{"id":239205,"date":"2023-03-29T09:26:04","date_gmt":"2023-03-29T09:26:04","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239205"},"modified":"2023-11-10T12:26:10","modified_gmt":"2023-11-10T10:26:10","slug":"early-b-kruispuntprys","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/early-b-kruispuntprys\/","title":{"rendered":"Early B: Kruispuntprys"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Wat beteken die Kruispuntprys vir jou? <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis iets regtig spesiaal vir my. Oudtshoorn \u00e9n die KKNK is spesifiek spesiaal vir my omdat hierdie \u2019n fees is waarby ek altyd wou optree toe ek jonger was. Ek het soveel groei as \u2019n kunstenaar by hierdie fees ervaar en ek is dankbaar dat dit raakgesien word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Wat is die duurste les wat jy tot dusver in jou loopbaan geleer het? <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Niks gebeur oornag nie. Jy kan nie opgee nie. Jy mag miskien vandag \u2019n droom h\u00ea en vir \u2019n tyd daaraan werk, maar dit kan eers jare later waar word. Moet nie dink dat jou tyd en werk verniet is nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>By wie het jy die beste raad gekry? <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Definitief by my ouers. My ma het ges\u00ea en s\u00ea nog altyd dat ek net myself moet wees. En veral as ek hierdie loopbaan wil aanpak, moet ek nie eers daaraan dink om soos iemand anders te wees nie. My pa se woorde is altyd: \u201cVat die volgende persoon se lewe soos \u2019n spie\u00ebl. Waar daardie persoon verkeerd trap, trap jy reg. En waar die persoon reg trap, trap jy beter.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Hoe sien jy die toekoms van jou loopbaan? <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek vertrou die Here dat my planne in lyn is met syne. En waar ek kortkom, vul Hy aan. So ek weet daar gaan goeie vrugte kom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Was daar \u2019n oomblik waar jy besef het: Ek dink ek het dit gemaak? <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek voel ek het die doelpunt bereik wat ek in die oog gehad het. Maar met elke mylpaal stel ek die volgende mylpaal \u2019n bietjie verder. Ek voel ek het wel \u2019n hele paar doelwitte bereik, maar daar is soveel meer om na uit te sien en voor te werk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Sien jy jouself as \u2019n mentor vir ander kunstenaars? <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek voel ek is die spie\u00ebl vir die volgende persoon. \u2019n Mentor is \u2019n groot woord en moet ten alle tye beskikbaar wees vir die volgende persoon. Omdat ek ook nog leer en ook nog groei, voel ek dat dit onregverdig is om myself \u2019n mentor te noem. \u2019n Voorbeeld, ja. Ek is baie openlik met my ervaringe en dit is iets wat ander kunstenaars kan gebruik as \u2019n spie\u00ebl om of beter te trap of reg te trap.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Wat sal jy graag as jou grootste bydrae tot die musiekbedryf wou sien? <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Eerstens om die up-and-coming kunstenaars te oortuig dat dit moontlik is om eg te wees en ongewone maniere te gebruik om jou musiek uit te kry na die skare. Met al die tegnologie wat ons vandag het, sou ek meer kunstenaars wou sien wat kanse vat om dit te gebruik om nuwe vorms van hul kuns uit te bring. Ek voel die blueprint van die begin en groei van my loopbaan het ek vir die publiek neergel\u00ea. Dieselfde beginsels kan nou soveel beter gebruik word omdat daar soveel meer hulpbronne is. So op die einde van die dag sou ek s\u00ea dat ek graag die denke van kunstenaars wil sien uitbrei. En ek wil \u2019n hand daarin h\u00ea. Die kuns van musiek is te mooi om nie verandering en groei te bring nie. Maar meeste voel ek \u2019n groot deel van my bydrae was om te wys dat dit r\u00earig moontlik is om dit kommersieel te maak, veral vir diegene wat uit plekke kom waarvandaan ek is \u2013 Bloemendal.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Was daar al tye wat jy reg was om op te gee? Wat laat jou vasbyt? <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ergste tyd was toe die duo Agemi en Earl split. Ek het gevoel dis dalk die einde van my loopbaan, want almal het my net as \u2019n groep ervaar en ek was nie seker of ek as \u2019n solokunstenaar aanvaar sou word nie. Maar die ondersteuning van my familie, \u2019n paar vriende en my groot liefde vir musiek het my aangemoedig om die uitdaging aan te vat om \u2019n sololoopbaan te begin. Ek is ewig dankbaar daarvoor.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Wat uit jou kinderjare maak jou die man wat jy vandag is? <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Definitief die beginsels wat my ouers my geleer het. Wanneer dit deel is van wie jy is, kan jy nie anders nie. Ek het baie inspirerende goeie en slegte spie\u00ebls. Ek maak daagliks gebruik daarvan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Wat maak die KKNK spesiaal? <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die feit dat iemand jou waardeer maak enige persoon spesiaal voel. Die KKNK is een van die grootste Afrikaanse feeste in die land. Dit beteken mense kom van ver en wyd omdat hulle die kuns waardeer. En die feit dat dit vir mense \u2019n geleentheid gee om hul talente in hul eie taal voor te bring, is die mooiste gebaar. Ek is dankbaar vir die KKNK wat my jaar na jaar die geleentheid gee om \u2019n stukkie van my lewe te deel en boonop in my taal. Dit maak die KKNK meer as spesiaal vir my.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Wat wil jy graag hierdie jaar nog bereik? <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek wil baie graag \u2019n album uitreik wat mense meer positief aanraak. Ons as Suid-Afrikaners gaan deur ontsettend baie en ek wil net so bietjie lig kom versprei. Ek het ook \u2019n foundation waar ek help om kinders ho\u00ebrskool toe te stuur. Ek wil graag meer families daardeur help, want opvoeding is so belangrik vir my. Vir myself wil ek graag in elke oomblik lewe. Ek wil drag race, track race, nog \u2019n televisiereeks doen. En ek wil elke oomblik daarvan geniet, selfs die harde werk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Watter liriek uit een van jou liedjies beskryf jou die beste? <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis eintlik nie \u2019n liriek nie. Dis my tagline: \u201cVan die Dal af, meisie.\u201d Dit beskryf presies wie ek is. Ek verteenwoordig waarvandaan ek kom en ek sal altyd my beginsels en my beginplek onthou en probeer trots maak. Wanneer jy hoor iemand s\u00ea \u201cvan die Dal af, meisie\u201d, moet jy vir Early B en outjies soos Early B sien en dit moet jou laat glimlag.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis iets regtig spesiaal vir my. Oudtshoorn \u00e9n die KKNK is spesifiek spesiaal vir my omdat hierdie \u2019n fees is waarby ek altyd wou optree toe ek jonger was. Ek het soveel groei as \u2019n kunstenaar by hierdie fees ervaar en ek is dankbaar dat dit raakgesien word.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241095,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-239205","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239205","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239205"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239205\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241098,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239205\/revisions\/241098"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241095"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239205"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239205"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239205"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}