{"id":239592,"date":"2023-04-07T07:12:27","date_gmt":"2023-04-07T07:12:27","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239592"},"modified":"2023-11-09T19:08:07","modified_gmt":"2023-11-09T17:08:07","slug":"mirre-en-aalwyn-laat-die-gehoor-aandadig-voel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/mirre-en-aalwyn-laat-die-gehoor-aandadig-voel\/","title":{"rendered":"\u2018Mirre en aalwyn\u2019 laat die gehoor aandadig voel"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Dit is al byna \u2019n volle dag vandat ek <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Mirre en aalwyn<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> gesien het, en ek is steeds nie seker hoe om my ervaring daarvan te verwoord nie. Dit is sonder twyfel anders as enige teaterstuk wat ek nog gesien het. Die plekspesifieke optrede is treffend deur die gehoor ongemaklik-intiem by die gebeure op die \u201cverhoog\u201d te betrek. Jy voel aandadig aan wat voor jou afspeel \u2013 die plek-plek dro\u00eb grasperk, die verstikkende spreiers wat jou liggies natspuit, die ou plaashuis met sy lang gang en krakende houtvloere en die stof wat aan jou skoene vasklou, laat jou onheilspellend d\u00e9\u00e9l voel van die stel. Tog voel jy hulpeloos as passiewe toeskouer wat toekyk hoe die karakters diep in hulle eie en mekaar se opgekropte traumas indelf.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Die simboliek en visuele aanbieding van die stuk is boeiend, hoewel die dialoog swaar en soms ondeurdringbaar is. Die tematiek is belaaid \u2013 verkragting, aborsie, geestesgesondheid, huishoudelike geweld, disfunksionele familiedinamikas, die vals narratiewe van sosiale media en die afhanklikheid van validering. Omdat die teks so dig verpak is en boonop deur dramatiese oomblikke van skok en opwinding aangevul word (brandende bosse, vuurwerke en die luide afwesigheid van die perd waarvoor almal afwagtend was), gaan die trefkrag van baie van bogenoemde storielynpunte egter verlore.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Die slottoneel het my effe ontevrede gelaat. N\u00e1 meer as \u2019n uur het die karakters steeds soos vreemdelinge gevoel. Maar hierdie gevoel van ongemak en onafgerondheid is dalk juis waarmee die stuk jou m\u00f3\u00e9t laat.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Amalia Uys en Daneel van der Walt se spel is besonders kragtig. Uys speel \u2019n veeleisende rol en sy kwyt haar uitstekend van haar taak. <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Mirre en aalwyn <\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">is \u2019n ambisieuse projek wat getuig van Nicola Hanekom se visie en vaardigheid wat in \u2019n kategorie van hulle eie is.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><i>Lees hier vir meer inligting:&nbsp;<\/i><a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/program\/bul\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><i>https:\/\/kknk.co.za\/program\/mirre-en-aalwyn\/<\/i><\/a><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><i>The Art Stories Incubator is enabled by PESP-3, BASA and the Department of Sport, Arts and Culture.<\/i><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mirre en aalwyn is \u2019n ambisieuse projek wat getuig van Nicola Hanekom se visie en vaardigheid wat in \u2019n kategorie van hulle eie is.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":240952,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-239592","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239592","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239592"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239592\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":240953,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239592\/revisions\/240953"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/240952"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239592"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239592"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239592"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}