{"id":239463,"date":"2023-04-03T08:01:26","date_gmt":"2023-04-03T08:01:26","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239463"},"modified":"2023-11-10T12:09:57","modified_gmt":"2023-11-10T10:09:57","slug":"my-kroon-se-krank-is-n-wordingsreis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/my-kroon-se-krank-is-n-wordingsreis\/","title":{"rendered":"&#8216;My kroon se krank&#8217; is \u2019n wordingsreis"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Die vertelling van drie vroue-karakters Aunt Pat, Debbie en Roxanne se stories in <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">My kroon se krank<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">, en meer spesifiek hulle verhouding met hulle hare, is meesterlik behartig deur skrywers Veronique Jephtas en Lynthia Julius, met regie deur Tinarie van Wyk Loots. Deur die uitbeelding van hierdie drie karakters kry die kyker \u2019n blik op die kompleksiteit van die verhoudinge tussen verskillende generasies van vroue en elkeen se onderskeidelike wyse van omgaan met hulle herkoms.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Jephtas vertolk die rol van al drie vroue, en deur \u2019n soomlose afwisseling van taal\/dialek, liggaamstaal en kostuum gee Jephtas die geleentheid aan die gehoor om elke karakter en hulle persoonlike struwelinge te leer ken. \u2019n Reeks van temas word aangeraak, onder meer die vraag oor \u2019n plek van behoort, woke-wees, geloof en bygelowe, die Suid-Afrikaanse politiek, rasse-verhoudinge en die verlede.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Die invalshoek van die produksie \u2013 die feit dat natural hare n\u00e1 die aankondiging van Zozibini Tunzi as die 2019-Mej Heelal die nuwe in-ding is \u2013 is effektief en laat die kyker twee keer dink oor kwessies soos problematiese skoonheidstandaarde, rassisme, identiteit en waarom ons dit so dikwels nodig ag om onsself te verander om in te pas. Is dit die moeite werd om \u201cgehoorsaam\u201d te wees as dit ten koste van jouself is?&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Een van die hoogtepunte van hierdie produksie is beslis die spoken word-aard van die karakter Debbie se monolo\u00eb. Gesamentlik met di\u00e9 po\u00ebtiese aanbieding is die stel ook in die besonder doelmatig ontwerp. Debbie maak telkens haar verskyning voor in die middel van die verhoog waar daar ook, wat lyk soos, hare op die vloer versprei is. Hierdie rekwisiet word vernuftig ingespan as visuele medium om Debbie se vertelling te staaf en daarvan \u2019n visserale ervaring te maak. Daarsonder sou die produksie my insiens nie dieselfde trefkrag gehad het nie.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hierdie produksie is \u2019n wordingsreis van drie karakters. Dit is \u2019n herinnering om raakpunte te vier en verskille te respekteer.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">Bespreek jou kaartjies hier: <\/span><\/i><a href=\"https:\/\/kknk.co.za\/en\/programme\/my-kroon-se-krank\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">https:\/\/kknk.co.za\/en\/programme\/my-kroon-se-krank\/<\/span><\/i><\/a><i><span style=\"font-weight: 400;\">&nbsp;<\/span><\/i><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">The Art Stories Incubator is enabled by PESP-3, BASA and the Department of Sport, Arts and Culture.<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">&nbsp;<\/span><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In hierdie stuk word \u2019n reeks temas aangeraak en laat die kyker twee keer dink oor kwessies soos problematiese skoonheidstandaarde, rassisme, identiteit en waarom ons dit so dikwels nodig ag om onsself te verander om in te pas. Is dit die moeite werd om \u201cgehoorsaam\u201d te wees as dit ten koste van jouself is?\u00a0<\/p>","protected":false},"author":7,"featured_media":241062,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-239463","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239463","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239463"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239463\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241063,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239463\/revisions\/241063"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241062"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239463"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239463"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239463"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}