{"id":239010,"date":"2023-03-27T08:38:27","date_gmt":"2023-03-27T08:38:27","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239010"},"modified":"2023-11-10T12:28:10","modified_gmt":"2023-11-10T10:28:10","slug":"ontmoet-die-feeskunstenaar-liza-grobler","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/ontmoet-die-feeskunstenaar-liza-grobler\/","title":{"rendered":"Ontmoet die feeskunstenaar: Liza Grobler"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><br>Vandat sy \u2019n kryt kon vashou, het Liza Grobler geskep. Haar pad met kuns het in die noordelike voorstede van Kaapstad begin, \u2019n draai as kind in Amerika en Europa gemaak en uiteindelik tot \u2019n meestersgraad in die skone kunste gelei, wat sy met lof aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar was residensies in Noorwe\u00eb, Finland, Amerika, Mexiko, Switserland, Belgi\u00eb en Frankryk met haar werk wat in verskeie korporatiewe en private versamelings w\u00eareldwyd opgeneem is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vanjaar is sy die KKNK se Feeskunstenaar met die uitstalling <em>Inkommers, laatkommers en laatlammers<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMy pa, Sias, was \u2019n wetenskaplike en my ma, Annatjie, was \u2019n musiekonderwyseres,\u201d vertel Liza. \u201cEk was vier jaar oud toe my pa in Amerika gaan werk het en ons vir nege maande daar gewoon het. Ons was ook vir drie maande in Europa. Die dinge wat ek in daardie tyd gesien het, was baie anders as wat ek gewoond was. Net so iets eenvoudig soos hoe jy \u2019n paleis teken wanneer jy op laerskool is in vergelyking met die paleise wat ek in Europa gesien het. Dit het \u2019n blywende indruk op my gemaak.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As jong tiener het sy klas geneem by Johan Crous en op ho\u00ebrskool het sy nie net kuns en musiek as vakke gehad nie, maar ook ontwerp buitemuurs geneem. \u201cEk het baie gelees ook. Dit was in die laat 1980\u2019s met Vo\u00eblvry en dinge wat losser geraak het. Wat vir my interessant was, was hoe liter\u00ear \u00e9n visueel \u2019n taal kan wees. Ek glo hoe jy dink het baie te doen met jou verhouding met jou moedertaal.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy het aanvanklik grafiese ontwerp studeer, maar in haar tweede jaar het sy oorgeslaan na skone kunste met Afrikaans-Nederlands as een van haar vakke. \u201cMy werk is \u2019n spel tussen taal, kuns en musiek.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Besoek in die winter jare gelede aan \u2019n k\u00earel in Kimberley het nog \u2019n kunstige ambag by haar arsenaal gevoeg: hekel. \u201cKontekstuele tekstuur in my werk is belangrik, dat dinge in lae gevorm moet word. Alles is \u2019n dialoog, hoe dit saamgebind word om \u2019n eenheid te vorm.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir Liza is om te skep \u201c \u2019n bietjie van \u2019n verslawing\u201d, antwoord sy op die vraag hoekom sommige mense dit regkry om heeltydse kunstenaars te wees en ander nie. \u201cOm aan te gaan, moet jy die kompulsie h\u00ea. Ek het ook heeltyds gewerk en ander dinge gedoen, maar deursettingsvermo\u00eb en obsessie het op die ou end gewen. Daar was tye toe ek jonger was wat ek amper glad nie geslaap het nie. Jy moet hard werk aan jou ambag. As ek nie skep nie, is ek van balans af. Dit is hoe ek sin maak uit die lewe.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy is in \u2019n beter posisie as tien jaar gelede, erken sy. \u201cMy seun, Storm, is \u2019n tiener en ek is gevestig. Ons skuif na die Klein Karoo het ook op die regte tyd gekom.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir Liza en haar gesin het die legkaartstukkies die laaste paar jaar op \u2019n bykans magiese manier in plek geval. Sy en haar man, die kunstenaar Norman O\u2019Flynn, en Storm het vir lank in \u2019n skakelhuis in Woodstock, Kaapstad, gewoon. Met die pandemie kon sy<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">en Norman nie soos gewoonlik in hulle ateljees gewerk het nie en die ruimte by die huis het knap geraak. Sy het vroe\u00ebr \u2019n rolprent oor die Groot Karoo gemaak en wou een oor die volstruispaleise in Oudtshoorn maak. Die strande was toe en die gesin het besluit om eerder Klein Karoo toe te gaan met vakansie. Neem al hierdie elemente en die uiteinde is die gesin wat twee jaar gelede Woodstock vir Oudtshoorn verruil het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns woon in die hart van die dorp. Hier is goeie skole en infrastruktuur. Ons is \u2019n uur van die see, \u2019n uur van berge, \u2019n uur van die waterval. Die dramatiese seisoene is mooi om dop te hou en my werk het meer op die landskap begin fokus. Dis asof ek hier die horison kan s\u00ed\u00e9n. My eie ruimte het oopgemaak omdat die lug so groot is en dit het alles \u2019n impak op en verskuiwing in my werk veroorsaak.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir haar uitstalling <em>Inkommers, laatkommers en laatlammers<\/em> werk sy nie net saam met die hekelaars van ReWOLusie nie, maar ook die krale-kunstenaars van Qaqambile Bead Studio en die span van die <em>Karoo Kaarte.<\/em>-projek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk hoop besoekers aan die uitstalling sien dit as \u2019n ontdekkingsreis. Hulle moet nie ge\u00efntimideer wees nie. Dis baie speels en daar is beslis oomblikke en elemente waarmee elkeen sal kan identifiseer. So die antwoord op die vraag: Wie mag die ruimte van <em>Inkommers, laatkommers en laatlammers<\/em> betree? Almal!\u201d<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vandat sy \u2019n kryt kon vashou, het Liza Grobler geskep. Haar pad met kuns het in die noordelike voorstede van Kaapstad begin, \u2019n draai as kind in Amerika en Europa gemaak en uiteindelik tot \u2019n meestersgraad in die skone kunste gelei, wat sy met lof aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241101,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-239010","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239010","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239010"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239010\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241102,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239010\/revisions\/241102"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241101"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239010"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239010"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239010"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}