Indien jy ’n lojale ondersteuner van die kunste in Suid-Afrika is en deur die jaar verrykende ervarings met eksklusiewe voordele wil geniet, is die Vriende van die KKNK nét vir jou.
Hierdie passieprojek van die KKNK maak dit nie net vir lede moontlik om die kunste te ondersteun nie, maar bied ook verskeie voordele by projekte wat ons jaarliks aanbied, waaronder die KKNK en Klein Karoo Klassique.
Lidmaatskap is in die vorm van ’n jaarlikse donasie en help ons om te verseker dat ons aan die kunste die nodige platform bied, dit ontwikkel en in die toekoms bedryf.
Voltooi hierdie aanlyn vorm om aan te sluit. Jy kan enige tyd van die jaar aansluit en lidmaatskap is geldig vir die 2025-kalenderjaar.
Lidmaatskap is in die vorm van ’n donasie van ’n minimum van R400 en is geldig vir ’n tydperk van 12 maande (Januarie tot Desember 2025).
Betaal jou ledegeld en donasie elektronies aan Kunste Onbeperk.
Gebruik jou naam en van as verwysing.
Stuur asseblief ’n bewys van betaling aan Nicolette van der Merwe en kontak haar vir enige verdere inligting by 044 203 8600, via WhatsApp by 065 285 2337 of per e-pos by info@kunste.org.za.
Kunste Onbeperk bankrekening:
Rekeningnaam: Kunste Onbeperk Kliek
Bank: Absa
Rekeningnommer: 916 380 7605
Takkode: 632005