{"id":140472,"date":"2023-02-07T14:06:28","date_gmt":"2023-02-07T14:06:28","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=140472"},"modified":"2023-11-10T12:33:48","modified_gmt":"2023-11-10T10:33:48","slug":"kknk-produksies-ryg-talle-fiesta-nominasies-in","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/kknk-produksies-ryg-talle-fiesta-nominasies-in\/","title":{"rendered":"KKNK-produksies ryg talle Fi\u00ebsta-nominasies in"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Teater- en musiekproduksies wat in 2022 op Oudtshoorn te sien was, sorg vanjaar vir meer as die helfte van die nominasies vir kykNET Fi\u00ebsta-toekennings.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 lys nominasies is op Vrydag 3 Februarie bekendgemaak. kykNET se Fi\u00ebsta-toekennings vereer sedert 2011 uitmuntende werk by kunstefeeste, met die paneel beoordelaars wat feeste regoor die land bywoon om debuutwerke in persoon te ervaar, om uiteindelik di\u00e9 gesogte lys van benoemdes saam te stel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Ek, Anna van Wyk<\/strong> uit die pen van Pieter Fourie, onder regie van Marthinus Basson, het verlede jaar by die KKNK gedebuteer en vyf nominasies ontvang: Tinarie van Wyk Loots vir Beste spel in \u2019n hoofrol; Carlo Daniels vir Beste spel in \u2019n ondersteunende rol; Basson vir Beste regie, asook vir Beste teaterontwerp vir sy stel, kostuums en inkleding en \u2019n nominasie vir Beste feesproduksie aan di\u00e9 drama. Basson is ook benoem vir sy regie van <strong><em>Terminaal 3<\/em><\/strong>, wat tydens die KKNK in 2022 gedebuteer het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><em>Die halwe huis<\/em><\/strong>, \u2019n eenmanstuk met Marlo Minnaar, onder regie van Ricardo Arendse, is drie keer benoem: Minnaar vir Beste spel in \u2019n hoofrol; Arendse vir Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks en die drama as Beste feesproduksie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nog \u2019n produksie wat in 2022 by die KKNK gedebuteer en drie nominasies ontvang het, is die dansteaterstuk <strong><em>Karatara<\/em><\/strong>: Gideon Lombard vir Beste regie, asook vir Beste teaterontwerp vir sy klankbaan en ontwerp en die produksie as Beste feesproduksie. Feesgangers kry tydens vanjaar se KKNK \u2019n geleentheid om weer <em>Karatara<\/em> op die planke te sien.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><em>die oerkluts kwyt<\/em><\/strong> met Antoinette Kellermann en Ancient Voices (Nomapostile Nyiti &amp; Lungiswa Plaatjies), wat by die KKNK te sien was, het ook drie nominasies ontvang: Kellermann vir Beste spel in \u2019n hoofrol; Frieda van den Heever as samesteller vir Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks, verwerking of vertaling en Nyiti &amp; Plaatjies vir Beste bydrae tot \u2019n musiekgedrewe produksie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Natani\u00ebl se terugkeer na die KKNK in 2022 in <strong><em>Prima Donna<\/em><\/strong> is twee keer benoem: as Beste musiekgedrewe produksie en Juan Floors Oosthuizen is benoem vir sy bydrae hierin as Beste bydrae tot \u2019n musiekgedrewe produksie. Natani\u00ebl skep spesiaal vir Paassondag tydens vanjaar se KKNK \u2019n splinternuwe musiekvertoning, <em>Passio | Pasi\u00f3n | Passion | Passione<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><em>Om skoon te wees<\/em><\/strong>, een van die stukke wat tydens die KKNK se nuwe Lucky Pakkie-teateraanbod te sien was, het twee nominasies vir Beste opkomende kunstenaars ontvang: Adriaan Havenga is vir sy spel en teks benoem (saam met sy teks vir <em>Iewers in die grys<\/em> by die Toyota US Woordfees) en Conradie van Heerden vir sy spel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Karin Preller se visuele kunsuitstalling by die KKNK in 2022, <strong><em>Beyond Memory<\/em><\/strong>, is benoem vir Beste prestasie in visuele kuns.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Musiekuitvoerings wat tydens die 13de Klein Karoo Klassique in Augustus 2022 op Oudtshoorn te sien was, het drie nominasies ontvang: <strong><em>Handel at Home<\/em><\/strong> en <strong><em>The Gqeberha Trio<\/em><\/strong> is beide vir Beste prestasie in klassieke musiek benoem en Lynelle Kenned is benoem vir Beste bydrae tot \u2019n musiekgedrewe produksie vir <em>Handel at Home<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Aantal teaterproduksies wat nominasies ontvang het en vanjaar tussen 1 en 9 April by die KKNK op Oudtshoorn te sien is, sluit in <strong><em>Die moeder <\/em><\/strong>wat vir vyf Fi\u00ebstas benoem is: Sandra Prinsloo vir Beste spel in \u2019n hoofrol; Dawid Minnaar vir Beste spel in \u2019n ondersteunende rol; Christiaan Olwagen vir Beste regie; Birrie le Roux vir Beste teaterontwerp vir die stel- en kostuumontwerp en vir die drama as Beste feesproduksie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gita Fourie is benoem vir Beste opkomende kunstenaar vir haar teks, <strong><em>Afval<\/em><\/strong> en <strong><em>Femme is fatale<\/em><\/strong> met Elzab\u00e9 Zietsman en Tony Bentel is benoem as Beste musiekgedrewe produksie. Beide hierdie stukke is by die KKNK in 2023 te sien.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Herman van der Westhuizen, sameroeper van die Fi\u00ebstapaneel, beskryf di\u00e9 toekennings as \u201c \u2019n staande ovasie vir die uitsonderlike werk wat in 2022 op die feeskringloop aangebied is\u201d. Daar is vanjaar elf kategorie\u00eb met vier benoemdes per kategorie. Die wenners word op 9 Maart in Kaapstad aangekondig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Moenie hierdie stukke by die 27ste KKNK op Oudtshoorn misloop nie. Die volledige feesprogram is beskikbaar by <u>kknk.co.za<\/u> en kaartjies is aanlyn beskikbaar by Webtickets of jou naaste Pick n Pay.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir meer inligting, kontak die KKNK per e-pos by <a href=\"mailto:info@kknk.co.za\">info@kknk.co.za<\/a>, telefonies by 044&nbsp;203 8600 of stuur \u2019n WhatsApp na 065&nbsp;285 2337.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Hooffoto: Karatara, <\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Foto&#8217;s: hansvanderveen.co.za<\/em><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Teater- en musiekproduksies wat in 2022 op Oudtshoorn te sien was, sorg vanjaar vir meer as die helfte van die nominasies vir kykNET Fi\u00ebsta-toekennings.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241120,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-140472","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/140472","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=140472"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/140472\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241121,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/140472\/revisions\/241121"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241120"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=140472"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=140472"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=140472"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}