{"id":238843,"date":"2023-03-17T14:14:17","date_gmt":"2023-03-17T14:14:17","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=238843"},"modified":"2023-11-10T12:29:04","modified_gmt":"2023-11-10T10:29:04","slug":"oudtshoorn-stories-vir-tweede-jaar-in-die-kollig-by-kknk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/oudtshoorn-stories-vir-tweede-jaar-in-die-kollig-by-kknk\/","title":{"rendered":"Oudtshoorn-stories vir tweede jaar in die kollig by KKNK"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie projek, gestig in 2021, vertel stories deur publieke deelname op die voorgrond te stel, met insette van plaaslike visuele kunstenaars, digters, skrywers, kunstenaars, inheemse kennishouers, musikante, navorsers, leerders, opvoeders en aktiviste. \u2019n Multidissiplin\u00eare kunsprogram word uit kreatiewe navorsing wat hieruit na vore gekom het, op Oudtshoorn vir die KKNK saamgestel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Karoo Kaart<\/em><em>e<\/em> werk om die ooreenkomste tussen persoonlike stories en plek te onthul en die projek se naam verwys na hierdie kruisings deur te sinspeel op die dubbele betekenis van kaarte in die Oudtshoorn-konteks. In die plaaslike volkstaal verwys \u201com kaarte te sny\u201d na kuier en die vertel van stories \u2013 beide ernstig en lighartig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Elkeen van die programme binne <em>Karoo Kaarte.<\/em> is ontwerp om leer- en groeiruimtes en geleenthede te bied vir die deelnemers om hul vaardighede, talente, vermo\u00ebns en belangstellings te ontwikkel. <em>Karoo Kaarte.<\/em> streef daarna om platforms te skep wat plaaslike talent na vore bring en die nasionale kollig uitbrei om kunstenaars uit die plaaslike gemeenskappe te oorweeg, wat nie voorheen noodwendig die geval was nie. Die projek is \u2019n deurlopende samewerking wat deur die visuele kunstenaar Vaughn Sadie en die teatermaker Neil Coppen gefasiliteer en deur die KKNK aangebied word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Verlede jaar se <em>Karoo Kaarte.<\/em>-program is met groot lof ontvang, met <em>Karoo Kaarte.<\/em> se debuut-teaterproduksie, <em>Op hierie dag<\/em>, wat vir sewe Kanna-pryse benoem is. Oudtshoorn-akteur Mirinda Ntantiso is bekroon as beste nuweling vir haar rol hierin. Die projekspan is ook bekroon met die gesogte Herrie-prys vir baanbrekersbydrae tot die fees tydens die Kannas in 2022.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vanjaar fokus <em>Karoo Kaarte.<\/em> daarop om stories wat verband hou met ervarings uit kinderjare en verlore openbare ruimtes na vore te bring. Aktiwiteite word by drie lokale aangebied, wat verband hou met die projek se navorsing. Een van 2023 se hoogtepunte, is die debuut van <strong><em>Droomkraan Kronieke<\/em><\/strong>, waar die span met teater-towenaars Craig Leo (<em>War Horse<\/em>) en Carlo Daniels (wenner van die 2022 Kanna-prys vir beste byspeler in <em>Ek, Anna van Wyk<\/em>).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die span is ook in proses om \u2019n <strong>ge\u00efllustreerde kinderboek<\/strong>, <em>Spekskiet &amp; Tande tel<\/em> te publiseer. Di\u00e9 boek bevat kinderverhale wat deur \u2019n reeks Oudtshoorn-inwoners vertel word. N\u00f3g \u2019n opwindende ontwikkeling wat by vanjaar se KKNK bekendgestel word, is die <em>Karoo Kaarte.<\/em>&#8211;<strong>app<\/strong>. Dit stel feesgangers in staat om hul selfone te gebruik en selfbegeleide toere deur Oudtshoorn te neem. Verskeie humoristiese en roerende stories oor plekke en besienswaardighede in die dorp, word aan deelnemers vertel, deur \u2019n diverse reeks van plaaslike inwoners en storievertellers.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Karoo Kaarte.<\/em> se hoofkunsuitstalling, getiteld <strong><em>Qokolela<\/em><\/strong>, is by die Prince Vintcent-gebou te sien. In 2023 het <em>Karoo Kaarte.<\/em>-navorsers meer as 100 onderhoude ingesamel wat baie interessante stories oor kinderjare, plaaslike mites en verlore ruimtes van Oudtshoorn onthul het. Die woord \u201cqokolela\u201d is isiXhosa vir \u201cversameling\u201d of \u201csaamstel\u201d en hierdie uitstalling illustreer \u2019n versameling van die opwindendste visuele reaksies op die navorsing deur die visuele kunsspan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vanjaar is <em>Karoo Kaarte.<\/em> opgewonde om in die <em>Karoo Kaarte.<\/em>-projekspasie te wees (gele\u00eb in die Ou Xenia-gebou op die hoek van Baron van Reede- en Kerkstraat) waar verskeie daaglikse programme aangebied word, waaronder optredes, kuier, musiekgeleenthede, gesprekke, werksessies, bekendstellings en kulturele netwerkgeleenthede.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Karoo Kaarte.<\/em> word moontlik gemaak deur die ATKV, Het Jan Marais Nationale Fonds, Nasionale departement van sport, kuns en kultuur (Mzanzi Golden Economy), die Wes-Kaapse regering se departement van kultuursake en sport, die Oudtshoorn Munisipaliteit, Son en die navorsingsprojek word ondersteun deur Pro Helvetia. Die KKNK word geborg deur Absa.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Moenie <em>Karoo Kaarte.<\/em> se programinhoud by die KKNK op Oudtshoorn misloop nie. Die volledige feesprogram is beskikbaar by <u>kknk.co.za<\/u>. Kaartjies vir <em>Droomkraan Kronieke<\/em> is aanlyn beskikbaar by Webtickets of jou naaste Pick n Pay, die res van die aktiwiteite is gratis vir die publiek om te ervaar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir meer inligting, kontak die KKNK per e-pos by <a href=\"mailto:info@kknk.co.za\">info@kknk.co.za<\/a>, telefonies by 044&nbsp;203 8600 of stuur \u2019n WhatsApp na 065&nbsp;285 2337.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Foto&#8217;s: Ryan Dammert<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Karoo Kaarte, die KKNK se bekroonde gemeenskapsprojek, vier vanjaar vir die tweede keer die ryk kulturele erfenis van Oudtshoorn en verskuif plaaslike stories na die kern van die fees se verho\u00eb.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241103,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-238843","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/238843","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=238843"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/238843\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241104,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/238843\/revisions\/241104"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241103"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=238843"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=238843"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=238843"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}