{"id":13488,"date":"2021-03-07T15:42:11","date_gmt":"2021-03-07T13:42:11","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=13488"},"modified":"2023-11-10T12:31:55","modified_gmt":"2023-11-10T10:31:55","slug":"dramaweb-sa-aanlyn-dramakompetisie-vir-jong-akteurs","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/dramaweb\/dramaweb-sa-aanlyn-dramakompetisie-vir-jong-akteurs\/","title":{"rendered":"Dramaweb SA &#8211; Aanlyn dramakompetisie vir jong akteurs"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Is jy \u2019n leerder met \u2019n droom om eendag die verhoog jou loopbaan te maak? En bruis die adrenalien deur jou are as jy net dink aan toneelspel \u2013 die opwinding van die kollig, daardie stil oomblik voor die eerste woorde \u2019n gehoor se aandag vasvang?\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Skryf dan in vir die Dramaweb SA- aanlyn dramakompetisie, en speel jou hart uit teen ander leerders wat jou liefde vir die kunste deel \u2013 vanjaar aangebied in samewerking met die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV).\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><a class=\"rank-math-link\" href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/dramaweb-sa\/\">Dramaweb SA<\/a> het in 2020 die lig gesien, \u2019n projek van die drama-afrigter en aktrise Ira Blanckenberg om aan kranige jong akteurs die geleentheid te bied om hul verhoog-staal te wys, ondanks die kansellasie van ander dramakompetisies en eisteddfods weens die COVID-19-pandemie. \u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk is baie opgewonde oor Dramaweb SA 2021\u201d, s\u00ea Blanckenberg. \u201cOns wil vanjaar nog meer leerders betrek, met nuwe kategorie\u00eb wat elke aspek van akteur-wees sal bevorder. Ons is verheug om die KKNK as vennoot te verwelkom en beoog om saam met di\u00e9 Afrikaanse moederfees \u2019n platform te skep waar ons land se jong akteurs mekaar beter kan leer ken, in mekaar se kreatiwiteit kan deel en waar hulle landwyd die wonder van toneelspel kan vier en hul talent kan slyp.\u201d \u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie reaksie verlede jaar was oorweldigend positief, en deelnemers se reaksie op die professionele en gedetailleerde terugvoer van professionele afrigters en ander kenners in die bedryf was inspirerend,\u201d s\u00ea sy. \u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir die KKNK l\u00ea di\u00e9 vennootskap na aan die hart. \u201cOns leef in ontwrigtende tye en jongmense het \u2019n uitlaatklep nodig,\u201d s\u00ea Hugo Theart, artistieke direkteur. \u201cDie kunste in al sy vorme bied \u2019n geleentheid vir ontvlugting. Dit is nie net \u2019n geleentheid vir jongmense wat in die toekoms professioneel by die uitvoerende kunste betrokke wil raak nie, maar ook \u2019n belangrike platform om \u2019n liefde vir letterkunde en die kunste te kweek.\u201d \u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Deelneem is maklik, en die koste minimaal \u2013 als gebeur aanlyn. \u201cLeerders kan in die gemak van hul eie huis deelneem, met kundige beoordelaars wat regstaan met raad,\u201d s\u00ea Theart.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ATKV deel die KKNK se entoesiasme oor Dramaweb SA. \u201cDie kunste verryk en inspireer mense, oud en jonk, en dit bevorder kreatiwiteit en bring gemeenskappe by mekaar,\u201d s\u00ea Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof van taal en kultuur by di\u00e9 organisasie. \u201cKuns en kultuur is fundamenteel tot persoonlike ontwikkeling en groei. Die ATKV ondersteun Dramaweb SA met trots en ons glo di\u00e9 projek sal die voordele van toneel, digkuns en skryfkuns beklemtoon, en help om br\u00fbe te bou tussen al die mense van Suid-Afrika.\u201d\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Unieke aspek van Dramaweb SA is die feit dat deelnemers nie tot hul eie streek beperk word nie, maar landwyd met ander leerders kan meeding.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Inskrywings open Maandag 8 Maart, en kos R150 per item. Deelnemers kan met gedigte, monolo\u00eb, prosa en selfs mimiek deelneem. Laai eenvoudig \u2019n video-opname van jou inskrywing op teen Maandag 31 Mei 2021. Blanckenberg en haar man, die akteur Waldemar Schultz, is vanjaar se beoordelaars, en prysgeld vir elke kategorie is\u00a0 R1 000 per wenner. Jy kan deelneem in Afrikaans of Engels: die finale ronde vir Afrikaanse deelnemers is op 3 Julie 2021 en vir Engelse deelnemers op 4 Julie 2021. Al twee di\u00e9 rondes word virtueel uitgesaai.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Besoek dramawebsa.co.za vir die lys van kategorie\u00eb en meer inligting, of bel Daventia Kennedy by 044 203 8600 met navrae. Jy kan ook \u2019n e-pos stuur na <a href=\"mailto:info@dramawebsa.co.za\">info@dramawebsa.co.za<\/a> of direk aan\u00a0 Blanckenberg by <a href=\"mailto:ira@dramawebsa.co.za\">ira@dramawebsa.co.za<\/a>.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK word ondersteun deur ABSA en Media24 met verdere ondersteuning van die Het Jan Marais Nationale Fonds, die Departement van Kultuursake en Sport: Wes-Kaap, die Oudtshoorn Munisipaliteit, Business and Arts South Africa (BASA) en die Jannie Mouton Stigting. Die presidensi\u00eble stimuluspakket (stroom 1), geadministreer deur die National Arts Council (NAC) namens die nasionale Departement van Sport, Kuns en Kultuur (DSAC) ondersteun ook die KKNK in sy huidige bedrywighede. \u00a0<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Is jy \u2019n leerder met \u2019n droom om eendag die verhoog jou loopbaan te maak? En bruis die adrenalien deur jou are as jy net dink aan toneelspel \u2013 die opwinding van die kollig, daardie stil oomblik voor die eerste woorde \u2019n gehoor se aandag vasvang?\u00a0<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241096,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[39],"tags":[],"class_list":["post-13488","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dramaweb"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13488","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13488"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13488\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241114,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13488\/revisions\/241114"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241096"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13488"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13488"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13488"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}