{"id":141043,"date":"2023-02-27T13:43:26","date_gmt":"2023-02-27T13:43:26","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=141043"},"modified":"2023-11-10T12:32:51","modified_gmt":"2023-11-10T10:32:51","slug":"vyf-uitskieters-word-vanjaar-deur-die-kknk-vereer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/vyf-uitskieters-word-vanjaar-deur-die-kknk-vereer\/","title":{"rendered":"Vyf uitskieters word vanjaar deur die KKNK vereer"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Vyf uitskieters in hulle onderskeie velde word vanjaar deur die KKNK vereer: Dawid Minnaar, Refentse, Early B, Liza Grobler en Magdaleen Kr\u00fcger.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die akteur <strong>Dawid Minnaar<\/strong> word vereer vir vertolking. \u201cOm te vertolk is my werk. Natuurlik is dit \u2019n eer en \u2019n kompliment, maar ek spot altyd en s\u00ea jy moet net lank genoeg in die voorportaal rondhang voor jy ook \u2019n toekenning gaan wen. Ek wil nie klink of ek dit afmaak nie, maar jy moet dit in konteks sien. Dit wat ons doen, moet nooit as \u2019n kompetisie gesien word nie. Jy wen in elk geval nie, die rol wen dit. Jy is net die instrument. Ek sal dus die toekenning met grasie en \u2019n tikkie nederigheid aanvaar,\u201d s\u00ea hy en lag hartlik. Minnaar is op die verhoog te sien in die Reza de Wet-drama <em>Mirakel<\/em> saam met onder andere Br\u00fcmilda van Rensburg, asook in <em>Die moeder<\/em> saam met onder andere Sandra Prinsloo.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Refentse<\/strong>, wat as 17-jarige ontdek is toe \u2019n buurvrou in Vereeniging \u2019n selfoonvideo van hom geneem het, word vereer met die KKNK-toekenning vir \u2019n jong stem. Hy het reeds verskeie toekennings gewen en is een van die land se gewildste jong sangers. \u201cEk voel <em>humbled<\/em>,\u201d s\u00ea hy oor die toekenning. \u201cDie KKNK was my eerste fees, my eerste vertoning en die plek waar ek my eerste album vrygestel het. My plek van eerstes, my hart is \u2019n pot wat oorstroom met trots en nederigheid. Musiek was nog altyd vir die luisteraar en die KKNK was my eerste luisteraar. Dankie vir di\u00e9 eer.\u201d Refentse is op 1 April op die KKNK-opelugverhoog te sien in <em>Amok 1.0<\/em> saam met onder andere Prime Circle.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Early B<\/strong> is die ontvanger van die KKNK Kruispunt-toekenning. \u201cDis iets regtig spesiaal vir my. Oudtshoorn \u00e9n die KKNK is spesifiek spesiaal vir my omdat hierdie \u2019n fees is waarby ek altyd wou optree toe ek jonger was. Ek het soveel groei as \u2019n kunstenaar by hierdie fees ervaar en ek is dankbaar dat dit raakgesien word.\u201d Early B is op 2 April op die KKNK-opelugverhoogn te sien in <em>Amok 2.0<\/em> saam met onder andere YoungstaCPT.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vanjaar se feeskunstenaar is <strong>Liza Grobler<\/strong>. Haar pad met kuns het in die noordelike voorstede van Kaapstad begin, \u2019n draai as kind in Amerika en Europa gemaak en eindelik \u2019n meestersgraad in skone kunste wat sy met lof aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het. Daar was residensies in Noorwe\u00eb, Finland, Amerika, Meksiko, Switserland, Belgi\u00eb en Frankryk met haar werk wat in verskeie korporatiewe- en privaatversamelings w\u00eareldwyd opgeneem is. Sy woon die afgelope twee jaar op Oudtshoorn.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir haar uitstalling <em>Inkommers, laatkommers en laatlammers<\/em> werk sy nie net saam met die hekelaars van ReWOLusie nie, maar ook die krale-kunstenaars van Qaqambile Bead Studio en die span van die <em>Karoo Kaarte.<\/em>-projek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk hoop besoekers aan die uitstalling sien dit as \u2019n ontdekkingsreis,\u201d s\u00ea Grobler. \u201cHulle moet nie ge\u00efntimideer wees nie. Dis baie speels en daar is beslis oomblikke en elemente waarmee elkeen sal kan identifiseer. So die antwoord op die vraag: Wie mag die ruimte van <em>Inkommers, laatkommer en laatlammers<\/em> betree? Almal!\u201d Grobler se uitstalling kan daagliks in die Prince Vintcent-gebou ervaar word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die voormalige hoof van RSG <strong>Magdaleen Kr\u00fcger<\/strong>, word vereer vir haar lewensbydrae tot kuns en kultuur. Kr\u00fcger het vir drie jaar skoolgehou, waarna sy by die ATKV as organiseerder van toneel en klassieke musiek aangesluit het. Daarna het sy haar loopbaan van 32 jaar by die SAUK as nuusskrywer en -verslaggewer by RSG begin, sy was inhoudskepper en regisseur, asook aanbieder van verskeie programme voor sy die stasiebestuurder geword het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie toekenning van die KKNK beteken baie en ek aanvaar dit in nederige dankbaarheid,\u201d s\u00ea sy. \u201cDit voel asof hierdie toekenning vir my s\u00ea jy het jou bes gedoen, dankie daarvoor. Jy het struikelblokke oorkom en jy het \u2019n sukses gemaak van dit wat jy aangepak het. En dat jou liefde vir die kunste, taal en ander kultuurdinge altyd stewige ondersteuning en lojaliteit van jou gekry het deur jou loopbaan.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Moenie hierdie kunstenaars se werk van 1 tot 9 April by die 27ste KKNK, geborg deur Absa, op Oudtshoorn misloop nie. Die volledige feesprogram is beskikbaar by <u>kknk.co.za<\/u> en kaartjies kan aanlyn by Webtickets of jou naaste Pick n Pay bespreek word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir meer inligting, kontak die KKNK per e-pos by <a href=\"mailto:info@kknk.co.za\">info@kknk.co.za<\/a>, telefonies by 044&nbsp;203 8600 of stuur \u2019n WhatsApp na 065&nbsp;285 2337.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Formidabele akteur. Twee jong stemme. \u2019n Kunstenaar wat internasionaal naam gemaak het. \u2019n Radio-legende.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241117,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-141043","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/141043","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=141043"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/141043\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241118,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/141043\/revisions\/241118"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241117"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=141043"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=141043"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=141043"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}