fbpx

Die KKNK en Mothership Studios se opwindende aanlyn musiekreeks eindig hierdie week op ’n hoë noot!

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en Mothership Studios het vanaf Donderdag 30 Julie tot 24 September ’n eksklusiewe musiekreeks, wat musiekliefhebbers in die gemak en veiligheid van hulle huise kon geniet, aangebied. Dit het optredes bevat deur van ons land se voorste musikante en vermaaksterre, insluitend ElandréEmo AdamsKaren ZoidWatershedJan BlohmElvis BlueAnna DavelRoan Ash en EET KREEF Herleef!, en verskeie musiekgenres van rock tot country – vermaak vir die hele gesin.

Hugo Theart, die KKNK se artistieke direkteur, sê dat alhoewel die KKNK nie vanjaar feesgangers op Oudtshoorn kon verwelkom nie, het hulle steeds die gees van die fees na gehore se gebring. “Dit was ’n voorreg vir die KKNK om deel te wees van hierdie opnames. Nie net het dit werks- en inkomstegeleenthede gekep vir betrokkenes by ’n bedryf wat swaar kry in die tyd nie, maar dit is ook hoë kwaliteit opnames wat uitsonderlike musikante en sangers se talent vasvang in ’n baie spesifieke en buitengewone oomblik in ons geskiedenis. Ons sien uit om verder te bou aan die projek en om nog ‘episodes’ in die toekoms op te neem.”

Carien Loubser, vervaardiger van hierdie gewilde musiekreeks sê dat sy goeie programme met topgehalte tegniese versorging en hoë produksiewaarde hoog op die prys stel. “Ons musiekreeks sal tuis wees tussen enige televisiemusiekprogram. Ons hoop om met tyd vele kunstenaars van die Suid-Afrikaanse musieklandskap by Mothership Studios op te neem.”

Die laaste konsert van die KKNK Mothership Sessions, EET KREEF HERLEEF!, is nog tot Sondag 4 Oktober beskikbaar. Met aKING se hoofsanger Laudo Liebenberg, ’n vuurwarm band en nuwe verwerkings van ikoniese songs soos Energie, Hillbrow, Hoe ek voel en al die treffers wat van dié plaat ’n kultustreffer gemaak het, sorg hierdie show vir meer as een hoendervleis-oomblik.  Kaartjies is beskikbaar, en die konsert kan gekyk word by Webtickets. Kliek hier om jou kaarjie te bespreek: https://bit.ly/3iwoa1z

Nog ’n aanlyn musiekreeks deur die KKNK is die KLASSIQUE BAROQUE-FEES, wat bestaan uit vier klassieke musiekkonserte opgeneem deur Klein Karoo Klassique en die Kaapstad Barokfees, ondersteun deur die Rupert Musiekstigting, waarvan die eerste konsert pas gedebuteer het. Kaartjies is beskikbaar by en die konserte kan gekyk word by Quicket: https://qkt.io/KBFestival

Die KKNK se gewilde Teksmark vind plaas van 28 tot 30 Oktober by die Baxterteatersentrum. Hier word teksskrywers se voorstelle voorgehou aan belanghebbendes as leesteater.

Die volgende Republiek van Zoid Afrika, ’n kykNET-reeks sal vroeg in 2021 op die kassie wees. Karen Zoid en Mothership Studios is ook besig met ’n hele paar ander projekte. Mothership Studios is ook vir die afgelope paar maande betrokke by ’n plaaslike sopkombuis in Philadelphia waar meer as 200 mense weekliks hiér kos kry.

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on email
Email
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google