{"id":21137,"date":"2021-07-14T09:24:05","date_gmt":"2021-07-14T07:24:05","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=21137"},"modified":"2023-11-10T12:40:04","modified_gmt":"2023-11-10T10:40:04","slug":"hannes-van-wyk-se-eenmanvertoning-terug-op-die-planke","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/media\/hannes-van-wyk-se-eenmanvertoning-terug-op-die-planke\/","title":{"rendered":"Hannes van Wyk se eenmanvertoning \u201cTerug op die Planke\u201d"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Teaterliefhebbers kan in Julie uitsien na \u2019n derde drama wat as deel van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se aanlyn fees in 2021 \u201cterug op die planke\u201d is.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die immergewilde akteur en Kw\u00eala-aanbieder Hannes van Wyk se eenmanvertoning<br><strong><em>S\u00ea groete vir Ma<\/em><\/strong>, moontlik gemaak deur Spar, kan ook nou in die gemak van kykers se eie sitkamers geniet word. Van Wyk vertolk in di\u00e9 verfilmde drama die rol van Reghardt Roberts van Aswegen wie se hele lewe en menswees draai om sy ma.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><p>Desir\u00e9 Gardner het die teks geskryf en Sandra Prinsloo behartig die regie van die drama waar lag en trane baie na aan mekaar l\u00ea. Die band tussen \u2019n ma en haar kind, hul lewensreis saam, die pyn en die onvermydelikheid van oudword en hoe ons soms ons grootste foute kan verdedig, omdat dit uit liefde gedoen is, word hierin verken.\u00a0<\/p> <p><strong><em>S\u00ea groete vir Ma<\/em><\/strong> vertel die storie van Reghardt se vormingsjare (\u2019n sensitiewe kind wat op \u2019n plaas moet grootword en die dinge van \u201cman wees\u201d en \u201cman word\u201d gou moet kop), sy pa, sy nie-so-slim broer Dewaldt en sy veerpoothoender, Knoop, wat hom van die dood en die pyn en vernedering van tiener-wees geleer het.<\/p><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die stuk word beskryf as \u2019n knop-in-die-keel-, tong-in-die-kies-kykie na die dinge waarmee die meeste mense hulle kan vereenselwig, en uiteindelik die een ding wat ons almal bind: die tik-tok van die horlosie wat niemand die aardigheid van oudword (en siekte) spaar nie. Dit is \u2019n storie vir elke lid van die gesin.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gerekende teaterresensent Paul Boekkooi beskryf die stuk as \u2019n menslike drama wat gehore van die eerste tot die laaste toneel vasvang. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kaartjies vir <strong><em>S\u00ea groete vir Ma<\/em> <\/strong>kos R150 met 10% afslag aan ATKV- en Kliek-lede. Dis beskikbaar in die KKNK se virtuele teater by kknk.co.za van Donderdag 15 Julie tot Sondag 15 Augustus. Koop jou kaartjie by Quicket (<a href=\"https:\/\/qkt.io\/SegroetevirMa\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">https:\/\/qkt.io\/SegroetevirMa<\/a>). Die produksie is geskik vir die hele gesin, maar ouerbegeleiding word aanbeveel.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK word ondersteun deur&nbsp; Absa (hoofborg) en&nbsp; Media24 (stigtersborg) en met verdere ondersteuning deur die Het Jan Marais Nationale Fonds, die Oudtshoorn Munispaliteit, BASA, DCAS, RSG, VIA en Netwerk24.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Teaterliefhebbers kan in Julie uitsien na \u2019n derde drama wat as deel van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se aanlyn fees in 2021 \u201cterug op die planke\u201d is.\u00a0<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241126,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[30],"tags":[],"class_list":["post-21137","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-media"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21137","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=21137"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21137\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241128,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21137\/revisions\/241128"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241126"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=21137"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=21137"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=21137"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}