{"id":18649,"date":"2021-06-25T16:58:21","date_gmt":"2021-06-25T14:58:21","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=18649"},"modified":"2023-11-10T12:47:50","modified_gmt":"2023-11-10T10:47:50","slug":"tweede-kknk-virtuele-galery-ondersteun-deur-absa-open-binnekort","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/media\/tweede-kknk-virtuele-galery-ondersteun-deur-absa-open-binnekort\/","title":{"rendered":"Tweede KKNK Virtuele Galery, ondersteun deur Absa, open binnekort"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se Virtuele Kunsgalery, ondersteun deur ABSA, open op 29 Junie vir die tweede keer sy \u201cdeure\u201d.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dineke van der Walt, kurator van di\u00e9 galery, is tydens die 11de kykNET Fi\u00ebstas met die Fi\u00ebsta vir Beste Prestasie in Visuele Kuns vir verlede jaar se Virtuele Kunsgalery bekroon. Die galery is ook genomineer as een van die Beste Aanlyn Projekte.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die tema van vanjaar se Visuele Kunsgalery, ondersteun deur Absa, is <strong><em>Voel <\/em><\/strong>\u2013 die kunstenaars en kurators moes werke kies wat die fyn nuanses van uiteenlopende emosies ondersoek. \u201cOns almal het spesifieke goeie en slegte ervarings wat ons ten diepste raak en ons lewens be\u00efnvloed,\u201d s\u00ea Van der Walt. \u201cDeur kuns kan ons daaraan uitdrukking gee \u2013 dis \u2018n manier waarop ons die vinger kan l\u00ea op spesifieke belewenisse wat ons nie andersins sou kon verwoord nie. Kuns is in sommige gevalle \u2019n uitlaatklep; dis \u2019n katarsis wat lei tot suiwering en helderheid. Maar \u2018n kunswerk kan ook \u2019n raamwerk wees waarbinne ons diepste vrese, pyn en vreugde vasgevang kan word. Vanjaar se uitstalling wil een en almal help verstaan hoe betekenisvol emosies kan wees, hoe dit ons lewens raak \u2013 want soms is dit abstrak, en is woorde net nie genoeg nie.\u201d\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ses groepuitstallings word by di\u00e9 aanbod ingesluit: <strong><em>Emotion (Emosie)<\/em>, <\/strong>saamgestel deur ABSA met Dr. Paul Bayliss as kurator, <strong><em>Feeling Things<\/em><\/strong>, saamgestel deur Donavan Mynhardt (van die Rust-en-Vrede Galery), <strong><em>Paint. Verf.<\/em><\/strong>, saamgestel deur Johan Myburg (wenner van die 2020 Hertzogprys), <strong><em>If you think about it, just midding in the meantine or progression<\/em><\/strong>, saamgestel deur Fadzai Muchemwa (aangewys as kurator vir Zimbabwe se Pavilion vir die 59ste Venice Biennale wat in 2022 plaasvind), <strong><em>Something Pauses<\/em><\/strong>, saamgestel deur Christa Swart (van die Glen Carlou Galery) en <strong><em>Amplifica: A Medley of Moods in Miniature<\/em><\/strong>, deur Van der Walt self saamgestel.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Van der Walt vorm 83 kunstenaars deel van die KKNK 2021 Virtuele Kunsgalery, ondersteun deur ABSA, met 245 kunswerke wat uitgestal word. \u201cKunsliefhebbers kan veral uitsien na die werke van Paul Shiakallis, Anthea Pokroy, Vusi Beauchamp, Ella Cronj\u00e9, Lillian Magodi, Erica L\u00fcttich, Sophia van Wyk, Senzo Shabangu, Alexia Vogel, Jayne Crawshay-Hall, Admire Kamudzengerere, Pauline Gutter, Bastiaan van Stenis, Andr\u00e9 Naude en Franklyn Dzingai.\u201d\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u00a0Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK, s\u00ea die Virtuele Kunsgalery is oop vir verkope tot 29 Augustus en verkope vind plaas deur die KKNK se splinternuwe e-winkel by kknk.co.za. \u201cOns is trots daarop om vir die tweede jaar \u2019n geleentheid vir kunsliefhebbers te skep om van regoor die w\u00eareld en in die gemak van hul eie huis die fees se visuele kunsuitstalling te beleef,\u201d s\u00ea hy.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Theart meen verder dat die galery \u2019n lekker en gebruikersvriendelike ervaring is, waardeur besoekers kan \u201cstap\u201d en ook na stemopnames deur kunstenaars en kurators kan luister, om sodoende verskeie sintuie te stimuleer. \u201cUitstallings is vanjaar s\u00f3 saamgestel dat kunswerke uiters bekostigbaar is, met werke wat begin by R500. Hierdie inisiatief skep \u2019n belangrike platform vir visuele kunstenaars om hulle werk ten toon te stel en te verkoop en sodoende \u2019n inkomste te genereer.\u201d\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Skakel op Dinsdag, 29 Junie vanaf 18:30 in op die KKNK se webblad by<a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\"> www.kknk.co.za<\/a> om die bekendstelling by te woon.\u00a0<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se Virtuele Kunsgalery, ondersteun deur ABSA, open op 29 Junie vir die tweede keer sy \u201cdeure\u201d.\u00a0<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241142,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[30,31],"tags":[],"class_list":["post-18649","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-media","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18649","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=18649"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18649\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241143,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18649\/revisions\/241143"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241142"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=18649"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=18649"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=18649"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}