{"id":239512,"date":"2023-04-04T07:41:36","date_gmt":"2023-04-04T07:41:36","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239512"},"modified":"2023-11-09T19:14:58","modified_gmt":"2023-11-09T17:14:58","slug":"you-feel-seen-but-also-exposed-mandri-sutherland-se-vrou-ens","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/you-feel-seen-but-also-exposed-mandri-sutherland-se-vrou-ens\/","title":{"rendered":"You feel seen, but also exposed: Mandri Sutherland se &#8216;Vrou ens.&#8217;"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Haai Sussa, verwag drama!&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Mandri Sutherland is baie veelsydig, soveel so dat jy nie mooi weet wanneer sy in karakter is en wanneer nie. Met die aankom by haar eenvroustuk <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Vrou ens.<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> is \u2019n mens nie seker of die aktrise werklik besig is om \u2019n moerige diva te wees of nie (\u201cDie gaste is laat! Ek is moeg! Ek gaan hierdie maar probeer doen sodat ons vroeg klaarmaak.\u201d) Die gaste was effens ontsenu, maar definitief vasgevang in die interaktiewe ruimte wat sy skep.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Mandri het opgang gemaak met haar huiskonserte en het al meer as 40 keer in die leefruimtes van mense oor Suid-Afrika heen opgetree. By die KKNK speel haar produksie af onder \u2019n boom agter die Thorny Creek Brewery, \u2019n restaurant wat maar al vir ses weke oop is. Hierdie nuwe eet- en kuierplek is \u2019n goeie spot om af te saal, veral vir Mandri se show met \u2019n bier in die hand.&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Di\u00e9 skrywer en akteur verstaan die psige van die Afrikaner van binne en buite en speel op \u2019n baie slim wyse daarmee. In <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Vrou ens.<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> kombineer sy storievertelling en uitspattige karaktervertolking van stereotipiese vrouens wat die akteur irriteer en inspireer. \u201cSy belig en gooi liefde, humor en vet op die Afrikanervrou se besware en waarhede,\u201d lui die stuk se beskrywing. Sy skakel moeiteloos tussen karakters met die hulp van verskillende uitrustings en slim gebruik van haar omgewing. My gustelingkarakter is die meisie van Kommetjie wat Afrikaans versaak het vir haar wit Porsche Cayenne en \u2019n dieet van psilocybin.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Almal is inspirasie vir haar content, of content vir haar inspirasie. Jy sal dele van jouself in die produksie raaksien. You feel seen, but also exposed. Sommige gehoorlede het ongemaklik rondgeskuif soos sy tipiese taboeonderwerpe vlymskerp onder die mat uitpluk en rondswaai. Sy lees ook haar kykers en betrek die gehoor \u2013 niemand ontsnap ongesiens nie.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">As jy lus is vir \u2019n ontspanne, komiese maar ook \u2019n insigryke produksie wat met liefde die spot dryf met die Afrikanerkultuur (in Oudtshoorn nogals), moet jy beslis hierdie stuk gaan kyk. Jy ken haar dalk van Instagram af, maar sy moet live beleef word. Mandri is iets besonders en heilsaam daarby.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em><span style=\"font-weight: 400;\">Meer inligting en kaartjies: <\/span><a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/program\/vrou-ens\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">https:\/\/kknk.co.za\/program\/vrou-ens\/<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\">&nbsp;<\/span><\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">The Art Stories Incubator is enabled by PESP-3, BASA and the Department of Sport, Arts and Culture.<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">&nbsp;<\/span><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Di\u00e9 skrywer en akteur verstaan die psige van die Afrikaner van binne en buite en speel op \u2019n baie slim wyse daarmee. As jy lus is vir \u2019n ontspanne, komiese maar ook \u2019n insigryke produksie wat met liefde die spot dryf met die Afrikanerkultuur (in Oudtshoorn nogals), moet jy beslis hierdie stuk gaan kyk.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":240966,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-239512","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239512","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239512"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239512\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":240967,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239512\/revisions\/240967"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/240966"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239512"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239512"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239512"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}