{"id":15628,"date":"2021-05-25T12:34:33","date_gmt":"2021-05-25T10:34:33","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=15628"},"modified":"2023-11-10T12:46:50","modified_gmt":"2023-11-10T10:46:50","slug":"ikonies-naaimasjien-nou-verfilm-en-jy-kan-saam-kyk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/media\/ikonies-naaimasjien-nou-verfilm-en-jy-kan-saam-kyk\/","title":{"rendered":"Ikoniese Die Naaimasjien nou verfilm en jy kan saam kyk"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is bederf uit die boonste rakke: \u2019n bekroonde toneelstuk wat jy in jou eie huis kan geniet!\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ikoniese eenvroustuk <a class=\"rank-math-link\" href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/die-naaimasjien\/\" data-type=\"page\" data-id=\"15619\"><em>Die Naaimasjien<\/em> <\/a>deur Rachelle Greeff is spesiaal vir die <a class=\"rank-math-link\" href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">KKNK<\/a> verfilm, en is die eerste vertoning wat kultuurdiere aanlyn kan geniet as deel van die KKNK se program vir 2021 in sy virtuele teater by kknk.co.za.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">N\u00e1 honderde opvoerings dwarsoor die land oor bykans drie jaar, en \u2019n onvergeetlike speelvak by die Edinburgh-fees in Skotland, kry <em>Die Naaimasjien<\/em> \u2019n tweede lewe in jou sitkamer. As jy nog nie die karakter Magdaleen ken nie, moet jy nou jou kaartjies koop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy sit in haar ouetehuiskamer en is besig om elke deeltjie van haar naaimasjien skoon te maak, want Magdaleen het hom verkoop, en die vrou op die foon het ges\u00ea sy is drie-uur vanmiddag hier om dit op te laai. Met deernis en humor vat Magdaleen kykers terug na \u2019n tyd van melkaflewerings, moerkoffie, kouse met nate en wit Valiants. En sy herinner ons aan hoe \u2019n ma \u2013 soos \u2019n baboesjka-poppie \u2013 binne-in elkeen van haar kinders staan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hennie van Greunen, wat die regie en ontwerp vir die toneelstuk gedoen het, vertel hoe Sandra Prinsloo Magdaleen geword het: \u201cEk het omtrent elke Afrikaanse aktrise getoets vir die rol, maar kon net nie die regte een kry nie. Sandra het \u2013 tipies professioneel soos sy is \u2013 vier bladsye teks voorberei, dit by my huis in Riebeek-Wes vir my kom doen, en \u2019n halwe bladsy nadat sy begin het, het ons albei geweet: Sy \u00eds Magdaleen.\u201d\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Naaimasjien het \u2019n groot impak op Sandra se reeds suksesvolle akteursloopbaan gehad. \u201cDit was vir my een van daardie bepalende produksies waar jou loopbaan &#8216;n nuwe wending neem. Ek is bitter dankbaar dat ek die geleentheid gehad het om haar te speel. Die impak op gehore was oorweldigend en Rachelle het deur <em>Die Naaimasjien<\/em> vir senior burgers \u2019n stem gegee wat nie ge\u00efgnoreer kon word nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Greeff s\u00ea die skryf van di\u00e9 bekroonde teks het haar lewe verander. \u201cEk het besef as jy uit jou hart en jou niere skryf sonder om te probeer slim wees met allerhande foefies, raak jy aan die hart en die niere van mense. Ek wens ek kan voltyds vir die teater skryf. Die heel lekkerste deel daarvan is die feit dat jy nie alleen is nie; ek skryf die teks en dan is daar \u2019n hele span en as dit mense is soos Sandra en Hennie \u2013 hoe gelukkig kan \u2019n meisie nou wees!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die klankbaan wat in Magdaleen se herinneringe woon, spog met die stemtalente van onder meer Stian Bam, Joanie Combrink, Deon Lotz, Vilj\u00e9 Maritz en Pedro Kruger.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Carien Loubser, bekroonde vervaardiger en TV-regisseur van reekse soos <em>Die Republiek van Zoid Afrika <\/em>en <em>Jan<\/em>, het die toneelstuk op film verewig. Die film word deur die KKNK aangebied in vennootskap met Brainwave Productions en Wordsmith Theatre Factory.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die produksie is in Afrikaans, maar \u2019n opsie is beskikbaar vir \u2019n weergawe met Engelse onderskrifte.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kaartjies is te koop by <a class=\"rank-math-link\" href=\"https:\/\/qkt.io\/Naaimasjien\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Quicket<\/a>. Sit terug in die gerief van jou eie huis, en kyk saam!<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is bederf uit die boonste rakke: \u2019n bekroonde toneelstuk wat jy in jou eie huis kan geniet!\u00a0<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241140,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[30,31],"tags":[],"class_list":["post-15628","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-media","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15628","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15628"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15628\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241141,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15628\/revisions\/241141"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241140"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15628"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=15628"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=15628"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}