{"id":239216,"date":"2023-03-30T07:07:07","date_gmt":"2023-03-30T07:07:07","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239216"},"modified":"2023-11-10T12:25:04","modified_gmt":"2023-11-10T10:25:04","slug":"bettie-kemp-nou-te-sien-in-mirakel-by-kknk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/bettie-kemp-nou-te-sien-in-mirakel-by-kknk\/","title":{"rendered":"Bettie Kemp nou te sien in &#8220;Mirakel&#8221; by KKNK"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cBr\u00fcmilda van Rensburg, wat die rol van Salom\u00e9 in di\u00e9 produksie teenoor onder andere Dawid Minnaar sou speel, het ongelukkig haar arm gebreek en kan nie meer di\u00e9 rol vertolk nie. Die vertoning gaan voort en ons is besonders bevoorreg om die welbekende en geliefde aktrise en aanbieder, Bettie Kemp, tot die geselskap te verwelkom, wat nou di\u00e9 rol oorneem. Dit is belangrik dat Br\u00fcmilda se arm volkome herstel, maar sy is braaf en dit gaan reeds beter. Ons wens haar alle sterkte in die herstelproses toe.\u201d So s\u00ea Hugo Theart, artistieke direkteur en uitvoerende hoof van die KKNK.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kemp is \u2019n bekende en bekroonde aktrise, radio- en TV-aanbieder en regisseur van dramas en dokument\u00eare programme. Sy ontvang onder meer die kykNET Fi\u00ebsta vir beste vroulike byspeler vir haar vertolking in <em>Dood van \u2019n verkoopsman<\/em> in 2011.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Van Rensburg s\u00ea sy het geweldig daarna uitgesien om saam met al die akteurs en Basson aan hierdie produksie te werk. \u201cDit was \u2019n voorreg om saam met almal te werk. Weens die breek in my arm kan ek ongelukkig nie met die produksie voortgaan nie. Dit is vir my baie hartseer, want ek was opgewonde om weer op die verhoog te wees, maar moet nou eers herstel. Ek weet egter dat gehore soveel vreugde uit die produksie sal kry, as wat ek gehad het om daaraan te werk,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dawid Minnaar, vanjaar se KKNK-vereerde vir vertolking, Rolanda Marais, Edwin van der Walt, Carla Smith en Eben Genis is saam met Kemp op die verhoog te sien. <em>Mirakel<\/em> is tussen 1 en 8 April in die Johnny Bisschoff-saal op die planke. Kaartjies vir hierdie en ander produksies is aanlyn by Webtickets, of Pick n Pay beskikbaar. Die volledige KKNK-program is beskikbaar by <a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">www.kknk.co.za<\/a>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir meer inligting, kontak die KKNK per e-pos by <a href=\"mailto:info@kknk.co.za\">info@kknk.co.za<\/a>, telefonies by 044&nbsp;203 8600 of stuur \u2019n WhatsApp na 065&nbsp;285 2337.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Mirakel is \u2019n Feesteforum-produksie, vervaardig deur die KKNK en word moontlik gemaak deur NATi. <\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis 1938. Met die Depressie sukkel mense om te oorleef. \u2019n Teatergeselskap onder die leiding van die befaamde akteur Dante du Pr\u00e9 bevind hulle in \u2019n klein dorpie in die hoop om \u2019n bietjie verligting te bring met \u2019n opvoering en sodoende ook die baie le\u00eb geldkoffer weer \u2019n bietjie aan te vul. Maar een van die spelers, die jong Abel, kom oorspronklik van die dorp en is steeds getroud met die stinkryk en heelwat ouer, Anna. Maar sy liewe Lenie verwag nou sy kind. Dan daag Anna op met \u2019n mandjie vol kos en die verhongerde geselskap moet begin kies tussen oorlewing en verraad, idealisme en realiteit. Hierdie bittersoet komedie uit die pen van die magiese Reza de Wet is nog steeds net so vars en in gesprek met ons huidige realiteit n\u00e1 Covid-19 en \u2019n steeds tuimelende ekonomie.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die 27ste KKNK, geborg deur Absa, skop Saterdag 1 April op Oudtshoorn af. Een van di\u00e9 fees se vlagskipdramas is Reza de Wet se Mirakel, onder leiding van Marthinus Basson.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241093,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-239216","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239216","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239216"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239216\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241094,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239216\/revisions\/241094"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241093"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239216"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239216"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239216"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}