{"id":13796,"date":"2021-03-12T11:13:23","date_gmt":"2021-03-12T09:13:23","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=13796"},"modified":"2023-11-10T12:50:46","modified_gmt":"2023-11-10T10:50:46","slug":"kknk-nati-studio-sit-jou-in-die-regisseurstoel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/media\/kknk-nati-studio-sit-jou-in-die-regisseurstoel\/","title":{"rendered":"KKNK | NATi Studio sit jou in die regisseurstoel"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Regiekursus vir aspirant- en ervare regisseurs is die nuutste projek wat die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) van stapel stuur. Di\u00e9 kursus, wat bekend sal wees as die\u00a0<strong>KKNK | NATi Studio<\/strong>, word aangebied onder die mentorskap van die bekroonde veteraan-regisseur en teaterontwerper Marthinus Basson. Die projek, in vennootskap met die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi), wil die kunste in Suid-Afrika \u2019n hupstoot gee te midde van die Covid-19-pandemie. Dit beloof om nuwe geleenthede te ontsluit vir regisseurs wat regstaan vir die dag dat teaters weer oopgestel word vir die publiek, en die land weer die Afrikaanse kunste en kunstefeeste gesellig saam kan vier.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In di\u00e9 kursus, wat oor nege maande strek, sal deelnemers tekste uit \u2019n wye spektrum genres en tydvakke behandel en ontleed. Basson sal fokus op interpretasie, regie en ontwerp, konsepontwikkeling, vertolkingsuitdagings vir spelers en hoe regisseurs dit te bowe kan kom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDi\u00e9 regiekursus is \u2019n wonderlike geleentheid vir teatermakers om kernvaardighede en kritiese denke te slyp,\u201d\u00a0 s\u00ea Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK. \u201cEn wat \u2019n voorreg is dit nie dat een van Suid-Afrika se mees ervare regisseurs die leiding neem nie. Basson is nie net een van die land se voorste regisseurs nie, hy is ook \u2019n gesoute en geliefde dosent en mentor. Dit is \u2019n besondere en seldsame geleentheid, en dis vir die KKNK \u2019n voorreg om dit saam met NATi aan te bied.\u201d<\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-spacer\" style=\"height: 50px;\" aria-hidden=\"true\">\u00a0<\/div>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-gallery columns-3 is-cropped wp-block-gallery-1 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\">\n<ul class=\"blocks-gallery-grid\">\n<li class=\"blocks-gallery-item\">\n<figure><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-13801\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Koninkryk-van-die-diere1-683x1024.jpg\" alt=\"\" data-id=\"13801\" data-full-url=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Koninkryk-van-die-diere1-scaled.jpg\" data-link=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/?attachment_id=13801\" title=\"\"><\/figure>\n<\/li>\n<li class=\"blocks-gallery-item\">\n<figure><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-13800\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Koninkryk-van-die-diere-683x1024.jpg\" alt=\"\" data-id=\"13800\" data-full-url=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Koninkryk-van-die-diere-scaled.jpg\" data-link=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/?attachment_id=13800\" title=\"\"><\/figure>\n<\/li>\n<li class=\"blocks-gallery-item\">\n<figure><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-13799\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Koningin-Lear-1024x683.jpg\" alt=\"\" data-id=\"13799\" data-full-url=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Koningin-Lear-scaled.jpg\" data-link=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/?attachment_id=13799\" title=\"\"><\/figure>\n<\/li>\n<li class=\"blocks-gallery-item\">\n<figure><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-13798\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Asem1-1024x683.jpg\" alt=\"\" data-id=\"13798\" data-full-url=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Asem1-scaled.jpg\" data-link=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/?attachment_id=13798\" title=\"\"><\/figure>\n<\/li>\n<li class=\"blocks-gallery-item\">\n<figure><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-13797\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Asem-1024x683.jpg\" alt=\"\" data-id=\"13797\" data-full-url=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Asem-scaled.jpg\" data-link=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/?attachment_id=13797\" title=\"\"><\/figure>\n<\/li>\n<\/ul>\n<\/figure>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-spacer\" style=\"height: 50px;\" aria-hidden=\"true\">\u00a0<\/div>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Basson s\u00ea hy sien daarna uit om di\u00e9 projek aan te pak. \u201cDit bring hoop in \u2019n uitdagende tyd vir die uitvoerende kunste, en bied \u2019n welkome geleentheid vir teatermakers om op gereelde basis saam te kom, mekaar te inspireer, \u2019n tiental uitsonderlike tekste in diepte te bestudeer, daaroor te droom en dink, en dit te bevraagteken \u2013 en hopelik die kwynende teatervlam weer aan te blaas tot \u2019n veldbrand.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van NATi, s\u00ea di\u00e9 organisasie is in 2020 genoodsaak om as finansierder en vervaardiger van talle teaterproduksies goed te dink oor die foutlyne wat die Covid-19-pandemie in die kunste uitgewys het. \u201cOns kan nou vir die eerste keer stilstaan en kyk hoe ons di\u00e9 uitdagings kan pak. Dis goed dat die KKNK in die huidige omstandighede eerder projekte aanpak pleks van produksies, want laasgenoemde is geweldig duur.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Faasen s\u00ea NATi sien op lang termyn baie potensiaal in die\u00a0<strong>KKNK | NATi Studio<\/strong>-projek. \u201cOns kan nie wag om te sien wat dit oplewer nie. Die plan was uit die staanspoor om regstreeks met kunstenaars saam te werk en geld in hul sakke te kry, kreatiewe energie te ontsluit, en ontwikkeling en mentorskap \u2019n prioriteit te maak. Veral jong teatermakers het \u2019n behoefte aan mentorskap. Dis daarom dat ons in di\u00e9 projek bel\u00ea.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die kursus, wat uit twee formele groepsessies van tussen drie en vier uur lank per maand bestaan, sal Sondagmiddae aanlyn plaasvind. Kontaksessies sal net gebeur as die impak van die Covid-19-pandemie dit toelaat. Die gekose tekste sal in di\u00e9 groepsessies gelees en bespreek word, waarna Basson take sal uitdeel ter voorbereiding op die daaropvolgende sessie.\u00a0Met deeglike terugvoer van Basson sal deelnemers se kritiese vermo\u00ebns verskerp, hul kreatiwiteit getoets en verdere kritiese denke aangemoedig word. Basson sal as mentor bygestaan word deur bekende, ervare stel-ontwerpers, skrywers, regisseurs en akteurs.\u00a0\u2019n Fees van inspirerende talent wag!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die eerste sessie vind op Sondag 28 Maart 2021 plaas. Deelnemers word gekeur, en di\u00e9 wat suksesvol is, moet alle sessies bywoon. Finansi\u00eble ondersteuning is beskikbaar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alle kandidate moet ouer as 18 wees, Afrikaans verstaan en moet onderneem om die volledige kursus by te woon.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">The\u00a0<strong>KKNK | Nati Studio<\/strong>\u00a0maak voorsiening vir twee groepe deelnemers:<\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\" type=\"1\">\n<li>Twaalf kandidate sal gekeur word as die kerngroep. Hulle moet reeds in die een of ander kapasiteit in die professionele teaterbedryf werk.<\/li>\n<li>Om die reikwydte van di\u00e9 projek so groot moontlik te maak, word kandidate wat nie deel is van die kerngroep nie, genooi om as waarnemers by die sessies in te skakel. Dit is gemik op jong talent wat nog nie professioneel by die bedryf betrokke is nie en sluit onder meer dramastudente in.<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir nog inligting bel die KKNK-kantoor by 044 203 8600.<br \/>Stuur \u2019n verkorte CV, \u2019n brief wat aandui hoekom jy wil deelneem en hoekom jy dink jy gekeur moet word, asook een verwysingsbrief teen nie later nie as\u00a0<strong>Vrydag 19 Maart om 12:00 na\u00a0<a>adrian@kunste.org.za<\/a><\/strong>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK word ondersteun deur ABSA en Media24, met verdere ondersteuning van die Het Jan Marais Nationale Fonds, die Departement van Kultuursake en Sport: Wes-Kaap, die Oudtshoorn Munisipaliteit, Business and Arts South Africa (BASA) en die Jannie Mouton Stigting. Die presidensi\u00eble stimuluspakket (stroom 1), geadministreer deur die National Arts Council (NAC) namens die nasionale Departement van Sport, Kuns en Kultuur (DSAC) ondersteun ook die KKNK in sy huidige bedrywighede.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Meer oor Marthinus Basson<\/strong><br \/>Marthinus Basson is een van die mees bekroonde en gerespekteerde regisseurs en teater-ontwerpers in Suid-Afrika. Sy loopbaan strek oor 50 jaar. In di\u00e9 tyd het hy onder meer by die Ruimte-teater in Kaapstad en by KRUIK gewerk. Hy het in verskeie genres gewerk, van drama tot dans, van opvoedkundige teater en komedie tot opera en industri\u00eble teater. Van sy ikoniese produksies sluit in: Heiner M\u00fcller se Anatomie Titus\/Fall of Rome, die Breyten Breytenbach-trilogie (Boklied, Die Toneelstuk en Johnny Cockroach), premi\u00e8res van die meeste van Reza de Wet se werk (onder meer Mis, Drif en Breathing In), Tom Lanoye se Mamma Medea, Bloed en Rose en Koningin Lear, Peter Verhelst se Aars! en Romeo en Julia, Shakespeare se Macbeth en Antony and Cleopatra, Puccini se Tosca, Verdi se Rigoletto, Kander &amp; Ebb se Cabaret!, Marlene van Niekerk se Die kortstondige raklewe van Anastasia W en Pieter Fourie se Ek, Anna van Wyk. Basson was twee dekades lank verbonde aan die dramadepartement van die Universiteit Stellenbosch as dosent in regie en ontwerp.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Regiekursus vir aspirant- en ervare regisseurs is die nuutste projek wat die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) van stapel stuur. Di\u00e9 kursus, wat bekend sal wees as die\u00a0KKNK | NATi Studio, word aangebied onder die mentorskap van die bekroonde veteraan-regisseur en teaterontwerper Marthinus Basson.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241148,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[30],"tags":[],"class_list":["post-13796","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-media"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13796","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=13796"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13796\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241149,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/13796\/revisions\/241149"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241148"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=13796"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=13796"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=13796"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}