{"id":15731,"date":"2021-05-28T13:09:16","date_gmt":"2021-05-28T11:09:16","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=15731"},"modified":"2021-05-28T13:09:16","modified_gmt":"2021-05-28T11:09:16","slug":"kknk-se-teksmark-vir-die-eerste-keer-in-oudtshoorn","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/kknk-se-teksmark-vir-die-eerste-keer-in-oudtshoorn\/","title":{"rendered":"KKNK se Teksmark vir die eerste keer in Oudtshoorn"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Jy weet nou al van die KKNK se bekroonde Teksmark wat jaarliks in die Baxter-teater in Kaapstad gebeur, maar vanjaar kom di\u00e9 projek huis toe, met die heel eerste Teksmark Oudtshoorn wat Saterdag 29 Mei op die KKNK se tuisdorp in die Klein-Karoo plaasvind. En die beste van alles? Inwoners van die omgewing kan gratis kom kyk wat hier op die verhoog gaan gebeur.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir die eerste keer kan aspirant-skrywers van Oudtshoorn en omstreke hul voorstelle vir verhoogtekste kom voorl\u00ea. Maar dis nie net nuwe stemme nie \u2013 ou bekendes soos\u00a0<strong>Ricardo Arendse<\/strong>, draaiboekskrywer en boorling van die dorp, bring ook \u2019n teks, met die plaaslike ster\u00a0<strong>Marlo Minnaar\u00a0<\/strong>van\u00a0<em>Suidooster<\/em>,\u00a0<em>Sara se geheim\u00a0<\/em>en\u00a0<em>7de Laan\u00a0<\/em>wat Ricardo se teks sal voorlees. Die regie sal deur die akteur en regisseur\u00a0<strong>Lee-Ann van Rooi\u00a0<\/strong>gedoen word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die doel van Teksmark is eenvoudig: Dis \u2019n soektog na nuwe talent wat by toekomstige feeste hul werk op die planke kan sien lewe kry op KKNK-verho\u00eb.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die aanbieders van die heel eerste Teksmark Oudtshoorn is die akteur en skrywer\u00a0<strong>Ilse Oppelt\u00a0<\/strong>van\u00a0<em>Fishy F\u00eashuns-\u00a0<\/em>en\u00a0<em>Klein Karoo-faam<\/em>, en Hugo Theart, die artistieke direkteur van die KKNK.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat kan jy verwag? Sewe uittreksels van splinternuwe tekste (deur Hannes Visser, Jopie Coetzee, Leach van der Westhuizen, Ludwig Siwa, Theo Witbooi, Tiffany Saterdaght en Veruschka Cobus) wat as leesteater aangebied word. En op die koop toe \u2019n uittreksel van Ricardo se\u00a0<strong><em>Die halwe huis\u00a0<\/em><\/strong>\u2013 \u2019n spesiale voorsmakie van di\u00e9 produksie wat in die toekoms by die KKNK opgevoer sal word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die sewe skrywers is gekies n\u00e1 \u2019n skryfwerkwinkel wat in April deur die bekroonde dramaturg en regisseur\u00a0<strong>Neil Coppen\u00a0<\/strong>aangebied is, maar enigeen van Oudtshoorn en die Tuinroete kon \u2019n voorstel instuur.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teksmark Oudtshoorn begin om\u00a016:00 en\u00a0Covid-19-protokol sal deurgaans gevolg word. Sitplek in die Burgersentrum word beperk tot 50% van die kapasiteit. Bespreek dus so gou as wat jy kan by\u00a0Shandr\u00e9 Harris:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>telefonies by 044 203 8600,<\/li>\n<li>stuur \u2019n WhatsApp na 065 285 2337, of<\/li>\n<li>stuur \u2019n e-pos na\u00a0shandre@kunste.org.za.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die voorlesings word aangebied in samewerking met nagraadse toegepaste teaterstudente van Stellenbosh Universiteit se Dramadepartement onder leiding van Amelda Brand.<\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-spacer\" style=\"height: 50px;\" aria-hidden=\"true\">\u00a0<\/div>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Meer oor Teksmark<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teksmark word ondersteun deur die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) en die Baxter-teatersentrum in Kaapstad, en is \u2019n instelling op die KKNK se jaarlikse kunstekalender. Dramaturge, akteurs, feesdirekteurs en ander spelers in die bedryf kom jaarliks in die Moederstad byeen om nuwe idees vir toneelstukke te verken en te sien hoe dit ontwikkel word tot volledige produksies. Di\u00e9 baanbreker-projek is in 2018 vereer met \u2019n spesiale Fleur du Cap-prys vir vernuwing in die teater.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sedert Teksmark se ontstaan in 2016 is verskeie verhoogteks-idees ontwikkel tot veelbekroonde teaterproduksies, waaronder Marina Albertyn se\u00a0<em>Melk en vleis<\/em>, Bauke Snyman se\u00a0<em>Swerfgoed<\/em>, Amee Lekas se\u00a0<em>Die dans van die Watermeid<\/em>, Du Toit Albertze se\u00a0<em>Die Meermin-kompleks\u00a0<\/em>en Herschelle Benjamin se\u00a0<em>In Slawenhuis 39<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK word ondersteun deur ABSA en Media24, met bykomende steun van Het Jan Marais Nationale Fonds, die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi), die Departement van Kultuur en Sport: Wes-Kaap, die Oudtshoorn-munisipaliteit, Business and Arts South Africa (BASA) en die Jannie<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mouton-stigting. Die presidensi\u00eble stimuluspakket (stroom 2), wat geadministreer word deur die Nasionale Kunsteraad namens die Departement van Sport, Kunste en Kultuur, ondersteun ook die KKNK met hierdie insiatief.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jy weet nou al van die KKNK se bekroonde Teksmark wat jaarliks in die Baxter-teater in Kaapstad gebeur, maar vanjaar kom di\u00e9 projek huis toe, met die heel eerste Teksmark Oudtshoorn wat Saterdag 29 Mei op die KKNK se tuisdorp in die Klein-Karoo plaasvind. En die beste van alles? Inwoners van die omgewing kan gratis kom kyk wat hier op die verhoog gaan gebeur.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":15732,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-15731","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15731","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=15731"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/15731\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=15731"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=15731"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=15731"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}