{"id":14011,"date":"2021-04-07T17:12:23","date_gmt":"2021-04-07T15:12:23","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=14011"},"modified":"2023-11-06T00:06:40","modified_gmt":"2023-11-05T22:06:40","slug":"teksmark-kom-huis-toe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/teksmark-kom-huis-toe\/","title":{"rendered":"Teksmark kom huis toe"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se vlagskip-projek, Teksmark, wat ondersteun word deur die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) en die Baxter-teatersentrum in Kaapstad, is al \u2019n instelling op die jaarlikse kunstekalender. Dramaturge, akteurs, feesdirekteurs en ander spelers in die bedryf kom jaarliks in die Moederstad byeen om nuwe idees vir toneelstukke te verken en te sien hoe dit ontwikkel word tot volledige produksies. Di\u00e9 baanbreker-projek van die KKNK is in 2018 vereer met \u2019n spesiale Fleur du Cap-prys vir vernuwing in die teater.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sedert Teksmark se ontstaan in 2016 is verskeie verhoogteks-idees ontwikkel tot veelbekroonde teaterproduksies, waaronder Marina Albertyn se\u00a0<em>Melk en vleis<\/em>; Bauke Snyman se\u00a0<em>Swerfgoed<\/em>; Amee Lekas se\u00a0<em>Die dans van die Watermeid<\/em>, Du Toit Albertze se\u00a0<em>Die Meermin-kompleks\u00a0<\/em>en Herschelle Benjamin se\u00a0<em>In Slawenhuis 39<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met die KKNK se wortels in Oudtshoorn is dit gepas dat Teksmark ook Klein-Karoo toe kom. Die eerste Teksmark Oudtshoorn vind op Saterdag 29 Mei plaas en alle inwoners van Oudtshoorn, die Tuinroete en omstreke word genooi om hul verhoogteks-idees in te skryf.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teksmark Oudtshoorn vind in twee fases plaas en alle gevestigde of ontluikende skrywers van Oudtshoorn, die Tuinroete en omstreke mag deelneem. Deelnemers moet 16 of ouer wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Fase 1: Teksskryf-werkwinkel<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die werkwinkel word op Saterdag 17 April (08:00 &#8211; 16:00) en Sondag 18 April (08:00 &#8211; 15:00) deur Neil Coppen en Ilse Oppelt op Oudtshoorn by die Toekomsrussaal aangebied.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die loop van die interaktiewe werkwinkel sal deelnemers gelei word deur die beginsels van hoe storie-idees ge\u00efdentifiseer en gevorm word. Hulle sal kyk na onder meer navorsing, storielyn-ontwikkeling, karakterisering, genre en dialoog. Coppen en Oppelt sal die skrywers lei om met idees vorendag te kom wat hulle met vertroue tot finale ontwikkeling kan neem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die werkswinkel is gemik op skrywers wat hulp nodig het met hul teks-idees, maar is nie \u2019n vereiste om \u2019n voorstel in te dien, of die Teksmark Oudtshoorn-geleentheid in Mei by te woon nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bywoning is gratis, maar dis noodsaaklik om te bespreek aangesien ruimte beperk is weens Covid-19-voorskrifte. Bespreek nou deur Shandr\u00e9 Harris te bel by 044 203 8600, of stuur \u2019n e-pos na teksmark@kunste.org.za of stuur \u2019n boodskap via WhatsApp\/Telegram na 060 848 8131.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Fase 2: Dien jou voorstel in<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In di\u00e9 fase van Teksmark Oudtshoorn kan enige dramaturg \u2013 gevestig of ontluikend \u2013 \u2019n voorstel indien wat vir verdere ontwikkeling tot \u2019n volledige produksie oorweeg kan word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Paneel kundiges sal die voorstelle evalueer van die skrywers wie se idees en skryfvaardighede die meeste belofte toon. Die gekose voorstelle sal op 29 Mei as teksvoorlesings (van hoogstens 10 minute en as monoloog of dialoog) aangebied word by Teksmark Oudtshoorn.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 geleentheid sal deur die organiseerders van die KKNK gebruik word om talent te identifiseer vir toekomstige deelname aan die jaarlikse fees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Voorstelle moet voor Woensdag 5 Mei om 16:00 ge-e-pos word aan teksmark@kunste.org.za.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Let wel<\/strong>:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Tekste en voorstelle in al Suid-Afrika se amptelike tale sal oorweeg word.<\/li>\n<li>Multilingual productions are welcomed.<\/li>\n<li>Net tekste wat nog nooit tevore professioneel opgevoer is, sal oorweeg word.<\/li>\n<li>Geen handgeskrewe voorstelle sal oorweeg word nie, net dokumente in Microsoft Word.Bel die KKNK-kantoor by 044 203 8600, of stuur \u2019n e-pos na teksmark@kunste.org.za indien jy hulp nodig het met jou voorlegging (dit sluit hulp met tikwerk in).<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Die volgende inligting moet deel wees van jou voorstel:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Titel van die teks<br \/>Skrywer se naam en ouderdom<br \/>Skrywer se kontakbesonderhede (selfoonnommer, e-posadres en straatadres)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Opsomming van die teksidee en -temas, kort beskrywing van die karakters en minstens vyfbladsye met dialoog. Volledige tekste is welkom, maar dis nie \u2019n vereiste nie.Ontvangs van voorstelle sal per e-pos erken word. As jy nie binne drie dae so \u2019n e-pos ontvang het nie, bel die KKNK-kantoor by 044 203 8600, of stuur \u2019n e-pos aan teksmark@kunste.org.za om seker te maak jou inskrywing is ontvangTeksmark Oudtshoorn is \u2019n KKNK\/Kunste Onbeperk NPC-projek vir die Klein-Karoo-kunste-akademie.Die KKNK word ondersteun deur ABSA en Media24, met bykomende steun van Het Jan Marais Nationale Fonds, die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi), die Departement van Kultuur en Sport: Wes-Kaap, die Oudtshoorn-munisipaliteit, Business and Arts South Africa (BASA) en die Jannie Mouton-stigting. Die presidensi\u00eble stimuluspakket (stroom 1), wat geadministreer word deur die Nasionale Kunsteraad namens die Departement van Sport, Kunste en Kultuur, ondersteun ook die KKNK in sy huidige aktiwiteite.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se vlagskip-projek, Teksmark, wat ondersteun word deur die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) en die Baxter-teatersentrum in Kaapstad, is al \u2019n instelling op die jaarlikse kunstekalender.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":14012,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-14011","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14011","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=14011"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14011\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":240731,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14011\/revisions\/240731"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=14011"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=14011"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=14011"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}