Vir kunstenaars is die impak van die Covid-19-pandemie in talle gevalle verwoestend. Voel jy dit aan jou eie bas? 

Skakel dan in vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se People Need People-program, ’n veilige aanlyn ruimte waar rolspelers in die kunstebedryf emosionele ondersteuning kan kry in dié uitdagende tyd. Die KKNK is verbind tot die welstand van kunstenaars en die kunste, en met die kenners Ilze Olckers (Talking Transformation), Casper Oelofsen (Mindful Leadership) en Hans van der Veen (Klein Karoo Connect) as gesprekhouers, is jy in goeie hande. Hulp is ’n klik ver.

Die volgende sessie vind plaas op Donderdag 15 April om 18:00, en behoort teen 20:30 klaar te maak. 

As jy nuuskierig is oor die toekoms, die uitdagings van ons veranderende wêreld wil aangryp, en nie huiwer om jou storie met ander te deel nie, kom praat saam. 

Hierdie is privaatsessies vir die groep en word nie opgeneem of aan enige publiek beskikbaar gemaak nie. Die sessies gaan nie oor bedryfskwessies nie (algemene probleme in die bedryf), maar bied eerder  emosionele ondersteuning aan professionele persone in die kunstebedryf.

Dis gratis, maar plek is beperk. Gouspring!

Lees meer oor die People Need People-program by https://batesoninstitute.org/