fbpx

Charl du Plessis Trio in Ernen

Moontlik gemaak deur Francesco Walter en Festival Musikdorf Ernen (www.musikdorf.ch) 

Met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Hugo Radyn (tromme)

Hierdie uitvoering is in 2017 by die Festival Musikdorf in Ernen, in die skouspelagtige St. Georg Kerk opgeneem. Dit is nou vir die eerste keer in Suid-Afrika, as deel van die Klein Karoo Klassique Konsertreeks te sien.

Die program bestaan uit J.S. Bach se Concerto for Two Violins, asook ’n nuutskepping van Du Plessis: ’n suite wat musiek van Bach met jazz-gunstelinge vermeng. Hierdie suite sluit Wachet Auf, ruft uns die Stimme, twee dele uit die Anna Magdalena NotenbüchleinTake the A Train en Chick Corea se bekende Spain in. 

Die Charl du Plessis Trio is een van die mees suksesvolle crossover-ensembles in Suid-Afrika en het reeds twee SAMA-toekennings verower. Hulle is al vir jare lank gaskunstenaars by die internasionale musiekfees in Ernen, Switserland. Hierdie fees bestaan 47 jaar en nooi kunstenaars van Europa en Amerika om in die Alpe op te tree. Die Charl du Plessis Trio se vertolking en verwerkings van Barokmusiek het veral byval gevind by dié fees. 

Die Switserse pers beskryf dié uitvoering as volg: “Famous themes from the Baroque observed through a jazz lens – he did this with perfection. Du Plessis proves himself in his rhythmically charged performance as a virtuoso pianist of big style” – Walliser Bote

koop kaartjie
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google