, sal die verblyf terug in die sisteem geplaas word. Betalings kan met ’n kredietkaart, elektronies óf kontant gedoen word. Om ’n kredietkaartbetaling te maak, moet jy ’n magtigingsvorm van die Absa KKNK ontvang, dit voltooi en weer aan ons terugstuur. Die geld sal dan van jou rekening verhaal word.
Vir enige verdere inligting, kontak die verblyfkantoor by 044 203 8600 of e-pos
verblyf@kknk.co.za.