{"id":21002,"date":"2021-07-09T17:10:31","date_gmt":"2021-07-09T15:10:31","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=21002"},"modified":"2023-11-10T12:40:27","modified_gmt":"2023-11-10T10:40:27","slug":"multi-bekroonde-samsa-masjien-op-film-verewig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/multi-bekroonde-samsa-masjien-op-film-verewig\/","title":{"rendered":"Multi-bekroonde Samsa-masjien op film verewig"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Willem Anker en Jaco Bouwer se <em>Samsa-masjien<\/em> is \u201cterug op die planke\u201d en teaterliefhebbers kan nou eksklusief di\u00e9 multi-bekroonde produksie as verfilmde drama geniet as deel van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se aanlyn fees in 2021.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sedert di\u00e9 produksie in 2012 by die KKNK gedebuteer het, het dit skoonskip gemaak by verskeie toekenningsgeleenthede. Nie net het <em>Samsa-masjien<\/em> vier KKNK Kanna-pryse (uit ses nominasies) in 2012 ontvang nie, dit was ook die groot wenner by die Fleur du Cap-pryse in 2015.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gerben Kamper is bekroon met die Fleur du Cap- en Kanna-pryse as beste akteur en Bouwer met die Fleur du Cap- en Kanna-pryse as beste regisseur, asook die Fleur du Cap vir beste stelontwerp. Pierre-Henri Wicomb het die Fleur du Cap vir beste klankontwerp ontvang, terwyl Anker met die Fleur du Cap vir beste Suid-Afrikaanse teks bekroon is (die teks was ook die ATKV Woordveertjie-wenner vir beste dramateks in 2012). Antoinette Kellermann is bekroon met die Kanna vir beste aktrise en <em>Samsa-masjien<\/em> ontvang die\u00a0KKNK se Herrie-prys vir Kopverskuiwende werk.\u00a0 \u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gregor Samsa (Kamper) en sy vrou (Kellermann) woon op hul oudag by hul dogter (Ilana Cilliers) en haar man (Ludwig Binge). Gregor ervaar \u2019n stelselmatige insek-wording, wat deur sielkundiges, psigiaters en dokters toegeskryf word aan die ouditiewe en taktiele hallusinasies van dementia-lyers. Oral waar hy kyk, sien hy insekte en voel hulle op hom loop. Sy dogter, \u2019n kopieskrywer, kleur di\u00e9 verhaal verder in met vertellings aan haar terapeut.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bouwer is in 2014 met die Kunste Onbeperk-prys vir Vernuwende Denke vereer. Hy beeld Gregor se insekwording meesterlik met behulp van klank, ritme en musiek uit. <em>Samsa-masjien<\/em> tree in gesprek met Franz Kafka se <em>Die Verwandlung<\/em>. Die verhaal speel op drie plekke op \u2019n dubbelverdieping stel af, in ruimtes wat doelbewus gekies is. \u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Samsa-masjien<\/em> is tydens sy eerste speelvak deur die media as \u201c \u2019n aanslag op die sintuie\u201d beskryf. \u201cVreemd is die w\u00eareld en des te meer as jy die gedugte dramaturg Willem Anker en die regisseur Jaco Bouwer saam beleef,\u201d skryf Laetitia Pople in <em>Die Burger<\/em>. \u201cAlles in Anker se toneelstuk <em>Samsa-masjien<\/em> werk vervreemdend, dit is \u2019n totale aanslag op die sinne&#8230; Bouwer se visuele voorstelling is trefseker.\u201d\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Diane de Beer in <em>Argus Tonight<\/em> skryf: \u201cAs radikale, baanbreker-teater moet <em>Samsa-masjien<\/em> eenvoudig gesien word. Hierdie uitspattige en buitengewone produksie is \u2019n aanslag op die sintuie, terwyl dit jou sienswyse binnedring en verbreed.\u201d Bibbi Slippers stem saam: \u201cWeet maar net dit is nie bloot \u2019n stuk teater nie \u2013 dit is werklik \u2019n ervaring en \u2019n aanslag op jou sintuie en jou <em>sanity<\/em>\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Kaartjie vir die aanlyn weergawe van <em>Samsa-masjien<\/em>, beskikbaar van Donderdag 8 Julie tot Sondag 1 Augustus, kos R150 met 10% afslag aan ATKV- en Kliek-lede. Kaartjies is by Quicket beskikbaar, by <a href=\"https:\/\/scanmail.trustwave.com\/?c=20371&amp;d=-5Lk4C5u42-I4LEPlCZS7ulHNdrYnqAKoXUeszko_Q&amp;u=https:\/\/qkt.io\/Samsa-masjien\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">https:\/\/qkt.io\/Samsa-masjien<\/a>. <em>Samsa-masjien<\/em> het \u2019n ouderdomsbeperking van 18 jaar, weens tonele met seks, naaktheid en sterk taalgebruik.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teaterliefhebbers kan ook steeds vir \u2019n beperkte tyd <em>Die Naaimasjien<\/em> met Sandra Prinsloo aanlyn geniet.\u00a0 Kaartjies is ook teen R150 by Quicket beskikbaar, by <a href=\"https:\/\/scanmail.trustwave.com\/?c=20371&amp;d=4KTm4JVekrbzI2zgQRgePIAejzeoEczcDfAsBH1VFA&amp;u=https:\/\/qkt.io\/Naaimasjien\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">https:\/\/qkt.io\/Naaimasjien<\/a>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En as jy dit gemis het, die geliefde Kw\u00eala-aanbieder Hannes van Wyk se eenmanvertoning <em>S\u00ea groete vir Ma<\/em> is ook binnekort aanlyn te sien as deel van die KKNK se virtuele teaterprogram. Hou die KKNK se sosiale mediaplatforms en webblad dop vir meer inligting.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK word ondersteun deur Absa, Media24 en die Het Jan Marais Nationale Fonds.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Willem Anker en Jaco Bouwer se Samsa-masjien is \u201cterug op die planke\u201d en teaterliefhebbers kan nou eksklusief di\u00e9 multi-bekroonde produksie as verfilmde drama geniet as deel van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se aanlyn fees in 2021.\u00a0<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241129,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-21002","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21002","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=21002"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21002\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241130,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21002\/revisions\/241130"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241129"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=21002"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=21002"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=21002"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}