{"id":239457,"date":"2023-04-03T07:50:23","date_gmt":"2023-04-03T07:50:23","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239457"},"modified":"2023-11-10T12:11:19","modified_gmt":"2023-11-10T10:11:19","slug":"droomkraan-kronieke-bou-n-argief-vir-die-stories-van-oudtshoorn","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/droomkraan-kronieke-bou-n-argief-vir-die-stories-van-oudtshoorn\/","title":{"rendered":"&#8216;Droomkraan kronieke&#8217; bou \u2019n argief vir die stories van Oudtshoorn"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">Droomkraan kronieke<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> is \u2019n fees vir die sintuie. Hierdie eksperimentele fisiese teaterstuk is \u2019n projek deur die Karoo Kaarte-geselskap wat deel vorm van \u2019n argief van Oudtshoorn se oudste en mooiste stories.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Die toneelstuk is \u2019n merkwaardige ondersoek na die verbintenis tussen kultuur en plek. Die teks is die resultaat van \u2019n ambisieuse navorsingstaak waartydens die geselskap meer as 100 onderhoude met inwoners van die Oudtshoorn-omgewing gevoer het. Hierdie mondelinge oorvertellings is tot toneelteks verwerk en vermeng met elemente van dans, sang, klank en kuns. Die eindproduk is fenomenaal. Daar is \u2019n teerheid omtrent die stories wat met soveel deernis en respek op die verhoog vasgevang word. Elkeen van die akteurs bring \u2019n unieke energie en teenwoordigheid tot die ervaring. Boonop is daar \u2019n ongelooflike sinergie tussen die ensemble as \u2019n geheel \u2013 nie net tussen die deelnemers op die verhoog nie, maar ook die tegniese en visuele span agter die skerms.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">\u2019n Hoogtepunt is die slim gebruik van beligting deur met lig en skaduwees te speel via truprojeksies. Hierdie tegniek is eenvoudig, maar besonders treffend. Die stel is soortgelyk minimalisties en dit is meer as genoeg \u2013 die talent en stories is so sterk dat geen tierlantyntjies nodig is om vir enigiets te kompenseer nie.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">Droomkraan kronieke<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> is \u2019n moet-sien. Carlo Daniels is briljant en al die inkommers verstom. Die fasiliteerders (teatermaker Neil Coppen en visuele kunstenaar Vaughn Sadie) het meesterlike werk verrig. Dit is veral opvallend hoe die geselskap mekaar respekteer en ruimte hou vir uiteenlopende perspektiewe en leefervaringe.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Karoo Kaarte is ook met \u2019n magdom bykomende projekte besig, onder meer kunsuitstallings, musiekoptredes, storievertelsessies, \u2019n kinderboek, \u2019n zine wat inheemse speletjies bevat en menigte ander vorme van argiefbou vir die stories van Oudtshoorn. As jy in die omtes is, gaan maak \u2019n draai by die Karoo Kaarte-projekruimte op die hoek van Baron van Reede- en Kerkstraat.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">Bespreek jou kaartjies hier: <\/span><\/i><a href=\"https:\/\/kknk.co.za\/en\/programme\/my-kroon-se-krank\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">https:\/\/kknk.co.za\/en\/programme\/my-kroon-se-krank\/<\/span><\/i><\/a><i><span style=\"font-weight: 400;\">&nbsp;<\/span><\/i><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">The Art Stories Incubator is enabled by PESP-3, BASA and the Department of Sport, Arts and Culture.<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">&nbsp;<\/span><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Droomkraan kronieke is \u2019n fees vir die sintuie. Hierdie eksperimentele fisiese teaterstuk is \u2019n projek deur die Karoo Kaarte-geselskap wat deel vorm van \u2019n argief van Oudtshoorn se oudste en mooiste stories. <\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241066,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-239457","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239457","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239457"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239457\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241067,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239457\/revisions\/241067"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241066"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239457"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239457"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239457"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}