{"id":10522,"date":"2020-11-18T10:05:46","date_gmt":"2020-11-18T08:05:46","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=10522"},"modified":"2020-11-18T10:05:46","modified_gmt":"2020-11-18T08:05:46","slug":"die-aanlyn-klassique-baroque-konsertreeks-is-steeds-te-sien","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/die-aanlyn-klassique-baroque-konsertreeks-is-steeds-te-sien\/","title":{"rendered":"Die aanlyn Klassique Baroque-konsertreeks is steeds te sien"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Klassieke musiekliefhebbers het nog geleentheid tot 30 November 2020 om die vier konserte wat as deel van die<a class=\"rank-math-link\" href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/klassique-baroque\/\">\u00a0<strong>Klassique Baroque-fees<\/strong><\/a>\u00a0aanlyn aangebied word, te sien.\u00a0 Die vier konserte is deel van \u2019n konsertreeks wat Klein Karoo Klassique en die Kaapstad Barokfees met ondersteuning van die Rupert Musiekstigting opgeneem het.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie terugvoer op die konserte was uitstaande en alhoewel ons die konsertreeks net tot einde Oktober beskikbaar sou stel, het ons weens verskeie navrae die periode verleng tot en met 30 November,\u201d s\u00ea Hugo Theart, artistieke direkteur van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), wat jaarliks ook Klein Karoo Klassique aanbied.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Erik Dippenaar, artistieke direkteur van die Kaapstad Barokfees, vertel dat hulle die samewerking met Klassique geniet, omdat beide feeste \u2019n sterk fokus op kamermusiek het. \u201cHierdie reeks konserte strek oor \u2019n veelsydige repertoire wat wissel van die eerste helfte van die 17<sup>de<\/sup>, tot die mid-20<sup>ste<\/sup>\u00a0eeue,\u201d vertel Dippenaar. \u201cEk was gelukkig dat ek van my gunsteling-Suid-Afrikaanse musikante kon kies om mee saam te werk in die samestelling van di\u00e9 program. Elke musikant is uitgesoek vir hulle kenmerkende eienskappe en sterkpunte en die eindresultaat is \u2019n opmerklik-unieke kamermusiek-ervaring.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Een van die aanlyn feesgangers se terugvoer: \u201c<strong>Die konserte is beeldskoon verfilm. Die atmosfeer is romanties en ongelooflik, welgedaan! Wat julle doen is in \u2019n liga van sy eie<\/strong>.\u201d\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die vier konserte wat deel vorm van die reeks is:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><em><a class=\"rank-math-link\" href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/misshapen-pearls\/\">Misshapen Pearls<\/a><\/em><\/strong>\u00a0met Lynelle Kenned (sopraan), Ralitza Macheva (barokviool), Refiloe Olifant (barokviool) en Erik Dippenaar (klavesimbel).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Opwindende program wat op die sterk kontraste in Barokmusiek fokus, asook die improvisasie-aspek van musiek uit hierdie tydperk, wat intrinsiek deel van die estetika daarvan vorm.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><em><a class=\"rank-math-link\" href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/haydn-in-london\/\">Haydn in London<\/a><\/em><\/strong>\u00a0met lede van Camerata Tinta Barocca [Liesl Stoltz (dwarsfluit), Refiloe Olifant (eerste viool), Bonolo Kgaile (tweede viool), Lynn Rudolph (altviool), Cheryl de Havilland (tjello), Mariechen Meyer (kontrabas) en Erik Dippenaar (klavesimbel)].<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Joseph Haydn se geliefde\u00a0<em>Surprise Symphony<\/em>\u00a0word uitgevoer, soos verwerk vir kamermusiek-ensemble deur Johann Peter Salomon. Die program word aangevul deur CPE Bach se\u00a0<em>Hamburger Sonate<\/em>\u00a0vir dwarsfluit en continuo, wat die eerste keer in 1786 gepubliseer is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><em><a class=\"rank-math-link\" href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/1840-2\/\">1840<\/a><\/em><\/strong>\u00a0met Janel Speelman (sopraan) en Esthea Kruger (klavier).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Program van\u00a0<em>lieder<\/em>\u00a0en musiek vir solo-klavier deur Robert Schumann. Al die lieder in hierdie program dateer uit 1840, Schumann se sogenaamde\u00a0<em>Liederjahr<\/em>, ook die jaar waarin hy met Clara Wieck getrou het. Dit sluit werke uit die liedsiklus\u00a0<em>Myrthen\u00a0Op. 25<\/em>\u00a0en\u00a0<em>Liederkreis Op. 39<\/em>\u00a0in. Kruger voer ook die\u00a0<em>Sonate no. 2 in G-mineur Op. 22<\/em>\u00a0uit. Die tweede beweging van di\u00e9 werk is gebaseer op\u00a0<em>Im Herbste<\/em>, een van die\u00a0<em>lieder<\/em>\u00a0in hierdie program.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><a class=\"rank-math-link\" href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/histoire-du-tango\/\"><strong><em>Histoire du Tango<\/em><\/strong>\u00a0<\/a>met die Zomari Duo [Bridget Rennie-Salonen (dwarsfluit) en James Grace (kitaar).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Uiteenlopende uitvoering van opwindende musiek vir dwarsfluit en kitaar uit Suid-Amerika. Die program gebruik die ikoniese werk van Astor Piazzolla,\u00a0<em>L\u2019histoire du tango<\/em>, as vertrekpunt. Dit bevat ook werke van die Brasiliaanse komponis, Celso Machado en die Argentyn, M\u00e1ximo Diego Pujol.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kaartjies vir hierdie vier uitvoerings is tot 30 November beskikbaar en kos slegs\u00a0<strong>R100<\/strong>\u00a0per uitvoering by\u00a0<strong>Quicket<\/strong>. Of bespreek \u2019n\u00a0<strong>pakket<\/strong>\u00a0vir al vier uitvoerings teen slegs\u00a0<strong>R300<\/strong>.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Dis maklik om die konserte aanlyn te kyk!<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Koop jou kaartjies by Quicket by hierdie skakel:\u00a0<strong><a href=\"https:\/\/qkt.io\/KlassiqueBaroque\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">https:\/\/qkt.io\/KlassiqueBaroque<\/a><\/strong><\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\" type=\"1\">\n<li>Wanneer jy \u2019n konsert wil kyk, klik eenvoudig op die groen knoppie (ACCESS STREAM FOR THIS TICKET) in jou elektroniese kaartjie wat jy per e-pos sal ontvang.<\/li>\n<li>OF teken in op Quicket met dieselfde e-posadres wat jy gebruik het toe jy die kaartjie gekoop het.<\/li>\n<li>Wanneer jy aangeteken het, gaan na MY TICKETS \u2013 al die kaartjies wat jy bespreek het, sal hier verskyn.<\/li>\n<li>Kliek op ACCESS ONLINE EVENT. Al die konserte waarvoor jy bespreek het, sal hier verskyn, kies een, druk PLAY en geniet!<\/li>\n<\/ol>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Klassieke musiekliefhebbers het nog geleentheid tot 30 November 2020 om die vier konserte wat as deel van die\u00a0Klassique Baroque-fees\u00a0aanlyn aangebied word, te sien.\u00a0<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":139735,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-10522","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/10522","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=10522"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/10522\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=10522"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=10522"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=10522"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}