{"id":239246,"date":"2023-03-31T09:46:40","date_gmt":"2023-03-31T09:46:40","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239246"},"modified":"2023-11-10T12:22:42","modified_gmt":"2023-11-10T10:22:42","slug":"borgeboodskap-absa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/borgeboodskap-absa\/","title":{"rendered":"Borgeboodskap: Absa"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">In 2023 vier die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) sy 27ste fees, terwyl Absa vir 21 jaar as \u2019n trotse borg betrokke is.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">By Absa glo ons ons het \u2019n bydrae te lewer tot die nasie se ontwikkeling. Die kombinasie van ons grootte, reikwydte en teenwoordigheid oor die land heen gee ons die geleentheid om \u2019n betekenisvolle bydrae te lewer om plaaslike en internasionale talent te koester. Dit is binne di\u00e9 raamwerk dat ons vroe\u00ebr vanjaar ons hernuwing van ons borgskap vir \u2019n verdere drie jaar aangekondig het. Ons voortgesette vennootskap met die KKNK maak dit vir ons moontlik om \u2019n betekenisvolle, volhoubare impak op die gemeenskap van Oudtshoorn en die kunstebedryf as \u2019n geheel te maak.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Een van die groot veranderinge by vanjaar se fees is dat die Absa Rooiplein op die feesterrein gele\u00eb sal wees. Feesgangers kan uitsien na \u2019n wye verskeidenheid ervaringe, wat die besonder gewilde Koffietafel-kuiers met Hannes van Wyk insluit. Diegene wat net op soek is na \u2019n plek om te ontspan, wat die besienswaardighede en klanke van die fees wil inneem, word uitgenooi om by ons aan te sluit vir die viering van kuns en kleur terwyl jy aan \u2019n verfrissende plaaslike drankie teug.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">\u2019n Uitstalling van kunswerke van jong, opkomende kunstenaars van oral in Afrika, tesame met kunswerke uit Absa se korporatiewe versameling wat selde gesien word, is by die Prince Vintcent en by die Absa-tak te sien.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Ons borgskap van die KKNK behels meer as net die kunste en kultuur. Ons glo daarin om terug te ploeg in die gemeenskap wat Absa elke jaar op so \u2019n gasvrye manier ontvang, en die duisende lojale besoekers wat elke jaar die fees ondersteun. Vanjaar sal Absa weer nou saamwerk met die Toekomsrus-gemeenskap aan \u2019n volhoubare groentetuin wat mense sal voed, letterlik sowel as visueel.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Dit is vir Absa \u2019n vreugde om feesgangers by 2023 se KKNK te verwelkom. Ons hoop om jou by die Absa Rooiplein te sien om gesamentlik die lewenskragtigheid van die kunstebedryf te vier.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em><span style=\"font-weight: 400;\">John Tshabalala<\/span><\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em><span style=\"font-weight: 400;\">Besturende uitvoerende hoof: Verhoudingsbankwese, Wes- en Oos-Kaap (Absa Groep <\/span><span style=\"font-weight: 400;\">Beperk)<\/span><\/em><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Absa vier sy 21ste jaar as borg van die KKNK<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241086,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-239246","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239246","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239246"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239246\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241087,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239246\/revisions\/241087"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241086"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239246"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239246"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239246"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}