{"id":239221,"date":"2023-03-30T07:11:14","date_gmt":"2023-03-30T07:11:14","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239221"},"modified":"2023-11-10T12:23:56","modified_gmt":"2023-11-10T10:23:56","slug":"magdaleen-kruger-lewensbydrae-tot-kuns-en-kultuur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/magdaleen-kruger-lewensbydrae-tot-kuns-en-kultuur\/","title":{"rendered":"Magdaleen Kr\u00fcger: Lewensbydrae tot kuns en kultuur"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kinderjare<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het baie gelukkige, sorgvrye kinder- en skooldae gehad. Ek kon my belangstellings en passies by die skole in Vredendal uitleef soos by enige stadskool en het aan soveel moontlike skoolaktiwiteite deelgeneem. Dis waar jy die vaardighede leer vir vorentoe&nbsp;in&nbsp;die lewe, tot jou oudag. Vaardighede soos om jou woord goed te&nbsp;kan doen,&nbsp;te kan organiseer,&nbsp;oplossings vir probleme te kry, ander mense te help, leiding te neem\/gee,&nbsp;leer om te verloor, leer hoe om wen\/sukses te hanteer, leer om nie te beskimmeld te wees nie en so aan.&nbsp;Ons kry almal hierdie vaardighede in ons volwasse lewe nodig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Eerste herinnering van radio<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op skool voor televisie in Suid-Afrika beskikbaar was. Die Afrikaanse diens van daai tyd. Musiek, maar veral ook gesprekke en nuusgerigte inhoud. Dis waarvan ek gehou het. Geliefde programme wat by my opkom is <em>My vriend Ferdi<\/em> (Pierre Louw was die aanbieder as ek reg onthou), <em>U eie keuse<\/em>, <em>Siembamba<\/em>, verskeie hoorbeelde, profielprogramme en veral boek- en digprogramme deur die twee Nics \u2013 De Jager en Swanepoel. En&nbsp;<em>Monitor<\/em>.&nbsp;Ek het nie juis na gewone rondom-die-vuur-tipe-geselsprogramme geluister nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Jou gemaklikste stoel by RSG<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het begin as nuusskrywer en -verslaggewer, beweeg na nuusaktualiteit as inhoudskepper, toe regisseur, later redakteur en toe bietjie weg van nuus na meer algemene kultuurprogramme. Veral musiek (klassiek), sport, dokument\u00eare programme, taalprogramme en \u2019n kletsprogram met die naam <em>Rekenskap<\/em>. Trouens, dis hoekom ek na hierdie deel van uitsaai beweeg het \u2013 ek is gevra om so \u2019n program te begin. Dit was my kos: debatte, gesprekke, besprekings oor aktuele, politieke en soms filosofiese sake. Hierdie deel was die lekkerste van al die lekkertes van uitsaai. Maar toe word ek weggeraap na die burokrasie en bestuur van die stasie en ek moet met begrotings, strategiese planne, <em>mission\/vision<\/em> en <em>values<\/em>-dinge begin werk, asook uiteenlopende, kreatiewe kollegas hanteer en leiding gee. Dit was die minder lekker deel, maar tog ook so met die tyd deur waardevolle ervaring en suksesse vir RSG. So, die gemaklikste stoel is waar jy \u2019n klein verantwoordelikheid het. Net vir jouself verantwoordelik was, en dit is toe ek omroeper was. Maar die bevredigendste was waar ek groter\/wyer verantwoordelikheid moes neem, uitdagings moes te bowe kom en sukses mee behaal het, natuurlik met kollegas se ondersteuning en welwillendheid.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>RSG-hoogtepunte<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek was op die regte tyd by die regte werk. Heelwat nuusgebeure en draaipunte in nie net w\u00eareldgeskiedenis nie, maar ook in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Ek kon dit meemaak as nuusmens. Die vrylating van mnr. Mandela, die twee Kodesas, die eerste demokratiese verkiesing in \u201994, die val van die Berlynse Muur, die Midde-Oosterse oorlog, die Sokkerw\u00eareldbeker in SA, Marita Napier se besoek aan SA en optrede in <em>Turandot<\/em>. Daar is soveel ander. Daar bestaan eintlik nie iets soos laagtepunte in radio nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Gunsteling-onderhoud&nbsp;<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Onregverdige vraag, maar kom ek probeer onthou. Een van my gunsteling-gespreksprogramme was \u2019n <em>Rekenskap<\/em>-program met twee kleinseuns van Hendrik Verwoerd as gaste: Carel Boshoff jnr. en Wilhelm Verwoerd. Dit was amper \u2019n uur se gesprek oor politiek, die land, apartheid, die verlede, die toekoms. My vertrekpunt vir die gesprek was twee kleinseuns, met twee teenoorgestelde politieke en waarde-oordele, maar dieselfde oupa met die berugte\/beroemde van Verwoerd. Dit was seker een van die mees vervullende, beskaafde en ho\u00ebvlak-gesprekke wat ek meegemaak het, al het hulle verskillende standpunte gehad. Tot vandag toe bly daardie gesprek vir my \u2019n bloudruk vir beskaafde, robuuste, ingeligte en <em>gentleman\u2019s<\/em> gesprekke tussen mense wie se politieke en waarde-oordeel lynreg van mekaar verskil.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek was en is nie \u2019n gesels-omroeper\/onderhoudvoerder nie, so ek moenie onderhoude doen vir \u2019n program soos <em>Om die kampvuur<\/em> or <em>Land en sand<\/em> or <em>Oppiestoep <\/em>nie. Ek is te stroef daarvoor.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat kon maar gebly het? Daardie gesprekke of onderhoude waar jy n\u00e1 vyf minute op lug besef jy het die verkeerde gas(te) vir jou gesprek, ten spyte daarvan dat jy vooraf met hulle gepraat het en gedink het hulle is perfekte gaste. Dan dink jy: Ons is nou eers by vyf minute en uitgepraat en daar l\u00ea nog 45 minute van die program voor. Dis dan wanneer jou algemene kennis, jou voorbereiding, jou op-die-voete-dink, jou vernuf en kalmte van gees wat jy op skool al geleer het, jou uithelp vir die res van die program.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Magiese radio<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Klank, emosie, onmiddellikheid, gevoelvol, eenvoud, kameraadskap. Dit lig jou uit jou ellende, dit vertroos jou. Als op \u2019n <em>one-on-one<\/em> basis. Radio gaan saam met jou tot in jou verste geografiese en psigiese uithoeke.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Toekoms van radio, veral Afrikaanse radio<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die fokus is steeds klank, maar om op verskillende maniere daarna te luister met tradisionele radio steeds as een van die maniere. Die ander maniere is dinge soos podsendings, stroom, om inhoud af te laai, internet, selfoon. Interessant dat die meeste radioluisteraars steeds deur die tradisionele radiostel\/transistor luister. Baie min luister op internet, effe meer luister al oor selfoon. Die meeste tradisionele radioluisteraars val in die ouer ouderdomsgroep. In Suid-Afrika sal die openbare uitsaaier nog met ons wees, maar daar sal \u2019n besluit geneem moet word oor of dit suiwer tradisionele openbarediens-radio sal wees, in welke geval die befondsingsmodel moet verander. Of \u2019n kommersi\u00eble openbarediens-radio, in welke geval kultuur- en taalspesifieke inhoud grootliks in die slag gaan bly. Wat uitsaai in Suid-Afrika betref, is dit tans grootliks nog so dat kommersieel en gravitas\/gehalte nie hand aan hand gaan nie. Dis of die een of die ander, veral wat betref die huidige openbare uitsaaier. Maar dit kan anders wees, met genoeg navorsing, kundigheid, visie, identifisering en opleiding van aanbieders en innovering, en natuurlik geld. Maar ons is nog lank nie daar nie. As Afrikaanse radio verswak, agteruitgaan, tot niet gaan, sal dit net deur die toedoen van die sprekers van die taal wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Aftrede<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit was nie \u2019n aanpassing nie. Ek het geweet dit kom een of ander tyd en was gerat daarvoor. Daar is geen verwyte nie, net mooi herinneringe vir die geleentheid van \u2019n leeftyd. Ek is op \u2019n goeie voet met die SAUK, al is ek krities oor wat aangaan. Ek is in \u2019n verhuisingsproses en gaan Boland toe n\u00e1 35 jaar in Johannesburg. Ek gaan Johannesburg mis. Ek is lief vir daai stad en sy mense en sy <em>vibe<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Die KKNK-toekenning<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit beteken baie en ek aanvaar dit in nederige dankbaarheid. Dit voel asof hierdie toekenning nou vir my s\u00ea jy het jou bes gedoen, dankie daarvoor. Jy het struikelblokke oorkom en jy het \u2019n sukses gemaak van dit wat jy aangepak het. En dat jou liefde vir die kunste, taal en ander kultuurdinge altyd stewige ondersteuning en lojaliteit van jou gekry het deur jou loopbaan.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Haar wortels l\u00ea in Vredendal en sal altyd deel van haar wees, s\u00ea Magdaleen Kr\u00fcger, afgetrede hoof van RSG wat vanjaar deur die KKNK vereer word vir haar lewensbydrae tot kuns en kultuur.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241091,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-239221","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239221","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239221"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239221\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241092,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239221\/revisions\/241092"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241091"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239221"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239221"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239221"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}