fbpx
KKNK 2020

Absa #FEESROJAAL by KKNK2020

Die Absa Rooiplein skuif van die feesgronde na die Absa Burgersentrum. Dit sluit twee hoofareas in, die Absa Kuiertuin en die Absa Kuierkamer. Die venue sal verskeie opwindende ervarings vir feesgangers bied.
Die idee vir die algehele ruimte is om ’n sensoriese ervaring vir feesgangers te skep, om hulle op ’n nuwe manier aan kuns bloot te stel – nie net visueel nie, maar ook deur smaaksensasies. Die visuele aanbod is verteenwoordigend van die Absa-handelsmerk en die viering van kuns kan op verskillende maniere ervaar word. Dit is die vertrekpunt vir die oorkoepelende Art Meets Experience-ervaring wat die Absa Rooiplein aan gaste bied.

Absa Kuierkamer

In die Absa Kuierkamer is gemaklike sitplekke, selfoonlaaistasies, gratis WiFi, verversings en die Absa-winkel met verskeie items wat te koop is. 

’n Unieke versameling kunswerke word ook in die Absa Kuierkamer uitgestal dit sluit verskeie werke uit Absa se korporatiewe versameling (wat dateer van die vroeë 1900’s) sowel as interaktiewe digitale kunswerke in.  
24 tot 28 Maart | 10:00 tot 16:00 | Gratis

Die Absa Kuierkamer sluit verskeie gespreksreekse in:

Kunsgesprekke
Die gespreksreeks sal ‘n insiggewende blik op die wêreld van visuele kunste plaas. Kom luister en leer meer oor kunswaardering, die aankoop van kuns en ontsluit die wonderwêreld van kuns in al die visuele mediums.
24 tot 28 Maart | 10:00 | 60min. | Gratis

Absa-besigheidsgesprekke
Spesiale besigheidsgesprekke met kundiges.
26 en 27 Maart 15:00 | 60min. | Gratis


Absa-Koffietafelgesprekke met
Hannes van Wyk 
24 tot 28 Maart | 13:30
60min. | Gratis

LEES MEER

David Piedt-gespreksreeks 
24, 25 en 28 Maart 15:00
26 Maart 12:00
60min. | Gratis

LEES MEER

Art Meets Wine-ervaring

Die nuwe opwindende Art Meets Wine-ervaring is geleenthede waar verskillende wyne uit onder meer Absa se Toptien-Pinotage-kompetisie, vars plaaslike produkte en vermaak deur die bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar en aanbieder Katlego Maboe, ’n ongelooflike kombinasie vorm. Toegang is gratis, maar sitplekke is beperk. Gaste moet daagliks voor 16:00 by die Absa Kuierkamer registreer om seker te maak hulle kry ’n sitplek. 
24, 25, 26 en 28 Maart 17:00 | 120min. | Geen onder 18’s | Gratis


Absa Kuiertuin

Die Absa Kuiertuin is die area voor die Absa Burgersentrum waar feesgangers kan ontspan en verversings wat plaaslik vervaardig is, kan nuttig. Dit gaan alles met die Absa-handelsmerk gepaard. Hier is ook gratis WiFi. 
Die Absa Kuiertuin is daagliks van 10:00 tot 20:00 oop.
Toegang is gratis vir alle besoekers. Geen onder 18’s.


Absa se spesiale projek as deel van die Klein Karoo Kunste-Akademie

Kunswerkswinkels sal in oorleg met vyf geïdentifiseerde skole aangebied word. Die werkswinkels sluit gesprekke in oor onderwerpe wat jong volwassenes van die gemeenskap daagliks raak. Hulle sal die geleentheid kry om hul gedagtes en emosies deur middel van kuns uit te druk.

Oudtshoorn ReWOLusie

Absa het saam met die KKNK betrokke geraak by die Oudtshoorn ReWOLusie-projek, waarin vroue van die gemeenskap vaardighede leer en deur hekel- en breiwerk bemagtig word. Absa ondersteun die projek deur wol te skenk en die Toekomsrus-gemeenskapsaal te meubileer. Absa het hom ook daartoe verbind om ’n koffietafelboek uit te gee waarin die vroue se inspirerende stories verskyn, asook voorbeelde van hul werk en patrone. ’n Beperkte oplaag word gedruk en dit sal tydens die fees in die Absa-winkel in die Absa Kuierkamer bekend gestel word en daar te koop wees. Die inkomste uit die boeke sal gebruik word om wol aan te koop.

LEES MEER

Absa se Africanacity ook diep gewortel in Oudtshoorn

Absa is al vir 15 jaar ’n trotse borg van die KKNK.

As ’n maatskappy maak ons moontlikhede ’n werklikheid, en deur Africanacity gee ons ’n stem aan kuns en kultuur in alle gemeenskappe op die vasteland waar ons aktief is. Deur ons ondersteuning van die kunste, en veral deur ons volgehoue vennootskap met die KKNK, verseker Absa die ontwikkeling van vaardighede en omgewingsvolhoubaarheid in die groter ekonomie. 

Vanjaar sal Absa se gasvryheidsarea – die Absa Rooiplein (by die Absa Burgersentrum) – verskeie unieke ervarings aan feesgangers bied. Dit sluit ’n uitstalling van werke uit ons uitgebreide kunsversameling in wat selde te sien is. Verskeie gesprekke en vertonings sal deur die dag aangebied word met die fokus op hedendaagse onderwerpe wat ’n impak op die samelewing het. Kuns-en-wynliefhebbers sal kan deelneem aan die interaktiewe Art Meets Wine-ervaring, wat wyn uit Absa se Toptien-Pinotage-kompetisie insluit, die beste plaaslike vars produkte, en van die land se mees progressiewe en futuristiese kuns. In die Absa Kuiertuin kan feesgangers heerlike boetiek-jenewer kom proe. 

In die Prins Vintcent is kunswerke van drie van Oudtshoorn se jong talentvolle kunstenaars te sien, wat deel was van die Absa-galery se mentorskapprogram. 

Ons ondersteuning van die KKNK gaan oor meer as net kuns en kultuur. Ons glo daarin om terug te ploeg in die gemeenskap, asook die duisende feesgangers wat die fees ondersteun.

Met Absa se Maakit Mooi-inisiatief sal ons vanjaar vier nuwe funksionele kunswerke by die bestaande tien voeg, in samewerking met die Cango Wildlife Ranch en die KKNK se herwinningsveldtog. Produkte wat plaaslik vervaardig word en eko-bakstene word gebruik.

Met die ReWOLusie-projek, ’n Oudtshoorn-inisiatief, is die doel om plaaslike vroue deur middel van hekel- en breiwerkklasse te help om hul eie inkomste te genereer. Absa ondersteun hierdie projek deur wol en meubels te skenk vir ’n breihoekie by die Toekomsrus-gemeenskapsaal. Van dié vroue se inspirerende stories is opgeneem in ’n koffietafelboek, wat ook breipatrone bevat. Van die werk word by die Absa Rooiplein uitgestal.

Ons sal ook voortgaan met ons ondersteuning van die Toekomsrus-gemeenskapskunsprojek, wat fokus op al die elemente van kuns en kultuur, asook vaardigheidsontwikkeling en finansiële onderrig. Dit is veral gemik op die jeug van Oudtshoorn. Dit is ’n broeikas vir idees, terwyl dit ook ’n veilige hawe is om ander te help om te genees.

Ons sien uit daarna om feesgangers by KKNK2020 te huisves en om geleenthede te skep deur die kunste.

DAVID WINGFIELD
Hoof van bemarking: Absa Groep

KKNK2020

Absa visuele kuns-uitstallings

1900 to 1949

KURATORS Dr. Paul Bayliss en Tlotlo Lobelo GALERY Absa Gallery

1900 to 1949 is ’n versameling werke uit Absa se korporatiewe versameling wat ’n ongewone visuele narratief van ’n vroeëre Suid-Afrika bied, waarin kunstenaars probeer het om ’n betrokkenheid by en die soeke na die wese en identiteit van Afrika te verbeeld. Dié vroeëre werke getuig van die verbondenheid aan en die invloed van Europa, vergeleke met latere kunswerke wat die eerste tekens toon van ’n proses van losmaking en ’n sielkundige wegbreek van Europese wortels. 1900 to 1949 sluit ’n versameling van werke in van W.H. Coetzer, Francis Eriksson, Allerley Glossop, Adolph Jentsch, Wolf Kibel, Maggie Laubser, Erich Mayer, Pieter Naudé, Frans Oerder, Alfred T. Palmer, J.H. Pierneef, George Robinson, Clément Sénèque, Frank Spears, Irma Stern, Anton van Wouw, Jan Volschenk, Pieter Wenning en Florence Zerffi.

Absa Burgersentrum

20th Century Pioneers

KURATORS Dr. Paul Bayliss en Tlotlo Lobelo GALERY Absa Galery

20th Century Pioneers is ’n uitstalling wat saamgestel is uit werke van Absa se korporatiewe versameling, met die fokus op sommige van Suid-Afrika se voorste kunstenaars uit die townships en uit landelike gebiede. Deur hul werk bied die onderskeie kunstenaars vir die kyker ’n blik op hul alledaagse ervaringe.

Absa-tak, Hoogstraat

Absa Maakit Mooi

KURATORS Dr. Paul Bayliss, Madeleine Miles en Tlotlo Lobelo
GALERY Absa Galery

Die derde aanbieding van dié openbarekuns-installasieprojek van Absa, in samewerking met plaaslike kunstenaars en die munisipaliteit van Oudtshoorn, getuig van die sukses daarvan. Dit bied nie net vir feesgangers die geleentheid om kuns in die verskeie omgewings te ervaar nie, maar dien ook as ’n nalatenskap vir die gemeenskap. Dit is deel van Absa se inisiatief om geleenthede vir kunstenaars van Afrika te skep en hul verbintenis daartoe om gemeenskappe te betrek. Materiaal uit die omgewing word gebruik en die vaardigheid en kundigheid van plaaslike mense word ingespan om deel van die skeppingsproses te wees. Vir 2020 se uitstalling, in aansluiting by die oorhoofse kunstema, sal die werke hoofsaaklik gemaak word van herwinde materiaal en dit wat deel is van die plaaslike ekostelsel.

Ingange van Oudtshoorn

ABSA-TAK


Die Absa-tak in Hoogstraat is gedurende die fees in kantoorure oop, van 08:30 tot 15:30 op weeksdae en van 08:00 tot 11:00 op Saterdag.

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google