{"id":139197,"date":"2023-01-24T16:34:06","date_gmt":"2023-01-24T14:34:06","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=139197"},"modified":"2023-11-10T12:35:00","modified_gmt":"2023-11-10T10:35:00","slug":"beleef-die-hele-ketoetie-by-die-27ste-kknk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/beleef-die-hele-ketoetie-by-die-27ste-kknk\/","title":{"rendered":"Beleef die hele ketoetie by die 27ste KKNK"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Die hele ketoetie \u2013 <strong><em>all\u00e9saam<\/em><\/strong>! D\u00edt is wat feesgangers van <strong>Saterdag 1 tot Sondag 9 April<\/strong> by die 27ste <strong>KKNK<\/strong>, geborg deur Absa, op <strong>Oudtshoorn<\/strong> kan verwag.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vanjaar se feesprogram bied iets in almal se smaak. Die feesdatums val in die skoolvakansie en sluit Paasnaweek in.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Feesgangers by di\u00e9 familiefees kan uitsien na meer as 30 debuutwerke en ook \u2019n keur van die beste produksies van die afgelope jaar by ander feeste en teaters.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In groot nuus vir die Suid-Afrikaanse kunstebedryf het <strong>Absa<\/strong>, hoofborg van die KKNK, tydens die programbekendstelling aangekondig dat hul borgskap met \u2019n verdere drie jaar verleng word. \u201cAbsa beskou dit as waardevol om Suid-Afrika se dinamiese kunstesektor te ondersteun en innoverende maniere te vind om die gemeenskappe waarin ons woon en werk te dien. Ons strategiese doelwit is om die goeie na te streef in alles wat ons doen. Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees pas uitstekend hierby in en ons is trots om ons lang verhouding met die befaamde fees voort te sit. Absa ondersteun hierdie viering van talent al vir meer as 20 jaar. Dit is vir ons meer as net \u2019n borgskap \u2013 dit is ook \u2019n manier om geleenthede vir opkomende kunstenaars te skep, wat ons deurlopend inspireer. Ons sien uit daarna om die veelsydige talente van plaaslike gemeenskappe by vanjaar se fees te beleef en staan gereed om gehore by die verskeie Absa-aanbiedings te verwelkom,\u201d het Faisal Mkhize, uitvoerende hoof van Absa Verhoudingsbankdienste, ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vyf individue word vereer vir hulle bydrae tot die KKNK en die kunste: <strong>Dawid Minnaar<\/strong> ontvang die KKNK-prys vir Vertolking; <strong>Early B<\/strong> word vereer met die KKNK Kruispunt-prys; <strong>Refentse Morake<\/strong> ontvang die KKNK-prys vir Jong Stem en <strong>Liza Grobler<\/strong> is die Feeskunstenaar. <strong>Magdaleen Kr\u00fcger<\/strong> ontvang die KKNK-prys vir Lewensbydrae.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nicola Hanekom keer terug na die fees met \u2019n plekspesifieke toneelstuk <strong><em>Mirre en aalwyn<\/em><\/strong>, wat buite Oudtshoorn op \u2019n plaas aangebied word met Amalia Uys, Daneel van der Walt, Gretha Brazelle en Alyssa van Reenen. Reza de Wet se drama-komedie <strong><em>Mirakel<\/em><\/strong>, onder regie van Marthinus Basson, moontlik gemaak deur die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) met Dawid Minnaar, Br\u00fcmilda van Rensburg, Rolanda Marais, Edwin van der Walt, Carla Smith en Eben Genis, vertel die storie van \u2019n teatergeselskap in die 1930\u2019s wat hulleself in \u2019n klein dorpie bevind en voor moeilike besluite te staan kom. Die veelbekroonde <em>Karoo Kaarte.<\/em>-span vanuit die Oudtshoorn-gemeenskap, bied <strong><em>Droomkraan Kronieke<\/em><\/strong> aan, met onder andere Carlo Daniels, Janion Kennedy en Marinda Ntantiso. Hulle span kragte saam met ontwerper en poppemeester Craig Leo, vir \u2019n produksie perfek vir die hele gesin.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ander debuutwerke sluit in: <strong><em>Bul<\/em><\/strong>, \u2019n donkerkomedie onder regie van Nicole Holm met Ren\u00e9 Cloete, Wian Taljaard, Wynand Kotze en Peggy Tunyiswa. Vlaamse skrywer Tom Lanoye (ook die skrywer van die veelbekroonde <em>Koningin Lear<\/em>) se <strong><em>Die fel omstrede kroon, Edward II en Gaveston<\/em><\/strong> met Edwin van der Walt, Beer Adriaanse, Rolanda Marais, Andr\u00e9 Roothman, Wilhelm van der Walt en Caleb Payne, kyk vlymskerp na liefde, mag, keuses, kinders, komplekse verhoudings en die plek van die individu in die samelewing. <strong><em>My Kroon se krank<\/em><\/strong>, \u2019n teks deur Veronique Jephtas en Lynthia Julies, met Jephtas wat ook in die solostuk speel, is onder regie van Tinarie van Wyk Loots met Lee-Ann van Rooi as vervaardiger. Dit is \u2019n ko-produksie van die KKNK en Suidoosterfees en vertel die storie van drie karakters se reis na hernuwing en begin. In <strong><em>Klinkklaar<\/em><\/strong>, \u2019n komedie met Deon Lotz, Marinda Engelbrecht en Susanne Beyers probeer twee TV-sjefs en glanspersoonlikhede om \u2019n kookprogam aan te bied, ondanks die feit dat hulle mekaar haat. <strong><em>Marion Holm<\/em><\/strong> bring \u2019n skaterlag-stuk na die fees, met teks en regie deur Chris Vorster. In <strong><em>Teen wil en dank<\/em><\/strong> met Antoinette Kellermann neem sy die gehoor op reis deur haar veelbekroonde loopbaan van 48 jaar. Lizz Meiring deel in <strong><em>Van die rak af (uitgawe 1)<\/em><\/strong> meer oor die konsep van \u201cThe Human Library\u201d \u2013 in plaas van \u2019n boek, neem jy \u2019n mens uit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jou gunsteling <em>stand-up<\/em> komediante is ook by die fees: Rob van Vuuren se debuut van <strong><em>Namaste Bae \u2013 Blessing and Kombucha<\/em><\/strong>; Alan Committie, en Alfred Adriaan: <strong><em>Onfiks en veertig<\/em><\/strong>, asook die gewilde Moses Williams van die Oudtshoorn-streek se debuut van <strong><em>Ouma Sarie: Funny Karoo<\/em><\/strong> is op die verhoog te sien.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Topproduksies van ander feeste en teaters wat te sien is, sluit in: <strong><em>\u2019n Akkerboom<\/em><\/strong> met De Klerk Oelofse; <strong><em>Die moeder<\/em><\/strong> met onder andere Sandra Prinsloo en Dawid Minnaar; <strong><em>Mutton Hour<\/em><\/strong> met Cintaine Schutte en Wilhelm van der Walt; <strong><em>Platform 9: Homecoming<\/em><\/strong> met Theodore Jantjies en Maurice Paige; <strong><em>Steeds Donkie<\/em><\/strong> met Frank Opperman; Charles J. Fourie en die Markteater se <strong><em>The Parrot Woman<\/em><\/strong> met Gontse Ntshegang en Andr\u00e9 L\u00f6tter; <strong><em>Jantjies and the Pearls<\/em><\/strong>, geskryf deur die belowende jong skrywer Mikayla Joy Brown, vertel die storie van \u2019n desperate familie van Distrik Ses wat vasberade is om hul huis van die gedwonge verskuiwings te red.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op die musiekfront bring David Kramer \u2019n splinternuwe musiekblyspel na Oudtshoorn in <strong><em>Ver in die w\u00eareld Kittie<\/em><\/strong>, met Dean Balie, Jenny Stead, Andr\u00e9 Terblanche, Rushney Ferguson en Dylan Roman. Deur die o\u00eb van Kittie Jaftha en Koos Heuningbek, word die verhaal van die groot sukses wat die sangpaar Josef Marais en Rosa de Miranda in die 1950\u2019s met liedjies van Suid-Afrika oorsee gehad het. Dit is \u2019n Feesteforum-produksie, moontlik gemaak deur NATi. In Coenie de Villiers se <strong><em>Woordmusiek<\/em><\/strong> bring hy drie teaterlegendes byeen: Antoinette Kellermann, Vinette Ebrahim en Jana Cilliers sluit by hom aan saam met Mauritz Lotz, vir \u2019n uitsonderlike musiek- en woordervaring.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ander debute op die musiekprogram sluit in <strong><em>Amber\/Ombr\u00e9<\/em><\/strong> met Amanda Strydom, Coenraad Rall en Susan Mouton; <strong><em>Anders \/ Eenders<\/em><\/strong> met Sima Mashazi, Schalk Joubert, Louis Mhlanga, Riaan van Rensburg en Ramon Alexander; <strong><em>Daarom skryf ek<\/em><\/strong> met Anna Davel, Jaconell Mouton en Lou-Ann Stone; <strong><em>\u2019n Blom in elke vrou<\/em><\/strong> met Petronel Baard, die Suid-Kaap Kinderkoor en Mosselbaai-strykensemble en <strong><em>Boeremusiek, Rocco-styl<\/em><\/strong> met Rocco de Villiers, Lizelle le Roux en Hansie Roodt jr.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><em>Opelugmusiekkonserte<\/em><\/strong> is weer terug en di\u00e9 program skop af met \u2019n twee-dag musiekfees <strong><em>AMOK!<\/em><\/strong> op 1 en 2 April, met van die land se gewildste bands en sangers \u2013 wat binnekort bekendgemaak gaan word. Ander konserte sluit in <strong><em>Spoegwolf en vriende<\/em><\/strong>; <strong><em>Die grootste Karoo-paartie ooit!<\/em><\/strong> en \u2019n asemrowende konsert met Natani\u00ebl op Paassondag, <strong><em>Passio | Pasi\u00f3n | Passion | Passione<\/em><\/strong> (9 April). Kaartjies na die opelug-aandkonserte sluit toegang tot die Feesmark vir die dag in.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die <strong><em>Festival terrain<\/em><\/strong> kan feesgangers musiek van \u2019n keur van hulle gunstelinge op Castle Lager-verhoog geniet en tussenin deur die kuns- en kosstalletjies wandel. Die eerste KKNK Feeswinkel swaai sy deure oop, waar pragtige handgemaakte geskenke en aandenkings gekoop kan word. In Liplekker kan heerlike deli-produkte en drinkgoed geproe en gekoop word en die jongspan kan die adrenalien van die mallemeule geniet. Om alles af te sluit, bied die kroe\u00eb op di\u00e9 terrein welkome lafenis teen die Klein Karoo-hitte. Feeskaartjies vir toegang tot die Feesmark is oudergewoonte beskikbaar. Absa se Kuierkamer skuif na die Feesmark, waar heerlike aktiwiteite en gesprekke met onder andere die immergewilde Hannes van Wyk aangebied word.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vanjaar se visuele kunsprogram, saamgestel deur kurator Dineke van der Walt onder die tema <strong><em>Hide &amp; Seek: Reimagined Histories<\/em><\/strong>, bied iets vir almal en baie aan kunsliefhebbers om na uit te sien. Uitstallings deur verskeie Oudtshoorniete is ingesluit en \u2019n visuele kunshoogtepunt is <em>Fragments from Into the Light<\/em>, waar die werk van Phumulani Ntuli, Lebohang Kganye en Roger Ballen wat verlede jaar deel van die Venice Bi\u00ebnnale was, vir die eerste keer in Suid-Afrika uitgestal word. Groepuitstallings sluit onder andere \u2019n baie interessante uitstalling van Absa in, asook \u2019n uitstalling deur die UJ-galery. Al die uitstallings kan gratis in die Prince Vintcent-gebou besoek word.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Figure of 8 Dance Collective, in 2020 met die KKNK-prys vir \u2019n Jong Stem vereer, is te sien in twee dansteaterproduksies: <strong><em>Embody You<\/em><\/strong>, asook <strong><em>Karatara<\/em><\/strong>, wat verlede jaar met die Kanna-prys vir beste debuutwerk bekroon is. Verskeie kinderteaterproduksies sorg vir hope vermaak vir die jongspan. Die Kanna-bekroonde Liewe Heksie-span van 2022, Margit Meyer-R\u00f6denbeck en Deon van Zyl, keer boonop terug in <strong><em>Liewe Heksie vang vis<\/em><\/strong>. Verskeie <strong>Klein Karoo Experiences<\/strong> word aangebied, wat aan feesgangers \u2019n geleentheid bied om die Klein Karoo op unieke manier te ervaar en te proe.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Lekker kuierarea en restaurant word in die Netwerk24-feeskafee aangebied, waar brandpunte getakel word en verskeie gespreksreekse plaasvind, waaronder Die Burger Praat Saam-diskoersreeks, asook \u2019n Boekwinkel waar die nuutste publikasies gekoop kan word. <strong>Baron van Reede Street<\/strong> word oudergewoonte gesluit en is die hartklop van die fees met hope gratis vermaak, eet- en drinkgoed. Die <strong>Lucky Pakkie<\/strong>-teateraanbod skuif hierheen en n\u00e9s die <em>lucky packets<\/em> waarmee jy grootgeword het, is die inhoud hoogs geheim met lekker teaterverrassings.&nbsp;<br>\u2019n <strong>KKNK Jeugkunstefees<\/strong> word vir die eerste keer van 1 tot 4 April, in samewerking met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement aangebied en is spesifiek gemik op ho\u00ebrskoolleerders en -onderwysers. Di\u00e9 fees binne die fees, is gefokus om \u2019n liefde en belangstelling vir die kunste by ho\u00ebrskoolleerders te kweek deur \u2019n program van teater, musiek, dans, visuele kuns, aktuele gesprekke en meer.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die volledige feesprogram is teen Dinsdag 24 Januarie op die KKNK se webblad beskikbaar. Kaartjieverkope vir Vriende van die KKNK open op Maandag 30 Januarie en Woensdag 1 Februarie vir die publiek. Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Webtickets, of jou naaste Pick n Pay. Vir meer inligting, besoek die KKNK se webblad by <a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">www.kknk.co.za<\/a> of kontak die kantoor per e-pos by <a href=\"mailto:info@kknk.co.za\">info@kknk.co.za<\/a>, stuur \u2019n WhatsApp na 065 285 2337 of skakel 044&nbsp;203 8600.&nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die hele ketoetie \u2013 all\u00e9saam! D\u00edt is wat feesgangers van Saterdag 1 tot Sondag 9 April by die 27ste KKNK, geborg deur Absa, op Oudtshoorn kan verwag.\u00a0<\/p>\n<p>Vanjaar se feesprogram bied iets in almal se smaak.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241122,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-139197","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/139197","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=139197"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/139197\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241124,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/139197\/revisions\/241124"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241122"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=139197"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=139197"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=139197"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}