{"id":239596,"date":"2023-04-07T07:18:21","date_gmt":"2023-04-07T07:18:21","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239596"},"modified":"2023-11-09T19:07:17","modified_gmt":"2023-11-09T17:07:17","slug":"kknk-se-visuele-kunsprogram-is-veelsydig-en-van-hoe-gehalte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/kknk-se-visuele-kunsprogram-is-veelsydig-en-van-hoe-gehalte\/","title":{"rendered":"KKNK se visuele kunsprogram is veelsydig en van ho\u00eb gehalte"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Die beste manier om die visuele kuns-aanbod by KKNK te verken, is om by een van die rondleidings aan te sluit wat tot 9 April om 11:00\u201312:30 aangebied word. Sodoende sien jy die meeste van die kuns en word in die rigting van verdere installasies gewys. Dit is gratis om al die uitstallings te sien.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Die feeskurator Dineke van der Walt, wat ook Aardklop se visuele kunsprogram behartig, het \u2019n goeie werk gedoen om \u2019n diverse aanbod by hierdie jaar se KKNK aan te bied. Sy het met ander kurators saamgewerk wat aan die afsonderlike vertonings gewerk het.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Vir die eerste en moontlik die laaste keer word Suid-Afrika se aanbod wat by die Venesiese Bi\u00ebnnale 2022 gewys het, op eie bodem vertoon. Die kurator van hierdie uitstalling is Am\u00e9 Bell, ook van Johannesburg soos Van der Walt. Lebohang Kganye se werk word nie meer so dikwels in Suid-Afrika gewys nie, en dit is goed om haar werk langsaan Phumulani Ntuli te sien. Ntuli se videowerk is veral besonders, en betrek landskapskilders wie se werk gebruik is om die vergrype van kolonialisme en apartheidkultureel te rugsteun. Al is ek nie \u2019n groot aanhanger van Roger Ballen se werk nie \u2013 ek dink hy misbruik ander se ellende om sy eie beroep te bevorder \u2013 is sy ligbokse as deel van die Bi\u00ebnnale-uitstalling geslaagd en visueel-treffend.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Liza Grobler, vanjaar se feeskunstenaar, se werk is speelvol, kleurvol en aangenaam. Sy bly die afgelope twee jaar in Oudtshoorn en gaan op \u2019n diepere wyse om met Oudtshoorn en di\u00e9 se inwoners.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Kurator Donavan Mynhardt se eklektiese samestelling van kleipotte sal diegene wat hou van die kunsproses fassineer, veral met Mynhardt se diepgaande kennis van die verskillende tegniese maniere wat verskeie pottebakkers van gebruik maak. Hy ken sy storie!<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Johan Stegmann se werk in sy solo-uitstalling, maar ook as mede-kurator van <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Is ons nog \u2019n ding <\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">saam met die intellektueel-nuuskierige Lawrence Lemaoana (Mary Sibande se partner), is gepas vir \u2019n Afrikaanse fees waar kwessies van identiteit, diversiteit en inklusiwiteit keer op keer opgehaal word. Stegmann se kunsboer-persona, ondersteun deur sy deurdagte kunswerke wat die Afrikanerpsige dissekteer, is van ho\u00eb gehalte en sal selfs nie-kunskenners fassineer.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Die veelsydige Karoo Kaarte-projek se visuele kuns-aanbieding, <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Qokolela<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> (Xhosa vir \u201cversamel\u201d of \u201csaamstel\u201d), speel \u2019n baie waardevolle rol om visuele kunspraktyk in die streek te ontwikkel en te koester.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Kurator MC Roodt se postuum-retrospektief van Dumisani Mabaso se werke in die William Humphreys-kunsgalery en die Universiteit van Johannesburg-galery is insiggewend van \u2019n belangrike figuur in die Suid-Afrikaanse proteskunsgeskiedenis.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Daar is heelwat ander galery- en kunsaanbiedings om te gaan verken. Bederf jouself, dit is van ho\u00eb gehalte!<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em><span style=\"font-weight: 400;\">Kry meer inligting op die feesprogram: <\/span><a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/feesprogram\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">https:\/\/kknk.co.za\/feesprogram\/<\/span><\/a><\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><i>The Art Stories Incubator is enabled by PESP-3, BASA and the Department of Sport, Arts and Culture.<\/i><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is \u2019n wye verskeidenheid kunsuitstallings om by hierdie jaar se fees te geniet, en hulle almal is van topgehalte.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":240950,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-239596","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239596","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239596"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239596\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":240951,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239596\/revisions\/240951"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/240950"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239596"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239596"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239596"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}