{"id":239590,"date":"2023-04-07T07:08:20","date_gmt":"2023-04-07T07:08:20","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239590"},"modified":"2023-11-09T19:09:05","modified_gmt":"2023-11-09T17:09:05","slug":"bul-mis-die-spitsvondigheid-van-die-donker-komedie-genre","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/bul-mis-die-spitsvondigheid-van-die-donker-komedie-genre\/","title":{"rendered":"\u2018Bul\u2019 mis die spitsvondigheid van die donker komedie-genre"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Al ooit aan \u2019n kantoorruimte gedink as \u2019n oerwoud? Indien hierdie idee jou aangryp, sal jy Nico Scheepers&nbsp;se verwerking van <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Bul<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">, oorspronklike teks deur Mike Bartlett,<\/span> <span style=\"font-weight: 400;\">geniet.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Terwyl die handelinge in <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Bul<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> by tye oorgedramatiseerd voorkom, moet die waarde van wat uitgebeeld word, nie onderskat word nie. Boeliegedrag en snedigheid is skynbaar, uit die perspektief van hierdie toneelstuk, amper instinktief vir mense. In <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Bul<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> word survival of the fittest \u2019n stappie verder geneem, aangesien die \u201cswakkeling\u201d (Wynand Kotze as Thomas) ge\u00efdentifiseer word deur sy kollegas (Ren\u00e9 Cloete as Isabelle en Wian Taljaard as Tony) en hulle \u2019n aktiewe, voorbedagte rol speel daarin om hom af te knou en af te breek totdat hy geen ander keuse het as om te knak nie. Om nie eens te praat van hulle baas (Peggy Tunyiswa as Matangwa) wat, anders as wat \u2019n mens sou hoop, hierdie wangedrag beaam nie.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hierdie stuk bied \u2019n interessante blik op die dierlike aard van die mens. Meermale word die karakters gelykgestel aan lede van die (groot-) katfamilie. Lees: opportunisties, geslepe en gewetenloos. \u2019n Metafoor wat w\u00e9rk teen die agtergrond van hierdie Hobbesiaanse stuk.&nbsp;&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Temas soos seksuele teistering, die alewige najaag van sukses, paranoia rakende (potensi\u00eble) werksverlies en toksiese professionele verhoudinge word verken. <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Bul<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> laat \u2019n mens wonder tot watter mate die algemene kantoorwerknemer bloot hulle werk onderhou omdat hulle die onbekende vrees, of omdat hulle dink daar is nie iets beters vir hulle beskore nie.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Die dialoog voel soms vervreemdend omdat dit deurgaans deurtrek is met vyandigheid en ongemaklike, bitsige opmerkings, en ek mis die spitsvondigheid waaraan die donker komedie-genre gekenmerk word. Nietemin verdien Kotze, Cloete, Taljaard en Tunyiswa \u2019n pluimpie vir hulle oortuigende spel.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">Lees hier vir meer inligting: <\/span><\/i><a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/program\/bul\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">https:\/\/kknk.co.za\/program\/bul\/<\/span><\/i><\/a><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">The Art Stories Incubator is enabled by PESP-3, BASA and the Department of Sport, Arts and Culture.<\/span><\/i><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl die handelinge in Bul by tye oorgedramatiseerd voorkom, moet die waarde van wat uitgebeeld word, nie onderskat word nie.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":240954,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-239590","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239590","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239590"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239590\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":240955,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239590\/revisions\/240955"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/240954"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239590"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239590"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239590"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}