{"id":239018,"date":"2023-03-27T08:42:18","date_gmt":"2023-03-27T08:42:18","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239018"},"modified":"2023-11-10T12:26:54","modified_gmt":"2023-11-10T10:26:54","slug":"ervaar-africanacity-by-vanjaar-se-kknk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/ervaar-africanacity-by-vanjaar-se-kknk\/","title":{"rendered":"Ervaar Africanacity by vanjaar se KKNK"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns dink in alles wat ons doen altyd aan hulle ervaring en die KKNK is \u2019n ideale platform om ons <strong><em>Africanacity<\/em><\/strong> ten toon te stel. Ons is trots daarop om deur die fees weer eens tot die ontwikkeling van plaaslike en internasionale talent by te dra,\u201d s\u00ea John Tshabalala, Absa hoof van die privaat bankwese-segment.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die 27ste KKNK word van Saterdag 1 tot Sondag 9 April op Oudtshoorn aangebied, met Absa as trotse hoofborg van di\u00e9 fees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Absa het vanjaar tydens die KKNK se programbekendstelling aangekondig dat hulle hul KKNK-borgskap met \u2019n verdere drie jaar verleng en Tshabalala s\u00ea di\u00e9 verlenging van Absa se vennootskap stel hulle in staat om \u2019n betekenisvolle impak in die Oudtshoorn-gemeenskap \u00e9n die kunstebedryf in sy geheel te maak. Absa is reeds 21 jaar as borg by die KKNK betrokke.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMet die ontsaglike geleenthede wat kunsfeeste vir Suid-Afrika se ekonomiese ontwikkeling inhou, poog Absa steeds om inklusiewe groei in die kunste-omgewing moontlik te maak. Die KKNK is meer as net \u2019n borgskap vir Absa, dit is ook \u2019n geleentheid en gee ons \u2019n platform om opwindende en buitengewone aktiwiteite aan ons kli\u00ebnte en die bre\u00ebr gemeenskap te bied.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Feesgangers kan vanjaar saam met Absa kuier in die <strong>Absa Kuierkamer<\/strong> wat \u2019n nuwe tuiste in die Feesmark vind. Hier word verskeie aktiwiteite gehuisves met iets vir elke smaak. Besoekers kan hier kom ontspan en \u2019n blaaskans neem van die feesbedrywighede, terwyl hulle die eet- en drinkgoed wat te koop is geniet. Gaste in di\u00e9 lugverkoelde ruimte het ook toegang tot gratis Wi-Fi en selfoonlaaistasies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die immergewilde <strong>Hannes van Wyk<\/strong> gesels van 5 tot 9 April om 11:00 hier met verskeie kunstenaars wat by die KKNK te sien is. Jy kan hulle beter leer ken, uitvind oor projekte waaraan hulle werk, wat hulle kreatiwiteit inspireer en ook meer oor hulle toekomsplanne in die bedryf hoor.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar word beweer dat \u201cbrei die nuwe joga is\u201d en feesgangers kan by die <strong>Hekelhoekie<\/strong> in die Absa Kuierkamer aansluit, waar hulle saam met die <em>Oudtshoorn ReWOLusie<\/em>-span werk om \u2019n paar naalde in die hande te kry en te brei dat dit klap. Alle items wat tydens die fees geskep word sal geskenk word aan 67 Blankets for Nelson Mandela Day.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Opwip-<strong>kunsuitstallings<\/strong> is tydens die fees by die Absa-tak in Hoogstraat en in die Prince Vintcent-gebou te sien. Kunswerke deur jong inspirerende kunstenaars van regoor Afrika word ingesluit, saam met \u2019n keur van kunswerke uit Absa se korporatiewe kunsversameling wat selde te sien is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Abongile Sidzumo, die Absa L\u2019Atelier Gerard Sekoto-wenner van 2021, voltooi twee kunswerke by die fees terwyl feesgangers toekyk. Hierdie werke vorm deel van die raam-werksessies wat aan skoliere aangebied word. Professionele ramers is genooi om die werksessies aan te bied en twee leerders, met hul nuwe raamvaardighede, word gekies om Sidzumo se werk onder die waaksame oog van die ramers te raam. Di\u00e9 werke word daarna opgeveil, ten bate van die raam-werksessie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Absa se <strong>Voertuig- en Batefinansiering<\/strong>-span het met die plaaslike motorhandelaars van Nissan en Klein Karoo Toyota saamgewerk om hul voertuie tydens te fees uit te stal en John Deere stal ook verskeie van hulle trekkers hier uit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tydens die eerste KKNK Jeugkunstefees, bied Absa <strong>sessies vir die jeug<\/strong> aan, gefokus op finansi\u00eble opvoeding en werksgereedheid. Di\u00e9 finansi\u00eble sessies sluit sleutelonderwerpe in soos begroting en hoe om krediet verstandig te gebruik, as deel van Absa se <em>ReadytoWork<\/em>-program. Erkenning word ook gegee aan onderwysers wat die Jeugkunstefees bywoon, met \u2019n <strong>spesiale middagete<\/strong> waar die werk van die uiters waardevolle opvoeders, erken en vereer word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Aantal kunswerke is sedert 2018 deur die hart van Oudtshoorn versprei, as deel van Absa se <strong>Maakit Mooi<\/strong>-projek, om di\u00e9 dorp se status as tuiste van die kunste in Suid-Afrika te vier.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cVerskeie Absa-<strong>bankdiensfasiliteite<\/strong> is tydens die fees beskikbaar, wat bystand bied in die vorm van die bank-op-wiele, strategies geplaas in die feesarea, asook verskeie gerieflike betaal-oplossings wat gebruik word. En indien daar enige navrae is, staan die toegewyde Absa-personeel ook gereed om enigiemand te help,\u201d sluit Tshabalala af.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die program vir die 27ste KKNK is beskikbaar by <u>kknk.co.za<\/u> en kaartjies kan aanlyn by Webtickets of jou naaste Pick n Pay gekoop word.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verskeie geleenthede word by vanjaar se KKNK geskep waar Absa by hulle kli\u00ebnte en die gemeenskap betrokke raak in \u2019n omgewing waaroor hulle passievol is.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241099,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-239018","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239018","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239018"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239018\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241100,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239018\/revisions\/241100"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241099"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239018"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239018"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239018"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}