Eerste digitale Klein Karoo Klassique bied unieke Barokervaring

“Om musiek van hierdie soort te geniet, bly uniek omdat dit nie dikwels gehoor word nie. Ons speel Barokmusiek, wat ek verwerk het vir ’n jazz trio en dit verskuif natuurlik die grense van hierdie musiek geweldig.”

Só sê Charl du Plessis oor die spesiale aanlyn uitvoering van die Charl du Plessis Trio as deel van vanjaar se eerste digitale Klein Karoo Klassique. Die Charl du Plessis Trio is gereelde en gewilde deelnemers aan Klein Karoo Klassique. Dié Trio bestaan uit Du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Hugo Radyn (tromme) en is een van die mees suksesvolle crossover-ensembles in Suid-Afrika. Hierdie uitvoering is in 2017 in die skouspelagtige St. Georg-kerk tydens dieFestival Musikdorf in Ernen, Switserland, opgeneem. 

“Hierdie kontemporêre interpretasies hanteer die oorspronklike musiek met respek om toe te sien dat dit die integriteit van die werke behou”, vertel Du Plessis. 

Op die program is J.S. Bach se Concerto for Two Violins, sowel as ’n nuwe skepping deur Du Plessis: ’n suite wat musiek van Bach met jazz-gunstelinge kombineer. Hierdie suite bevat Wachet Auf, ruft uns die Stimme, twee dele van Anna Magdalena NotenbüchleinTake the A Train en Chick Corea se bekende Spain

Du Plessis sê hulle het hierdie spesiale opname gekies om deel van die eerste digitale Klassique te wees, omdat dit die laaste konsert saam met die Trio se vorige tromspeler, Hugo Radyn, was. “Na tien jaar se saamwerk in dié trio was dit ’n hoogtepunt van spanwerk, die mooiste ruimte om op te neem en ’n rypwordingsproses van saam musiek maak en ons eie taal vestig”, vertel hy.

Hierdie spesiale aanlyn uitvoering kan eksklusief vanaf Donderdag 17 September 18:00, tot Vrydag 25 September om middernag gekyk word. ’n Kaartjie kos slegs R100 vir die hele familie om saam te kyk en is beskikbaar by Quicket.

“Dit bly ’n voorreg om deel van dié unieke fees te kan wees en vir my bly die hoogtepunt die gehore se getroue ondersteuning, wat dui op die behoefte vir klassieke musiek”, sluit Du Plessis af. 

Vir meer inligting, besoek Klein Karoo Klassique se webblad by www.klassique.co.za of die fees se sosiale mediaplatforms. 

Kliek hier vir ’n kort lusmaker van dié konsert: https://drive.google.com/file/d/12iQoFCUFS8yGn2pzzvO7T5k9ITsV2tH5/view

Deel op facebook
Facebook
Deel op twitter
Twitter
Deel op linkedin
LinkedIn
Deel op whatsapp
WhatsApp
Deel op email
Email

Gesels saam

Mandjie 0

Teken in

Maak 'n rekening oop

Your personal data will be used to support your experience throughout this website, to manage access to your account, and for other purposes described in our privaatheidsbeleid.

Wagwoord herwinning

Het jy jou wagwoord vergeet? Voer asseblief u gebruikersnaam of e-posadres in. U sal 'n skakel ontvang om 'n nuwe wagwoord per e-pos te skep.